Vrydag, 10 Februarie, het al ons graad 4 tot 7-leerders die geleentheid gekry om aan ons swemgala deel te neem.  Dit was die perfekte dag vir swem en ons swemmers het puik presteer.

Twee rekords is op dié dag gebreek. Jeanne van Heerden verbeter die Dogters o.11 Wisselslag rekord van 1:46,37 na 1:45,93.  Delmar Benecke verbeter die Seuns o.12 Wisselslag rekord van 1:25,71 na 1:24,91.

Na die graad 7’s die dag afgesluit het met hul pretaflos was dit tyd vir die bekeroorhandiging. Ons top 4 swemmers op die dag het gegaan aan:

  • Beste Senior Seun (gr. 6 – 7) – Delmar Benecke
  • Beste Senior Dogter – Karu Rademeyer
  • Beste Junior Seun (gr. 4 – 5) – Nils le Roux
  • Beste Junior Dogter – Jeanne van Heerden.

Kliek HIER vir die volledige uitslae.

Baie dankie aan elke onderwyser wat die dag moontlik gemaak het en aan elke swemmer wat in goeie gees aan die dag deelgeneem het. ‘n Spesiale woord van dank aan mnr. Hanekom wat al die reëlings getref het.

Ons sien nou uit na ons junior swemgala wat op 10 Maart sal plaasvind.