Nege van ons atlete het Vrydag, 28 Oktober, deelgeneem aan die Bredasdorp Top 10 byeenkoms nl. Albert Griesel, Sophia Liebenberg, Helene Greeff, Jean Petrie, Liza Hitge, Sebastian Senekal, Delmar Benecke en Sofia Newton. Daar was ongeveer 60 spanne van 34 verskillende skole wat deelgeneem het. Dit beteken dat daar meer as 500 atlete by die byeenkoms was.

Ons atlete het baie goed presteer. Die volgende atlete het onder die top 8 posisies geeïndig vir hul onderskeie items:

Albert Griesel: 800m en 1500m
Sophia Liebenberg: Verspring en spiesgooi
Helene Greeff: 400m
Jean Petrie: 400m
Liza Hitge: Hoogspring
Delmar Benecke: 1200m

Die byeenkoms word in twee afdelings verdeel, skole groter as 600, en skole kleiner as 600. Tydens die byeenkoms neem skole van albei groepe teen mekaar deel. Skole se posisies aan die einde van die byeenkoms word bepaal deur die punte wat aan atlete volgens die ASA-puntestelsel toegeken word. Punte word slegs toegeken aan die top 8 posisies per item. Ons span het algeheel 22ste uit 53 spanne geëindig en 8ste van 21 skole kleiner as 600.