Neem kennis van die volgende skuiwe en veranderinge soos in verlede week se nuusbrief onder Uit die Hoof se Kantoor genoem:

Graag wens ons die volgende Gr.1-juffrouens sterkte toe wat so mooi na die graad 1’s gaan kyk en hulle help om hul volle potensiaal te bereik:

  • Liezel Theron
  • Nicola Swanepoel
  • Helene Slabbert

Ons het ook aanpassings aan die res van die grondslagfase aangebring en deel dus graag met almal:

  • Graad 2: Rache Turner, Anja Nauta (graadhoof) en Naomi Uys
  • Graad 3: Maricqe Coetzer, Heidré Ehlers en Michelle Compion

Ons is hartseer om te noem dat Benita Smit (Grondslagfase Departementshoof) aansoek om ‘n bevorderingspos gedoen het. Ons het nog niks formeel ontvang om te bevestig dat sy wel die pos by Laerskool De Hoop as Grondslagfase Adjunkhoof ontvang het nie. Ons hou egter duimvas dat sy hierdie pos wel sal ontvang, want ons weet dat sy suksesvol in hierdie posisie sal wees. Ons hou almal op hoogte sodra ons formele nuus in die verband ontvang.

Op hierdie noot is ons ook spyt dat Bibi Janse van Rensburg (gr. 5), Nadia Meiring-Stahmer (gr. 4) en Razelle Hanekom (sportorganiseerder) ons aan die einde van die jaar sal verlaat. Beide Bibi en Nadia se mans het bevordering by hul onderskeie werke gekry. Ons is baie dankbaar vir hul puik werk wat hulle by die skool gedoen het en ons wens hulle baie sterkte toe met hul pad vorentoe. Razelle het ‘n pos by die Hoërskool aanvaar. Sy gaan ‘n groot leemte laat, maar ons is opgewonde saam met haar vir hierdie nuwe fase. Sy was vir lank deel van die Laerskool se span en het die sportprogram help op die been kry tot waar dit vandag is. Ons is baie dankbaar vir alles wat sy vir die skool oor die jare gedoen het!

Ons het reeds goeie onderwysers in Bibi en Nadia se plekke aangestel, nl. Erick Snyman (gr. 5) en Ilse-Marie Holtzhausen (gr. 4). Ons weet dat hulle sommer baie maklik by ons skoolgemeenskap sal inskakel.  Verder is ons so gelukkig om Suné Swanepoel in die kodering en robotika pos te kon aanstel wat vir ‘n rukkie in Korea skool gehou het. Baie dankie aan Marnus Visser wat ons hierdie jaar in die pos uitgehelp het!