Dit is met groot opgewondenheid dat ons ons nuwe Sportorganiseerder, mnr. Rashard Fuller (Gibbs), voorstel. Rashard is die seun van die bekende kriekietspeler, Herschel Gibbs. Hy en sy verloofde, me Renate van Wyk, wat ook in die onderwys is, trek aan die einde van Maart Kaapstad toe om by ons aan te sluit. Rashard speel self krieket en is tans kaptein van die Glenvista Krieket Klub. Hy het ook op ‘n stadium semi-professioneel rugby gespeel en het op skool SA Champs gehardloop.

Rashard is goed bekend met laerskoolsport en bring goeie ervaring saam met hom. Hy het by verskeie seunsprivaatskole krieket, rugby en sokker afgerig, asook LO aangebied. Hy was die Hoof van Seunssport by The Kings College Preparatory School en is tans werksaam by Christchurch Preparatory College waar hy vir Graad 1 – 12 LO gee, sportkoördineer en Direkteur van Rugby is, asook die eerste rugby- en krieketspanne afrig. Rashard is baie lief vir kinders en is opgewonde om ‘n liefde en passie vir sport by ons Jannies te kweek.