James Marais (Gr. 4) het Sondag, 6 November 2022, aan die Western Cape Downhill Champs bergfietskompetisie te Hellsend Dirt Compound (Vuurberg) buite Stellenbosch deelgeneem. Hy het ‘n derde plek in die Nipper Boys kategorie behaal. Die resies het bestaan uit oefen rondtes Saterdag, ‘n kort oefensessie Sondagoggend, een afrit om die begin volgorde van die resies te bepaal en die afdraende resies later die Sondag. Baie geluk met jou medalje, James!