Drie van ons Jannies het van 3 – 5 April aan die SA lifesaving champs in Port Elizabeth deelgeneem. Dit was drie lang en uitmergelende dae op die strand in ‘n stormagtige Port Elizabeth.

Nils Le Roux wen ‘n Silwer medalje in die Beach Flags vir seuns o.10 en goud in die o.10 mixed beach relay.

Bailey Thomson wen ‘n silwer medalje in die Beach Flags, nog ‘n silwer medalje in die Beach Sprints vir meisies o.12 en goud in die o.12 Mixed Beach relay.

Delmar Benecke wen silwer in die beach long run vir seuns o.12 en goud in die o.12 Mixed Beach relay.

Hierdie kinders het ongelooflike fiksheid, deursettingsvermoë en baie “guts” getoon. Ons is baie trots op hulle!