Boek Buddies kom kuier: 18 Mei 2026

Ons Gr.R–3-leerders woon die Boek Buddies Vertoning by op 18 Mei 2026 om 10:45 in die Laerskool Jan van Riebeeck-skoolsaal. Kom geniet ’n prettige oggend vol stories, verbeelding en kreatiwiteit soos geliefde kinderboeke op die verhoog tot lewe kom!

Jan Kas belangrike kennisgewing

Neem asseblief kennis dat Jan Kas vanaf 01 - 18 Junie gedurende die volgende tye oop sal wees: Maandae & Woensdae: 07:00 - 08:00 Dinsdae & Donderdae: 12:30 - 13:30 Vrydae: GESLUIT Jan Kas sal op 18 Junie sluit vir voorraadopname vir die res van die kwartaal.

Jannies op die TV!

Die nuwe kykNET-reeks, Beter as Gister, begin op 30 Junie om 20:00 op kykNET. Gerhard Conradie en Luna Coetzer speel in hierdie reeks.

Kaapstadse Opera bied CARMEN aan!

Die Kaapstadse Opera bied Georges Bizet se wêreldberoemde opera Carmen in die Kunstekaap-operahuis aan. Op 28 en 30 Mei is daar spesiale verkorte vertonings teen slegs R80. Maak gerus van hierdie wonderlike geleentheid gebruik om jou kind aan die wonder van opera bekend te stel!   Datum en Tyd:    * 28 Mei @ 11h00   * 30 Mei @ 14h00   Koste: R80 Kaartjies: Webtickets -...

Kleredrag: leerders

As gevolg van die koue- en natweerstoestande het ons besluit om 'n reënbaadjie as deel van ons skooldrag te ondersoek. Ons sal laat weet sodra ons gereed is om hierdie baadjie in Jan Kas te verkoop. Die skool se wapen sal hierop aangebring word om eenvormigheid in ons skooldrag te verseker. Die soft shell-baadjie sal steeds deel van die skooldrag vorm. In die interimperiode mag leerders donkerblou reënbaadjies dra om hulle droog en warm te hou. Moet asseblief nie nou onnodig 'n baadjie gaan koop nie. Ons sal binnekort kennis gee van die verwikkeling. Ons tree vanaf hierdie kwartaal streng op om ons kleredragbeleid te eerbiedig. Hierdeur verseker ons eenvormigheid en gesonde dissipline. Ons besef dit sal 'n tydperk neem om netjies en korrek aan te trek daarom gesels die personeel weekliks met die leerders tydens saalbyeenkomste. Ons waardeer die samewerking om te sorg dat ons mooi skooldrag met trots gedra word. Sien die kleredragbeleid by die skakel hier onder:...

Geagte Ouers / Voogde – 15 Mei 2026

Moeder Natuur het ons die afgelope week weer gewys waartoe sy in staat kan wees met hewige storms wat in die Moederstad en omgewing, asook regoor die Wes-Kaap, plaasgevind het. Ongekende stormweer het verwoestende skade in die stad en veral oor die provinsie aangerig, met oorstromings, ontwortelde bome wat paaie versper het, beskadigde eiendom, asook kragonderbrekings. As gevolg van die stormskade aan verskeie skole en infrastruktuur het die WKOD besluit om alle skole in die Wes-Kaap op Dinsdag, 12 Mei, te sluit om die veiligheid van leerders, ouers en personeel te verseker. Verskeie skole het astronomiese skade gely, met dakplate en teëls wat weggewaai het, en baie het oorstroom. Met genade van Bo is ons skool van groot stormskade gespaar, met slegs enkele nuwe lekplekke wat hul verskyning gemaak het. Ek hoop en vertrou dat die res van ons skoolgemeenskap ook van ernstige stormskade gespaar is, en ek is baie dankbaar dat leerders en personeel veilig weer op Woensdag, 13 Mei, by die skool opgedaag het. Op Woensdagaand, 07 Mei, het ons junior- en senior kore aan die Massa-reünienaweek se Musiekaand te die N.G. Kerk Tamboerskloof opgetree. Hierdie ongelooflike musiekaand is deur HS Jan van Riebeeck as deel van hul eeufeesvieringe aangebied. Graag wil ek van die geleentheid gebruik maak om dr. Lestie Hughes en haar span hartlik geluk te wens met ’n baie suksesvolle glansaand van betowerende musiek en sang. Die musiekaand is opgevolg met ’n stylvolle eeufeesdinee en veiling wat Vrydagaand, 08 Mei, in die hoërskool se saal aangebied is. Baie geluk, mnr. Pieter Rademeyer en span, met die suksesvolle gala-dinee wat boekdele spreek van ’n uitnemende...

Netbal WP-proewe: 9 Mei 2026

Ons is ongelooflik trots op die volgende netbalspelers wat deur is na die finale rondte WP-proewe. o.11 Mika van der Walt Lizzy Snyders o.12 Ellen van Heerden o.13 Jana Nel Cato Terblanche Dané Walker Anabella Boshoff Anouk van der Linde Solange Stevens Mia-Lynn Podesta Ghia Pereira Hierdie dogters neem Saterdag, 9 Mei, aan die finale rondte deel. Ons wens hulle baie sterkte...

Koffie-en-Beskuit Konsert: Dinsdag, 12 Mei 2026

Ons volgende oggendkonsert vind Dinsdagoggend, 12 Mei, in die NASORG plaas.    Die volgende leerders tree op:   Natalie Lawson - Saksofoon Benjie Ntloko - Klarinet Doen de Kock - Saksofoon Micah Nikiforos - Saksofoon Celeste de Wet - Klavier Izak Steyn - Klavier Niku le Roux - Klavier   Daar word ook kunswerke van hierdie leerders in die Nasorg uitgestal, waarna julle gerus voor óf na die konsert kan kyk.   Hier is enkele algemene reëlings rondom die verrigtinge:   * Deelnemende leerders meld stiptelik 07h45 in die Nasorg aan met hul instrument. Juf Bea en/of Mnr Ben sal daar wees om hulle te ontvang en te help om instrumente te stem.  * Elke deelnemende leerder bring een of twee maatjies saam om die konsert by die woon. Ons het ongelukkig nie spasie om meer leerders te akkommodeer nie. * Ouers is welkom om te kom luister - bring gerus koffie saam! * Gebruik asb die deur by die Nasorg om in te kom - die senior koor oefen in die saal, en ons wil hulle nie steur nie.   Tyd: 08h00 - 08h30 Plek:...

Chrystal presteer in Synchro Skaats

Chrystal Conradie, oudleerder, het haar Westelike Provinsiale Kleure vir Synchro Skaats ontvang! Sy en haar span, Team Velocity, neem deel aan die Nasionale Kompetisie van 10–12 Mei.

Geagte Ouers / Voogde – 08 Mei 2026

Week 5 het darem weer vir ons ’n normale, volle akademiese week gebied met geen openbare vakansiedae wat leer en onderrig onderbreek het nie. Meevallertjies soos lekker langnaweke is nou eers iets van die verlede en die enigste langnaweek wat nog die kwartaal gaan plaasvind, is vanaf 13–16 Junie. Dit sluit Jeugdag in, wat nóg ’n openbare vakansiedag is, en vind op Dinsdag, 16 Junie, plaas. Dus is Maandag, 15 Junie, dan ’n skoolvakansiedag – maak gerus die aantekening in jou dagboek vir ’n heerlike langnaweek wat voorlê! Soos julle bewus is, hou ons elke Dinsdagoggend ’n saalbyeenkoms wat al die leerders en personeel bymekaar bring om onder andere gemeenskaplike skoolsake te bespreek, skoolnuus te deel, erkenning vir leerders te gee asook om eenheid en skoolkultuur te bevorder. Ons saalbyeenkomste word op ’n gepaste wyse met ’n boodskap begin wat deur ’n onderwyser op ’n rotasiebasis gelewer word. Die saalboodskappe fokus op ons kernwaardes en hierdie week het juf. Esmarié vir ons ’n baie insiggewende boodskap gelewer om ons spreekwoordelike brille wat nie die goeie in ander mense en in onsself sien nie, af te haal en eerder brille op te sit wat die goeie in mense raaksien en waardeer. Ons is almal so skuldig hieraan en ons vergeet dat kinders die wêreld anders sien as ons as grootmense. Hulle sien ’n wêreld van verwondering en onskuld met ’n hart wat dikwels glo dat alles moontlik is. Hulle vertrou maklik en klou nie vas aan gister se seer en onreg nie. Kinders se vreugde kom dikwels in die kleinste dinge en gebare voor. Dalk moet ons dit ernstig oorweeg...

Belangrike Datums

julie 2026

28jul00:0023:59GEEN SPORT

28jul00:0023:59Finkom Vergadering

29jul(jul 29)00:0028(jul 28)23:59Gr.1 & 2 - Interne Robotika Kompetisie

29jul00:0023:59Rugby: Fanie Theron (WEG) - Almal

29jul00:0023:59Netbal: Tableview (TUIS) - Almal

31jul00:0023:59Quiz-aand: Bring & Raai

31jul00:0023:59TOETS: Afrikaans (Gr.5&7)

31jul00:0023:59o.9 Hokkietoernooi

31jul00:0023:59TOETS: Engels (Gr.4&6)

31jul00:0023:59Sivvies

Wys Meer

augustus 2026

31jul00:0023:59Quiz-aand: Bring & Raai

31jul00:0023:59TOETS: Afrikaans (Gr.5&7)

31jul00:0023:59o.9 Hokkietoernooi

31jul00:0023:59TOETS: Engels (Gr.4&6)

31jul00:0023:59Sivvies

01aug00:0023:59Netbal & Rugbytoernooi (o.7-o.9)

02aug(aug 2)16:0004(aug 4)17:00EXCO-Strat

03aug(aug 3)00:0008(aug 8)23:59Hs JvR JanArte Kunstefees

03aug18:0018:00Hs JvR - Tafelbergkoorfees

04aug00:0023:59Rugby: o.9 & o.13 Bishops (WEG)

04aug18:0018:00Reddam Sings - Junior Koor (Constantia)

september 2026

31aug00:0023:59GEEN SPORT

01sep00:0023:59GEEN SPORT

02sep19:0020:00Laerskool JvR Kore en Tjeggiese Kinderkoor (Ls JvR)

03sep00:0023:59Jannies vir Jesus

03sep00:0023:59Wintersporttoer o.13B

04sep00:0023:59TOETS: EBW (Gr.7)

05sep09:0013:00SING. MOVE. PLAY. CONNECT

07sep00:0023:59Somersport Begin

08sep00:0023:59Dolinda (Nasorg) Verjaar

08sep08:0008:00Kaapse Afrikaanse Eisteddfod - Junior Koor