Eisteddfod Spraak: 26 – 27 Mei

Eisteddfod Spraak sal Vrydag, 26 Mei, en Saterdag, 27 Mei, by ons skool plaasvind. Spesifieke tye van items sal later aangedui word. Ons is bewus van sport die 26ste vir gr. 4 - 7-dogters. Hulle sal eers Saterdag deelneem.

Redenaarsterugvoer

Die redenaarspan was die afgelope twee weke by twee kompetisies betrokke en graag wens ons die volgende leerders geluk met hul deelname aan: PODIUMPRET: Riley Smyth, Jacques du Toit, Pieter Rademeyer, Sabine Barnard, Bella Naylor, Elisabet Marais, Emma Snjiders, Michaan Naylor, Isabella Marais, Sophia Derksen, Karu Rademeyer (afwesig) ATKV ronde 1: Stef Nel, Jacques du Toit, Bella Naylor, Pieter Rademeyer, Elisabet Marias, Sabine Barnard, Cara Stoltz, Isabella Marais, Michaan Naylor, Sophia Derksen, Karu Rademeyer (afwesig), Emma Snjiders Ons deel die uitslae van ATKV se eerste ronde sodra ons dit ontvang. Baie geluk aan elkeen van die deelnemers. Julle het ons skool se naam met jul goeie voorbereiding en pragtige maniere hoog gehou. Baie dankie aan Marinda Brink wat die leerders Saterdag, tydens die ATKV eerste ronde, vergesel...

Sop-in-‘n-fles Welwillendheidsprojek

Die volgende skenkings sal baie waardeer word vir hierdie kwartaal se projek: skoon glasfles (ongeveer 500 - 750ml) - leerders wat flesse bring kan een dag kies om sivvies aan te trek klein pasta skulpies of macaroni gedroogde lensies groente- of hoenderaftreksel (poeier of saamgeperste blokkies) pakkies droë bruin-uiesop of sampioensop Alternatief: Karri-toep skenking Skenkings kan na juf. Marietjie de Kock se klas geneem...

Sport: Woensdag, 26 April

Woensdag, 26 April, sal alle rugby- en netbaloefening in skooltyd plaasvind. Weens die langnaweek en dat ons Maandag, 1 Mei, se oefeninge mis, wil ons graag seker maak alle spelers oefen Woensdag. Die rugby- en netbalspanne speel Woensdag, 3 Mei, onderskeidelik teen Goodwood en Aristea. Leerders kan in hul sportklere skool toe kom. Sien die program op die foto hier onder of kliek HIER vir die...

Netbal o.10A teen Laerskool Durbanville

Die o.10A-netbaldogters het Saterdag aan Laerskool Durbanville se 0.10-sportdag deelgeneem en baie goed gevaar. Baie geluk aan Cato Terblanche wat as speler van die dag aangewys is. Wen teen Welgemoed B 12 - 3 Verloor teen Totius 6 - 7 Wen teen Belville Noord 10 - 2 Wen teen Vredekloof 9 - 0 Ons is trots op die Jannies se goeie spangees en...

Geagte Ouers / Voogde

Die buitemuurse- en skoolkalender is sedert die skole op Woensdag, 12 April, heropen het propvol pret aktiwiteite vir ons leerders. Op Vrydagmiddag het ons o.13A-seuns- en dogtershokkiespanne aan ‘n hokkietoernooi te LS Van Riebeeckstrand deelgeneem. Baie geluk aan die seuns wat gelykop teen Van Riebeeckstrand (1 elk) gespeel het. Hulle wen Curro Durbanville met 4 - 0. Ons dogterspan verloor in die doodsnikke van die wedstryd 0 - 1 teen Van Riebeeckstrand, maar wen Curro Durbanville 1 - 0. Baie geluk aan die onderskeie afrigters juf. Shahneé en mnr. Leon met die puik uitslae aan die begin van die seisoen. Op Saterdag, 15 April 2023, het ons o.10-netbalspan aan die LS Durbanville se o.10A-netbaltoernooi deelgeneem. Ons o.10-dogters onder leiding van juff. Heidré en Izél het puik gevaar en hulle is as die beste span vir die dag op die spesifieke baan aangewys. Daar is met trots tydens die prysuitdeling van hul sportgees en sportmanskap melding gemaak. Dieselfde dag het ons o.11-hokkiespelers aan ‘n interne hokkiekliniek by die Conradieveld deelgeneem. Baie dankie juf. Helene vir hierdie inisiatief en puik reëlings. Maandagaand het die Suidoosterredaksie span onder leiding van juff. Suzaan en Marlize ‘n pret middag-aand funksie gereël waartydens Marius Boonzaaier (redakteur van die APEX Motortydskrif) hulle rakende joernalistiek, redigering en verslaggewing kom toespreek het. Die hoogtepunt was egter dat die juffrouens saam met die dogters die aand in die biblioteek oornag het. Dit was groot pret en nie eers ‘Trudie’ het hulle uit die slaap gehou nie. Graag deel ek met julle dat ek twee maal per week, soggens voor skool met die personeel vergader om te verseker dat skoolsake...

Eerste Hokkie-ligawedstryde teen Milnerton

Op 'n baie winderige en koue Donderdagmiddag het al ons hokkiespanne teen Milnerton te staan gekom. Die seuns het weg gespeel en die dogters tuis. Die uitslae is as volg: Seuns o.9 Span 1 wen 1 - 0 o.9 Span 2 speel gelykop 0 - 0 0.10A-Seuns wen 4 - 1 0.11A-seuns verloor 1 - 3 0.13-seuns wen 8 - 0 Dogters o.9 Span 1 speel gelykop 1 - 1 o.9 Span 2 speel gelykop 1 - 1 o.10A wen 7 - 0 o.11A wen 8 - 0 o.13A wen 3 - 2 o.13B wen 4 - 0 Dit is ongelooflike uitslae en ons is trots op elke span wat net hul beste gegee...

O.13-Hokkietoernooi te Van Riebeeckstrand

Verlede Vrydag, 14 April, het ons o.13-hokkiespanne aan die eerste toernooi van die jaar deelgeneem. Die opwinding was groot en die spanne het nie teleurgestel nie. Met ons hokkie wat verlede jaar vir die eerste keer aan ligawedstryde deelgeneem het, is dit wonderlik om te sien hoe ons spanne binne 'n jaar gegroei het. Verlede jaar het ons spanne baie swaar getrek by die toernooi. Ons seuns en dogters het met 5 - 0 en 7 - 0 verloor, maar die entoesisame om te verbeter was daar. Hierdie jaar het ons teen dieselfde spanne gespeel en die uitslae is as volg: Seuns speel gelykop teen Van Riebeeckstrand 1 - 1 en Wen vir Curro Durbanville 4 - 1 Dogters verloor 0 - 1 teen Van Riebeeckstrand en wen Curro Durbanville 1 - 0 Dit was 'n puik begin vir die seisoen en merkwaardig om te sien hoe ons spelers verbeter het. Ons hou vir al ons spanne duimvas vir die seisoen wat...

Dramatye: Kwartaal 2

Maandag: Gr. 1 - 3 14:30 - 15:30 Gr. 4 - 7 15:30 - 16:30 Woensdag: Gr. 1 - 3 14:10 - 15:00 Gr. 4 - 7 15:00 - 16:20 Vrydag: Gr. 1 - 3 13:00 - 14:00 Gr. 4 - 7 14:00 - 15:00 Die tye sal later weer aangepas word as eksamen begin en sport klaar is.

Skooltye: 26 April

As gevolg van die heerlike langnaweek (27 April – 1 Mei) het ons besluit om die skool op Woensdag, 26 April, op gewone tyd te verdaag (13:15 - gr. 1, 13:32 - gr. 2, 13:40 - gr. 3, 14:10 - gr. 4 - 7) met netbal en rugby wat steeds sal plaasvind. Ons het egter besluit om die sport (gr. 1 – 7) tydens die skooldag te oefen sodat almal op die uitkomtye soos hier genoem kan verdaag. Die tye en reëlings vir Woensdag, 26 April, is as volg: 13:15 (graad 1) 13:32 (graad 2) 13:40 (graad 3) 14:10 (graad 4 - 7) Netbal & rugby vind in skooltyd plaas. Leerders wat nie Woensdag sport beoefen nie, bly in klasse. Bus vertrek om 14:15 Nasorg gaan voort soos...

Jannies presteer by SA Lifesaving Champs

Drie van ons Jannies het van 3 - 5 April aan die SA lifesaving champs in Port Elizabeth deelgeneem. Dit was drie lang en uitmergelende dae op die strand in ‘n stormagtige Port Elizabeth. Nils Le Roux wen ‘n Silwer medalje in die Beach Flags vir seuns o.10 en goud in die o.10 mixed beach relay. Bailey Thomson wen ‘n silwer medalje in die Beach Flags, nog ‘n silwer medalje in die Beach Sprints vir meisies o.12 en goud in die o.12 Mixed Beach relay. Delmar Benecke wen silwer in die beach long run vir seuns o.12 en goud in die o.12 Mixed Beach relay. Hierdie kinders het ongelooflike fiksheid, deursettingsvermoë en baie “guts” getoon. Ons is baie trots op...

Landloopoefeninge en -wedlope

Landloopoefening is op Dinsdae van 14:30 - 15:30 op die Conradieveld. Indien jou kind saam gaan oefen en/of aan wedlope wil deelneem, maak asb. seker dat julle aan die Landloop kontakgroep behoort deur op die pyltjie langsaan jou Messages in Skooler te kliek. Ek het al die leerders wat verlede jaar aangedui het dat hulle die kommunikasie wil ontvang en almal wat my laat weet het op die groep bygevoeg. Indien jy nie op die groep is nie, laat weet my gerus deur op die Algemeen kontakgroep op Skooler of per e-pos my in kennis te stel: suzaan@jvrprim.co.za Wedlope vind op Vrydae plaas en begin die 5de Mei. Leerders wat wil probeer kwalifiseer, moet aan al 7 wedlope deelneem. Wedlope vind op die volgende datums plaas: 5 Mei - Kliek HIER vir meer inligting 12 Mei 19 Mei 26 Mei 9 Junie 21 Julie 28...

Geagte Ouers / Voogde

Hiermee ‘n hartlike welkom terug by die skool en ek glo almal is lekker uitgerus en slaggereed om die nuwe kwartaal aan te durf. Ek glo dat almal die ruskansie ten volle geniet het en ‘n geseënde tyd saam met familie en vriende, veral oor Paasnaweek, spandeer het. Ek is so dankbaar dat almal veilig terug is na die vakansie, veral wanneer die paaie buitengewoon besig oor die Paasnaweek was. Die skool het skaars begin en sommer op dag een van die nuwe kwartaal skop ons af met opleiding van al ons onderwysers oor interaktiewe leer. Ons is baie opgewonde dat ons gr. 5-leerders vanaf kwartaal 2 amptelik begin met die beplande IKT-projek. Dit behels natuurlik dat elke graad 5-leerder ‘n skootrekenaar ontvang sodat ons tegnologie op ‘n daaglikse basis in hul leer en onderrig kan inkorporeer. Hierdie skootrekenaars gaan nie huis toe geneem word nie en 30% van hul onderrigtyd gaan daagliks d.m.v. die skootrekenaars (tegnologie) geskied. Dit beteken ook die rol van ons onderwysers verander na die van fasiliteerders en leerders raak meer aktief betrokke by hul eie leer. Navorsing het bewys dat die doeltreffende gebruik van tegnologie ‘n belangrike hulpmiddel in die klas kan wees veral vir leerders met leerhindernisse. Ons weet dat leerders op verskillende wyse leer en tegnologie maak dit soveel makliker om leerders met visuele, ouditiewe en kinetiese leerstyle te akkommodeer. Die gebruik van tegnologie stel ons in staat dat leer en onderrig op enige plek en enige tyd kan plaasvind met die verdere voordeel dat elke leerder teen sy/haar eie pas die werk kan baasraak. Die week mag dalk kort wees, maar...

Belangrike Datums

julie 2026

31jul00:0023:59Quiz-aand: Bring & Raai

31jul00:0023:59TOETS: Afrikaans (Gr.5&7)

31jul00:0023:59o.9 Hokkietoernooi

31jul00:0023:59TOETS: Engels (Gr.4&6)

31jul00:0023:59Sivvies

Wys Meer

augustus 2026

31jul00:0023:59Quiz-aand: Bring & Raai

31jul00:0023:59TOETS: Afrikaans (Gr.5&7)

31jul00:0023:59o.9 Hokkietoernooi

31jul00:0023:59TOETS: Engels (Gr.4&6)

31jul00:0023:59Sivvies

01aug00:0023:59Netbal & Rugbytoernooi (o.7-o.9)

02aug(aug 2)16:0004(aug 4)17:00EXCO-Strat

03aug(aug 3)00:0008(aug 8)23:59Hs JvR JanArte Kunstefees

03aug18:0018:00Hs JvR - Tafelbergkoorfees

04aug00:0023:59Rugby: o.9 & o.13 Bishops (WEG)

04aug18:0018:00Reddam Sings - Junior Koor (Constantia)

september 2026

31aug00:0023:59GEEN SPORT

01sep00:0023:59GEEN SPORT

02sep19:0020:00Laerskool JvR Kore en Tjeggiese Kinderkoor (Ls JvR)

03sep00:0023:59Jannies vir Jesus

03sep00:0023:59Wintersporttoer o.13B

04sep00:0023:59TOETS: EBW (Gr.7)

05sep09:0013:00SING. MOVE. PLAY. CONNECT

07sep00:0023:59Somersport Begin

08sep00:0023:59Dolinda (Nasorg) Verjaar

08sep08:0008:00Kaapse Afrikaanse Eisteddfod - Junior Koor