Verlede Vrydag, 14 April, het ons o.13-hokkiespanne aan die eerste toernooi van die jaar deelgeneem. Die opwinding was groot en die spanne het nie teleurgestel nie.

Met ons hokkie wat verlede jaar vir die eerste keer aan ligawedstryde deelgeneem het, is dit wonderlik om te sien hoe ons spanne binne ‘n jaar gegroei het.

Verlede jaar het ons spanne baie swaar getrek by die toernooi. Ons seuns en dogters het met 5 – 0 en 7 – 0 verloor, maar die entoesisame om te verbeter was daar.

Hierdie jaar het ons teen dieselfde spanne gespeel en die uitslae is as volg:

  • Seuns speel gelykop teen Van Riebeeckstrand 1 – 1 en Wen vir Curro Durbanville 4 – 1
  • Dogters verloor 0 – 1 teen Van Riebeeckstrand en wen Curro Durbanville 1 – 0

Dit was ‘n puik begin vir die seisoen en merkwaardig om te sien hoe ons spelers verbeter het. Ons hou vir al ons spanne duimvas vir die seisoen wat voorlê.