Nuwe Aanstelling: Sportorganiseerder

Dit is met groot opgewondenheid dat ons ons nuwe Sportorganiseerder, mnr. Rashard Fuller (Gibbs), voorstel. Rashard is die seun van die bekende kriekietspeler, Herschel Gibbs. Hy en sy verloofde, me Renate van Wyk, wat ook in die onderwys is, trek aan die einde van Maart Kaapstad toe om by ons aan te sluit. Rashard speel self krieket en is tans kaptein van die Glenvista Krieket Klub. Hy het ook op ‘n stadium semi-professioneel rugby gespeel en het op skool SA Champs gehardloop. Rashard is goed bekend met laerskoolsport en bring goeie ervaring saam met hom. Hy het by verskeie seunsprivaatskole krieket, rugby en sokker afgerig, asook LO aangebied. Hy was die Hoof van Seunssport by The Kings College Preparatory School en is tans werksaam by Christchurch Preparatory College waar hy vir Graad 1 – 12 LO gee, sportkoördineer en Direkteur van Rugby is, asook die eerste rugby- en krieketspanne afrig. Rashard is baie lief vir kinders en is opgewonde om ‘n liefde en passie vir sport by ons Jannies te...

Geagte Ouers / Voogde

Verlede Sondag het ons skoolgemeenskap met skok verneem van die tragiese afsterwe van juf. Raché se man, Calvin. Hy was in ‘n motorfietsongeluk op pad terug huis toe. Dit is hartverskeurende nuus van die jong getroude paartjie wie se lewe in ‘n oogwink verander het. Ons gedagtes en gebede bly by haar en die familie om vertroosting tydens die moeilike tyd te vind. Weereens word ons ontnugter dat die lewe geen waarborge het nie. Niemand kan die toekoms voorspel nie daarom moet ons elke dag voluit leef en die kosbare tyd saam met geliefdes koester en vier. Baie dankie aan al haar klasouers wat vanuit die staanspoor uitgereik het om haar te help en te ondersteun. Op Vrydag, 10 Februarie 2023, het ons op ‘n baie warm somersdag ‘n suksesvolle senior swemgala aangebied. Die weer het perfek saamgespeel en die koel swembadwater was ‘n heerlike lafenis vir ons swemmers aangesien die kwik teen 13:00 amper 36 grade Celcius bereik het. Baie geluk aan die swemmers wat na afloop van die gala bekers ontvang het! Die Mountain Bike Club onder leiding van deur Breakaway Rides bied ‘n wonderlike geleentheid aan ons kinders. Kyk gerus na hulle advertensie aan die onderkant van die nuusbrief. Laat my ook toe om al ons ouers, voogde, oumas en oupas wat die gala bygewoon het om hul kind/ers en kleinkinders te ondersteun, hartlik te bedank. Dit is ‘n riem onder die hart om te sien hoe ons ouers, voogde en grootouers ons leerders in alle opsigte ondersteun. Baie dankie aan mnr. Leon wat die gala gereël het asook ons Hoof van Swem, juf. Izél saam...

Skooler wenke

Gereelde vrae: As ek op die Messages balkie kliek, sien ek net 'n paar kontakgroepe en onder Assignments net sekere opdragte. Hoe sien ek alles?: Langsaan die opskrif Messages en Assignments is daar 'n pyltjie wat na regs wys. Kliek daarop om alles te sien en nie net die mees onlangse inligting nie. Indien jy meer as een kind in die skool het, kan jy die kontakgroepe of take wat op elke kind van toepassing is onder sy/haar profiel sien. Sien op die skermgrepe hier onder watter pyltjie watter skerm oopmaak. Ek het meer as een kind in die skool. Hoe sien ek my ander kind(ers) se profiel(e)?Jy kan jou ander kind(ers) se profiel(e) en kontakgroepe sien deur op die pyltjie langsaan jou kind se naam bo-aan die toep te kliek en 'n ander kind se naam te kies. 3. Ek wil graag met 'n spesifieke onderwyser op Skooler kommunikeer: Onder Messages gaan jy al die kontakgroepe sien wat op jou van toepassing is. Wanneer jy 'n boodskap aan een van daardie groepe stuur, ontvang die admin van die spesifieke groep die boodskap. As jy bv. met jou kind se wiskundeondewyser wil praat, kan jy op jou kind se wiskundegroep 'n boodskap stuur. Ander ouers sal nie jou boodskap kan sien nie. 4. Ek lees my boodskappe, maar die kennisgewing (getal) langs die groep wil nie weggaan nie: Soms is dit belangrik dat onderwysers moet kan opvolg as ouers nie 'n boodskap gelees het nie en skakel hulle die "Request Read Confirmation" funksie aan. Jy moet dan bevestig dat jy dit gelees het deur  "Confirm" te kliek sodra jy dit...

Krieketuitslae van die week

Dinsdag het ons 0.9-krieketspanne teen Llandudno en Kampsbaai te staan gekom. Die 0.9-blouspan wen teen Kampsbaai met twee lopies en die 0.9-groenspan speel gelykop teen Llandudno. Beide ons 0.11-spanne het Woensdag teen Reddam en Golden Grove te staan gekom. O.11A wen gemaklik met 9 paaltjies teen Golden Grove en ons 0.11B-span het ongelukkig teen Reddam vasgeval. Ten spyte van die verloor het Logan van Heerden pragtig geboul en 3 paaltjies geneem. Ons 0.13-span het gister teen Pinelands te staan gekom. Hulle het pragtig gespeel en wen die wedstryd met 9 paaltjies. Baie dankie aan elke speler en afrigter met die puik...

Tennisuitslae

Dinsdag en Woensdag het verskeie van ons spanne tuis en weg gespeel.  Die uitslae is as volg: Noord-Liga: Seuns A speel gelykop teen Brackenfell 3-3 Dogters A verloor teen Welgemoed 1-5 Gemengde A wen teen Saffier 6-0 Table View Liga: Seuns A verloor teen Parklands 0-6 Gemengde A speel gelykop teen Van Riebeeckstrand 3-3 Dit was 'n winderige week en ons tennisspelers het baie goed gedoen. Ons kan nie wag vir volgende week se uitslae...

Senior swemgala

Vrydag, 10 Februarie, het al ons graad 4 tot 7-leerders die geleentheid gekry om aan ons swemgala deel te neem.  Dit was die perfekte dag vir swem en ons swemmers het puik presteer. Twee rekords is op dié dag gebreek. Jeanne van Heerden verbeter die Dogters o.11 Wisselslag rekord van 1:46,37 na 1:45,93.  Delmar Benecke verbeter die Seuns o.12 Wisselslag rekord van 1:25,71 na 1:24,91. Na die graad 7's die dag afgesluit het met hul pretaflos was dit tyd vir die bekeroorhandiging. Ons top 4 swemmers op die dag het gegaan aan: Beste Senior Seun (gr. 6 - 7) – Delmar Benecke Beste Senior Dogter – Karu Rademeyer Beste Junior Seun (gr. 4 - 5) – Nils le Roux Beste Junior Dogter – Jeanne van Heerden. Kliek HIER vir die volledige uitslae. Baie dankie aan elke onderwyser wat die dag moontlik gemaak het en aan elke swemmer wat in goeie gees aan die dag deelgeneem het. 'n Spesiale woord van dank aan mnr. Hanekom wat al die reëlings getref het. Ons sien nou uit na ons junior swemgala wat op 10 Maart sal...

Oorhandiging van sertifikate tydens saalbyeenkoms

Ons wil graag ons Jannies se goeie prestasies tydens saalbyeenkoms op 'n Dinsdag in die kollig plaas. Ons benodig julle (as ouers/voogde) se hulp hiermee. Enige sertifikate, medaljes of trofees moet asseblief op 'n Maandag by juffrou Michelle Compion (gr. 3) se klas ingehandig word. Indien dit nie Maandag by haar is nie, sal dit oorstaan na die volgende Dinsdag. Dit moet asseblief duidelik as volg gemerk wees: Naam en van; Waarvoor die leerder die prestasie ontvang het Baie dankie vir die...

Fotodag, 21 Feb.

Ons neem Dinsdag, 21 Februarie, klas- en individuele foto's. Ons is bewus dat nie alle leerders tans dieselfde skooldrag het nie aangesien ons hierdie jaar in 'n oorgangsfase is. Indien jou kind reeds die nuwe skooldrag dra, beveel ons aan dat hy/sy dit aantrek.  Indien nie, wil ons vra dat leerders sportdrag...

Inligtingsessie – rou en verlies, 17 Feb. 10:00

Vrydag, 17 Feb., om 10:00 tot ongeveer 10:30 sal daar 'n opleidingsessie oor rou/verlies in die skoolsaal aangebied word. Ouers is welkom om dit by te woon. Die sessie is slegs vir volwassenes. Dr. Arina Fourie sal dit hanteer. Hierdie onderwerp strek oor verskeie...

Netbalkliniek terugvoer

Deur Anna van Biljon Warm, lank, siek - maar lekker! 'n Opsomming van die naweek se netbalkliniek Die naweek (en Vrydag) het die onder 13A-netbalspan 'n netbalkliniek bygewoon. Die netbalkliniek is by die Hoërskool Parel Vallei aangebied deur Doctor Elsje Jordaan (en haar twee assistente Damien en Muggie). Sy rig die die Fireballs af. Dit was elke dag 35+ grade! Die kliniek was vol interessante oefeninge en 'gameplay' wat ons definitief baie op die baan gaan help. Ongelukkig was die helfte van die span siek met dieselfde virus en ons was Sondag net ses spanlede. Die hele span was baie moeg Maandag, want Saterdag se oefeninge het agt ure lank geduur. Daar was baie verskillende ouderdomsgroepe wat deelgeneem het, van nege tot vyftien jaar oud. Ons en Lochnerhof was die enigste ander skole wat saam met Parel Vallei daar was. Om af te sluit, wil ek net baie dankie aan juf. Shahneé, juf. Sharon, juf. Kellerman en juf. Ischké sê wat hulle hele naweek opgeoffer het om saam met 'n paar siek dogtertjies te gaan netbal speel. Hulle het regte talent om netbal af te rig en moet nooit ophou...

Seniorkooroefening

Onthou asb.: Alle Senior koorlede moet Saterdag van 09:00 - 13:00 by die skool vir 'n oefening wees. Dra gemaklike klere. Bring genoeg te eet en te drink. Bring swemgoed (as die weer dit toelaat) Leerders moet asb. STIPTELIK om 13:00 gehaal word. In- en uitgang is by die Kloofstraathek. Daar sal sekuriteit...

Delmar Benecke presteer by WP Champs swemgala

Delmar Benecke het die naweek aan die WP Champs-gala by die Universiteit van die Wes-Kaap deelgeneem. Hy swem pragtig en wen ‘n silwer medalje vir die 50m vryslag en ‘n brons medalje vir die 100m vryslag. Baie geluk, Delmar, dis 'n wonderlike prestasie!

Krieketwedstryde: o.7 – o.9 Wellington, 17 Feb (WEG)

Die volgende geld vir bogenoemde wedstryde. Voltooi asb. die onderstaande vorm. SPANNE: O.7 A O.8 A en B O.9 A en B PLEK: Hugenote Hoërskool, Wellington VERTREKTYD: 12:30 WEDSTRYDE BEGIN: 15:00 SPORTDRAG: • Oranje hempie en Vlootblou kortbroek • Lang blou kouse met oranje streep en tekkies (Die blousokkies sal ook vir Hokkie gebruik word.) • JvR kriekethoed • Water en iets om te eet SLEGS SPELERS WAT OP DIE ONDERSTAANDE LYSTE VERSKYN SPEEL DINSDAG. Net hierdie leerders se ouers moet asb die vorm voltooi. 0.7 1. Matthias Boonzaaier 2. Michael Meyer 3. Michiel Ackermann 4. Matteo Gosio 5. Sebastiaan Rabie 6. Sebastiaan van Heerden 7. Oliver Lund 8. Emile Coetzer-Dereymaeker O.8 Geel 1. Lukas Loubser 2. Nicolaas Boshoff 3. Pieter Derksen 4. William Moolenaar 5. Gustav Lourens 6. Finley le Roux 7. Merwe Gouws 8. Luc Durand O.8 Groen 1. Nicolaas Smit 2. Liam Cloete 3. Elliott Coetzee 4. Alexander de Kock 5. Mateo Pereira 6. Jonah Greyling 7. Ben Reeder 8. Stefan van der Walt 0.9 Blou 1. Sion Botha 2. Kent Chimukuyu 3. Damian Daniels 4. Dirk de Jager 5. Ely Grootboom 6. Ben Louw 7. Noah Karusseit 8. Willem Viljoen 0.9 Groen 1. Luke Sieberhagen 2. Daniel van den Berg 3. Nica van Schalkwyk 4. Jacob Venter 5. Stef Nel 6. Karl von Lieres 7. Luc Zietsman 8. Sebastian Zietsman Kliek HIER vir die...

Krieketwedstryde: o.11A en B, 15 Feb

Voltooi asb. die onderstaande vorm. SPANNE: O.11 B PLEK: Rondebosch East, 110 Fourth Avenue. VERTREKTYD: 14:15 WEDSTRYDE BEGIN: 15:00 TERUG BY SKOOL: 18:00 SPANNE: O.11 A PLEK: Conradieveld VERTREKTYD: 14:15 WEDSTRYDE BEGIN: 14:45 TERUG BY SKOOL: 18:00 SPORTDRAG: • Oranje hempie en Vlootblou kortbroek • Lang blou kouse met oranje streep en tekkies (Die blousokkies sal ook vir Hokkie gebruik word.) • JvR kriekethoed • Water en iets om te eet SLEGS SPELERS WAT OP DIE ONDERSTAANDE LYSTE VERSKYN SPEEL DINSDAG. Net hierdie leerders se ouers moet asb. die vorm voltooi. 0.11 A-span 1. Ben Esterhuyse (K) 2. Nils le Roux 3. Vincent Oosthuizen 4. Jack Dawes 5. Phumi Salimani 6. Samuel Groenewald 7. Rafael Lamprecht 8. Dane Botha 9. Zander Smit 10. Rudi Badenhorst 11. Alexander Weideman 0.11 B-span 1.Liam du Plessis 2.Jake vd Walt 3.Nicolaas van As 4.Felix Ferreira 5.Peter Moore 6.Luka Lonte 7.Logan van Heerden 8.Ben ward 9.Kyle Meissenheimer 10.Rupert Janse van Rensburg 11.Rall Robertson Kliek HIER vir die...

Belangrike Datums

julie 2026

31jul00:0023:59Quiz-aand: Bring & Raai

31jul00:0023:59TOETS: Afrikaans (Gr.5&7)

31jul00:0023:59o.9 Hokkietoernooi

31jul00:0023:59TOETS: Engels (Gr.4&6)

31jul00:0023:59Sivvies

Wys Meer

augustus 2026

31jul00:0023:59Quiz-aand: Bring & Raai

31jul00:0023:59TOETS: Afrikaans (Gr.5&7)

31jul00:0023:59o.9 Hokkietoernooi

31jul00:0023:59TOETS: Engels (Gr.4&6)

31jul00:0023:59Sivvies

01aug00:0023:59Netbal & Rugbytoernooi (o.7-o.9)

02aug(aug 2)16:0004(aug 4)17:00EXCO-Strat

03aug(aug 3)00:0008(aug 8)23:59Hs JvR JanArte Kunstefees

03aug18:0018:00Hs JvR - Tafelbergkoorfees

04aug00:0023:59Rugby: o.9 & o.13 Bishops (WEG)

04aug18:0018:00Reddam Sings - Junior Koor (Constantia)

september 2026

31aug00:0023:59GEEN SPORT

01sep00:0023:59GEEN SPORT

02sep19:0020:00Laerskool JvR Kore en Tjeggiese Kinderkoor (Ls JvR)

03sep00:0023:59Jannies vir Jesus

03sep00:0023:59Wintersporttoer o.13B

04sep00:0023:59TOETS: EBW (Gr.7)

05sep09:0013:00SING. MOVE. PLAY. CONNECT

07sep00:0023:59Somersport Begin

08sep00:0023:59Dolinda (Nasorg) Verjaar

08sep08:0008:00Kaapse Afrikaanse Eisteddfod - Junior Koor