As gevolg van die heerlike langnaweek (27 April – 1 Mei) het ons besluit om die skool op Woensdag, 26 April, op gewone tyd te verdaag (13:15 – gr. 1, 13:32 – gr. 2, 13:40 – gr. 3, 14:10 – gr. 4 – 7) met netbal en rugby wat steeds sal plaasvind. Ons het egter besluit om die sport (gr. 1 – 7) tydens die skooldag te oefen sodat almal op die uitkomtye soos hier genoem kan verdaag.

Die tye en reëlings vir Woensdag, 26 April, is as volg:

  • 13:15 (graad 1)
  • 13:32 (graad 2)
  • 13:40 (graad 3)
  • 14:10 (graad 4 – 7)
  • Netbal & rugby vind in skooltyd plaas.
  • Leerders wat nie Woensdag sport beoefen nie, bly in klasse.
  • Bus vertrek om 14:15
  • Nasorg gaan voort soos normaal.