Ons wil graag ons Jannies se goeie prestasies tydens saalbyeenkoms op ‘n Dinsdag in die kollig plaas. Ons benodig julle (as ouers/voogde) se hulp hiermee. Enige sertifikate, medaljes of trofees moet asseblief op ‘n Maandag by juffrou Michelle Compion (gr. 3) se klas ingehandig word. Indien dit nie Maandag by haar is nie, sal dit oorstaan na die volgende Dinsdag. Dit moet asseblief duidelik as volg gemerk wees:

  1. Naam en van;
  2. Waarvoor die leerder die prestasie ontvang het

Baie dankie vir die samewerking!