Op Saterdag, 12 November, het die eerste Interklub Ysskaats Kompetisie by Grand West sedert die begin van Covid plaasgevind. Een van ons leerders, Chrystal Conradie (graad 6), wat al vanaf 3 jarige ouderdom by die Junior Blades ysskaats, het deelgeneem. Sy het ‘n goue medalje in die graad 6-afdeling teen die Black Panters verower. Baie geluk, Chrystal. Ons is baie trots op jou!