Beste Ouers/Voogde,

Laerskool Jan van Riebeeck het die afgelope jaar met behulp van ouerdonasies en ruim skenkings heelwat infrastruktuurverbeteringe en opgraderingsprojekte afgehandel. Hiervoor is ons baie dankbaar.

Ons wil graag ook die ablusiegeriewe van die inwonende terreinpersoneel opgradeer. Ongelukkig beskik die skool nie oor die nodige fondse om dit onmiddellik te doen nie en neem ons die vrymoedigheid om vir julle vriendelik te versoek vir ‘n moontlike bydrae om die geriewe vir die inwonende terreinpersoneel op te knap.

Hierdie is ‘n vrywillige bydrae en ons sal volgende week ‘n Karri-toep bydrae skep en aanstuur.

Baie dankie vir jul goedgunstige oorweging.
Vriendelike groete
NAAS BEETS