Gereelde vrae:

  1. As ek op die Messages balkie kliek, sien ek net ‘n paar kontakgroepe en onder Assignments net sekere opdragte. Hoe sien ek alles?:
    Langsaan die opskrif Messages en Assignments is daar ‘n pyltjie wat na regs wys. Kliek daarop om alles te sien en nie net die mees onlangse inligting nie. Indien jy meer as een kind in die skool het, kan jy die kontakgroepe of take wat op elke kind van toepassing is onder sy/haar profiel sien. Sien op die skermgrepe hier onder watter pyltjie watter skerm oopmaak.
  2. Ek het meer as een kind in die skool. Hoe sien ek my ander kind(ers) se profiel(e)?Jy kan jou ander kind(ers) se profiel(e) en kontakgroepe sien deur op die pyltjie langsaan jou kind se naam bo-aan die toep te kliek en ‘n ander kind se naam te kies.

3. Ek wil graag met ‘n spesifieke onderwyser op Skooler kommunikeer:
Onder Messages gaan jy al die kontakgroepe sien wat op jou van toepassing is. Wanneer jy ‘n boodskap aan een van daardie groepe stuur, ontvang die admin van die spesifieke groep die boodskap. As jy bv. met jou kind se wiskundeondewyser wil praat, kan jy op jou kind se wiskundegroep ‘n boodskap stuur. Ander ouers sal nie jou boodskap kan sien nie.

4. Ek lees my boodskappe, maar die kennisgewing (getal) langs die groep wil nie weggaan nie:
Soms is dit belangrik dat onderwysers moet kan opvolg as ouers nie ‘n boodskap gelees het nie en skakel hulle die “Request Read Confirmation” funksie aan. Jy moet dan bevestig dat jy dit gelees het deur  “Confirm” te kliek sodra jy dit gelees het. Die onderwyser kan dan sien dat jy bevestig dat jy die boodskap gelees het en die kennisgewing wat aandui dat daar ‘n ongeleesde boodskap is, sal wegval.