Deur Anna van Biljon

Warm, lank, siek – maar lekker!

‘n Opsomming van die naweek se netbalkliniek

Die naweek (en Vrydag) het die onder 13A-netbalspan ‘n netbalkliniek bygewoon. Die netbalkliniek is by die Hoërskool Parel Vallei aangebied deur Doctor Elsje Jordaan (en haar twee assistente Damien en Muggie). Sy rig die die Fireballs af. Dit was elke dag 35+ grade!

Die kliniek was vol interessante oefeninge en ‘gameplay’ wat ons definitief baie op die baan gaan help. Ongelukkig was die helfte van die span siek met dieselfde virus en ons was Sondag net ses spanlede. Die hele span was baie moeg Maandag, want Saterdag se oefeninge het agt ure lank geduur. Daar was baie verskillende ouderdomsgroepe wat deelgeneem het, van nege tot vyftien jaar oud. Ons en Lochnerhof was die enigste ander skole wat saam met Parel Vallei daar was.

Om af te sluit, wil ek net baie dankie aan juf. Shahneé, juf. Sharon, juf. Kellerman en juf. Ischké sê wat hulle hele naweek opgeoffer het om saam met ‘n paar siek dogtertjies te gaan netbal speel. Hulle het regte talent om netbal af te rig en moet nooit ophou nie.