Uitstaande Sportklere

Alle atletiek-, krieket-, rugby- en netbalklere wat by die sportkantoor geleen is, moet asseblief skoon aan die sportkantoor terugbesorg word. Ons wil graag voorraadopname afhandel.

Prysuitdeling: Doen aansoek vir toekennings

Gr. 4 - 7-leerders het die geleentheid om aansoek toe doen vir 'n sport-, kultuur-, of algemene veelsydigheidsprys (gr. 6 en 7) by die prysuitdeling. Belangstellende leerders het vandag 'n vorm ontvang wat voor of op Vrydag, 25 November, by juf. Razelle Hanekom (sport@jvrprim.co.za) ingehandig moet word. Alle bewyse van provinsiale kleure of enige ander prestasies moet die vorm vergesel. Kliek HIER vir die...

Chrystal wen goud op die ys!

Op Saterdag, 12 November, het die eerste Interklub Ysskaats Kompetisie by Grand West sedert die begin van Covid plaasgevind. Een van ons leerders, Chrystal Conradie (graad 6), wat al vanaf 3 jarige ouderdom by die Junior Blades ysskaats, het deelgeneem. Sy het 'n goue medalje in die graad 6-afdeling teen die Black Panters verower. Baie geluk, Chrystal. Ons is baie trots op...

Personeelskuiwe vir 2023

Neem kennis van die volgende skuiwe en veranderinge soos in verlede week se nuusbrief onder Uit die Hoof se Kantoor genoem: Graag wens ons die volgende Gr.1-juffrouens sterkte toe wat so mooi na die graad 1's gaan kyk en hulle help om hul volle potensiaal te bereik: Liezel Theron Nicola Swanepoel Helene Slabbert Ons het ook aanpassings aan die res van die grondslagfase aangebring en deel dus graag met almal: Graad 2: Rache Turner, Anja Nauta (graadhoof) en Naomi Uys Graad 3: Maricqe Coetzer, Heidré Ehlers en Michelle Compion Ons is hartseer om te noem dat Benita Smit (Grondslagfase Departementshoof) aansoek om ‘n bevorderingspos gedoen het. Ons het nog niks formeel ontvang om te bevestig dat sy wel die pos by Laerskool De Hoop as Grondslagfase Adjunkhoof ontvang het nie. Ons hou egter duimvas dat sy hierdie pos wel sal ontvang, want ons weet dat sy suksesvol in hierdie posisie sal wees. Ons hou almal op hoogte sodra ons formele nuus in die verband ontvang. Op hierdie noot is ons ook spyt dat Bibi Janse van Rensburg (gr. 5), Nadia Meiring-Stahmer (gr. 4) en Razelle Hanekom (sportorganiseerder) ons aan die einde van die jaar sal verlaat. Beide Bibi en Nadia se mans het bevordering by hul onderskeie werke gekry. Ons is baie dankbaar vir hul puik werk wat hulle by die skool gedoen het en ons wens hulle baie sterkte toe met hul pad vorentoe. Razelle het 'n pos by die Hoërskool aanvaar. Sy gaan 'n groot leemte laat, maar ons is opgewonde saam met haar vir hierdie nuwe fase. Sy was vir lank deel van die Laerskool se...

Skoolgelde 2023

Hiermee weer die boodskap soos in verlede week se nuubrief onder Uit die Hoof se Kantoor genoem: Die jaarlikse begrotingsvergadering, waartydens die daaropvolgende jaar se skoolfondsverhoging bespreek en besluit word, is op Maandagaand, 07 November 2022, om 18:00 in die biblioteek gehou. Die skoolfondsverhoging is eenparig soos volg goedgekeur: Huppelland = 6% verhoging Laerskool = 12% (sien onder) Graag wil ek al die ouers wat die belangrike vergadering bygewoon het, bedank. Baie dankie aan ons BR-Voorsitter (Merwe Scholtz), ons Tesourier (Susan van der Walt), ons finansiële bestuurder (Liesel Hammond) en al ons begrotingsbestuurders vir jul waardevolle insette en tyd om die effektiewe begroting saam te stel. Daar is ook tydens die vergadering uitgewys dat daar vanjaar meer as R4M aan projekte by die skool en Huppelland spandeer is wat nie uit die skool se begroting kom nie, maar wel uit ruim donasies van ouers. Ons salueer al ons ouers wat die agfelope jaar ‘n finansiële bydrae gemaak het of kosbare tyd by die skool spandeer het om ons skool van krag-tot-krag te...

Barbara Schreuder Dansskool

Geluk aan die dansers van Barbara Schreuder Dansskool JvR wat op 13 Nov. aan die American Academy of Ballet deelgeneem het. Laurence Kaplan, Direkteur van AAB NY, was vanjaar ons beoordelaar. Dit was 'n pragtige funksie en die dansers het baie goed gevaar en hul beste gelewer. Ons deel met trots hul sertifikate tydens die saalbyeenkoms uit en ook by ons Dans End of Year op 10 Des 2022. Gradering: "Distinction "= Onderskeiding Bronze Distinction Bronze Double Distinction (X2) Silver Silver Distinction Silver Double Distinction (X2) Gold Gold Distinction Geluk aan: Gr.1 Pre-Level Christa-Bella Swart Silver, Annabelle Enslin Silver Dist, Christina du Toit: Silver Gr.1 Level 1 Isla Jooste: Silver Dist x2 Gr.2 Level 2 Noah Karusseit, Heidi van Heerden, Natalie Lawson: Silver Dist x2 Gr.3 Level 3 Jana v Gijsen: Gold Solange Stevens: Gold Dist Gr.4 Level 3 Danielle Fourie: Silver Dist Sadie Gillmer: Silver Dist x2 Gabriella Buckenham, Ella Grey: Gold Gr.5 Level 5 Daniella Boshoff, Michaan Naylor, Larah Opperman: Gold Jessica Schincariol: Gold Disct Gr.6 Level 5 Karlien vd Walt, Kerala Allewell: Gold Dist Gr.7 Level 6 Emma Liebenberg, Jana Basson: Silver...

o.8 Krieketwedstyryde: 15 November 2022

Ons o.8 A en B spanne speel Dinsdag, 15 November, hul laaste wedstryde vir die jaar. Sien die onderstaande inligting en voltooi asseblief die google form. Dinsdag, 15 November 2022, WEG: SPANNE: JvR o.8B vs CBPS o.8A JvR o.8A vs CBPS o.9A PLEK: Symmondsveld, Kampsbaai VERTREKTYD: 14:15 WEDSTRYDE BEGIN: ±14:45 TERUG BY SKOOL: ±16:00 GOOGLE...

o.9 Krieketwedstryde: 15 November

Ons o.9 A en B spanne speel Dinsdag, 15 November, hul laaste wedstryde vir die jaar. Sien die onderstaande inligting en voltooi asseblief die google form. Dinsdag, 15 November 2022, WEG: SPANNE: o.9 A o.9 B PLEK: Laerskool Kronendal, Houtbaai VERTREKTYD: 13:45 WEDSTRYDE BEGIN: ±14:30 TERUG BY SKOOL: ±16:00 GOOGLE...

o.11 Krieketwedstryde: 16 November 2022

Ons speel Woensdag, 16 November, ons laaste wedstryde vir die jaar. Sien die onderstaande inligting en volg die skakel om die google form te voltooi. o.11 A vs. Rondebosch Oos, TUIS (Juf Ischké Felix) PLEK: Conradieveld VERTREKTYD: 14:15 WEDSTRYDE BEGIN: ±15:00 TERUG BY SKOOL: ±17:30 o.11 B vs. Kampsbaai, WEG (Juf. Sharon Mabena) PLEK: Symmondsfield, Camps Bay VERTREKTYD: 14:15 WEDSTRYDE BEGIN: ±15:00 TERUG BY SKOOL: ±17:30 GOOGLE...

Opgradering van die inwonende terreinpersoneel se ablusiegeriewe

Beste Ouers/Voogde, Laerskool Jan van Riebeeck het die afgelope jaar met behulp van ouerdonasies en ruim skenkings heelwat infrastruktuurverbeteringe en opgraderingsprojekte afgehandel. Hiervoor is ons baie dankbaar. Ons wil graag ook die ablusiegeriewe van die inwonende terreinpersoneel opgradeer. Ongelukkig beskik die skool nie oor die nodige fondse om dit onmiddellik te doen nie en neem ons die vrymoedigheid om vir julle vriendelik te versoek vir 'n moontlike bydrae om die geriewe vir die inwonende terreinpersoneel op te knap. Hierdie is 'n vrywillige bydrae en ons sal volgende week 'n Karri-toep bydrae skep en aanstuur. Baie dankie vir jul goedgunstige oorweging. Vriendelike groete NAAS...

Tennisuitslae: 9 November 2022

Ons het Woensdag, 9 November, met vyf spanne teen verskillende skole wedstryde gespeel. Die uitslae was soos volg: Noord-liga, o.13-dogters A vs. Kenridge verloor 1-5 [Stella Lamprecht, Klara Maree, Katia van Wyk en Stella Zulch] Noord-liga, o.13-seuns A Kenridge verloor 1-5 [Adriaan Wessels, Johan Symington, Gustav Pansegrouw en Nils le Roux] Noord-liga, Gemengdespan vs. Aristea wen 5-1 [Jan-Willem Silvis, Amelie van der Walt, Anna Viljoen en Francois Boshoff] Table View-liga, Gemengde span 1 vs. CBC Seuns wen 4-2 [Rafa Lamprecht, Daniel Welgemoed, Anna Louw en Elisabet Marais] Table View-liga, Gemengde span 2 vs. Van Riebeeckstrand seuns verloor 2-4 [André Marais, Pierre-Jaque Smit, Liza Hertzog en Emke van...

o.11 en o.12-Netbaloefengroep besoek Elandsrus

Ons o.12 en o.13-netbaloefengroep het die naweek van 4-6 November 2022 by Patrys van der Merwe se plaas, Elandsrus, buite Drie Susters gaan kuier. Gedurende die naweek het hulle hul netbalvaardighede en kennis opgeskerp. Hier volg van hulle terugvoer oor die naweek: Wat 'n voorreg! Die opwinding het begin toe ons vroeg Vrydagoggend die skool verlaat het. Almal was so opgewonde oor die toer. Ons almal was reg, met ons nekkussings wat om ons nekke hang en al ons groot, swaar sakke. Toe ons by die plaas kom, het ons al ons sakke in die gastehuis neergesit. Die eerste baansessie het begin. Ons het heerlike kos daardie aand geëet! Daai aand kon ons nie regtig so laat wakker bly nie, want die volgende dag sou 'n baie lang dag vir ons wees. Saterdag het ons die dag met 'n baansessie afgeskop. Raai wie was ons afrigter... 'n oud-Protea Netbalspeler, Tannie Patrys. Ons het drie baansessies gehad, maar tussendeur het ons die lekkerste aktiwiteite gedoen. Ons het in 'n plaasdam geswem, in die spanne opvoerings gedoen en teiken gaan skiet. Almal het gesê ons gaan veldfokus gaan doen en dat daar mooi blomme gaan wees. Saterdagaand het ons ons konserte opgevoer en ander lekker speletjies gespeel. Daardie aand het ons lekker laat gaan slaap, want op Sondag het ons net een baansessie gehad. Sondag was dit die prysuitdeling. Daarna het ons die plaas verlaat en baie mense het vir Tannie Patrys gevra om hulle keppies en tekkies te teken. Baie interessante, snaakse goed het op pad terug gebeur, maar ek los dit vir iemand anders om te vertel! Ons sê...

Skooltye vanaf volgende week Donderdag

Die skool verdaag vanaf net voor die eksamen tot die einde van die kwartaal vir die hele skool vroeër. Donderdag, 17 November - Dinsdag, 13 Desember 13:00 (Graad 1 - 3) 13:15 (Graad 4 - 7) *Bus vertrek op hierdie dae om 13:20 Woensdag, 14 Desember 10:30 (Graad 1 - 3) 10:45 (Graad 4 - 7) *Bus vertrek om...

Lara Basson presteer met Lions Peace Poster

Die liefdadigheidsorganisasie, LIONS, bied jaarliks ‘n internasionale PEACE POSTER kompetisie vir kinders tussen 11 en 13 jaar aan. Elke jaar is daar ‘n ander tema wat kinders moet interpreteer en uitbeeld in ‘n sekere formaat en medium van hul keuse. Hierdie jaar se tema was besonder uitdagend: LEAD WITH COMPASSION. Aangesien die kompetisie wêreldwyd is, is die topinskrywings van ‘n baie hoë standaard. Vyf van ons leerders se werk is deur die Seepunt Lions Klub gekies, wat op hul beurt moes kies watter een van die werke deurgaan na ‘n volgende rondte. Die leerders is Lara Basson, Anna Dawes, Neil Heyns, Mïlla Joubert en Lara Warren. Baie geluk met jul pragtige kunswerke! Lara Basson het uitstekend gevaar met haar ‘Moeder Theresa en kind’ houtskooltekening. Haar werk is geprys deur gerespekteerde beoordelaars vir haar tegniese vernuf. Sy behaal ‘n 3de plek in die Wes-Kaap, met inskrywings van ongeveer 23 verskillende klubs! Dit is ‘n besondere prestasie en ons is ongelooflik trots op...

Geagte Ouers / Voogde

Laerskool Jan van Riebceeck sluit week 4 van die laaste kwartaal af met die aanbieding van ‘n suksesvolle gholfdag op Vrydag, 04 November 2022, by die Royal Cape Gholfklub. Die merkwaardige gholfklub is die oudste gholfklub in Afrika met ryk tradisie en geskiedenis waarmee ons skool so maklik kan assosieer. Hierdie spesiale gholfdag dien nie as ‘n fondsinsamelingsprojek nie, maar eerder ‘n dag van samesyn vir ons ouers/voogde wat lief is daarvoor om gholf te speel. Die gholfdag lei tot nuwe vriendskappe, kameradie en bou nuwe netwerke asook om op nog ‘n manier die skool se sukses oor die afgelope jaar te vier. Gholf is egter ‘n sportsoort wat enige sportman baie nederig hou, soos wat deur baie van ons wat aan die dag deelgeneem het, ongelukkkig ervaar het. Ek het die wonderlike voorreg gehad om deel van Andries Viljoen se AVCONENG-span (André Symington en Jan-Jurie Fourie) te wees. Ons het ons gate uit geniet en lekker gelag, want daar is min sportsoorte wat ‘n mens kan uitdaag soos gholf en jou ego super broos laat. Die sogenaamde gholfgode was beslis nie aan ons span se kant nie, maar nie eers hulle kon ons geesdrif demp nie. Baie geluk aan Oloff Sieberhagen en sy span (Louis Boshoff, Adriaan Theron en Jake Rennie) wat die dag puik gespeel het en met ‘n allemintige 93 punte (4bal-samespel met beste 2 punte per putjie) die gholfdag gewen het. Laat my asseblief toe om die organiseerder van die gholfdag, Alet Loubser, hartlik te bedank vir al haar puik reëlings om die 48 spelers op die dag te akkommodeer en spesiaal te laat voel....

Belangrike Datums

julie 2026

31jul00:0023:59Quiz-aand: Bring & Raai

31jul00:0023:59TOETS: Afrikaans (Gr.5&7)

31jul00:0023:59o.9 Hokkietoernooi

31jul00:0023:59TOETS: Engels (Gr.4&6)

31jul00:0023:59Sivvies

Wys Meer

augustus 2026

31jul00:0023:59Quiz-aand: Bring & Raai

31jul00:0023:59TOETS: Afrikaans (Gr.5&7)

31jul00:0023:59o.9 Hokkietoernooi

31jul00:0023:59TOETS: Engels (Gr.4&6)

31jul00:0023:59Sivvies

01aug00:0023:59Netbal & Rugbytoernooi (o.7-o.9)

02aug(aug 2)16:0004(aug 4)17:00EXCO-Strat

03aug(aug 3)00:0008(aug 8)23:59Hs JvR JanArte Kunstefees

03aug18:0018:00Hs JvR - Tafelbergkoorfees

04aug00:0023:59Rugby: o.9 & o.13 Bishops (WEG)

04aug18:0018:00Reddam Sings - Junior Koor (Constantia)

september 2026

31aug00:0023:59GEEN SPORT

01sep00:0023:59GEEN SPORT

02sep19:0020:00Laerskool JvR Kore en Tjeggiese Kinderkoor (Ls JvR)

03sep00:0023:59Jannies vir Jesus

03sep00:0023:59Wintersporttoer o.13B

04sep00:0023:59TOETS: EBW (Gr.7)

05sep09:0013:00SING. MOVE. PLAY. CONNECT

07sep00:0023:59Somersport Begin

08sep00:0023:59Dolinda (Nasorg) Verjaar

08sep08:0008:00Kaapse Afrikaanse Eisteddfod - Junior Koor