Ons neem Dinsdag, 21 Februarie, klas- en individuele foto’s.

Ons is bewus dat nie alle leerders tans dieselfde skooldrag het nie aangesien ons hierdie jaar in ‘n oorgangsfase is. Indien jou kind reeds die nuwe skooldrag dra, beveel ons aan dat hy/sy dit aantrek.  Indien nie, wil ons vra dat leerders sportdrag dra.