Ons volgende oggendkonsert vind Dinsdagoggend, 12 Mei, in die NASORG plaas.
Die volgende leerders tree op:
Natalie Lawson – Saksofoon
Benjie Ntloko – Klarinet
Doen de Kock – Saksofoon
Micah Nikiforos – Saksofoon
Celeste de Wet – Klavier
Izak Steyn – Klavier
Niku le Roux – Klavier
Daar word ook kunswerke van hierdie leerders in die Nasorg uitgestal, waarna julle gerus voor óf na die konsert kan kyk.
Hier is enkele algemene reëlings rondom die verrigtinge:
* Deelnemende leerders meld stiptelik 07h45 in die Nasorg aan met hul instrument. Juf Bea en/of Mnr Ben sal daar wees om hulle te ontvang en te help om instrumente te stem.
* Elke deelnemende leerder bring een of twee maatjies saam om die konsert by die woon. Ons het ongelukkig nie spasie om meer leerders te akkommodeer nie.
* Ouers is welkom om te kom luister – bring gerus koffie saam!
* Gebruik asb die deur by die Nasorg om in te kom – die senior koor oefen in die saal, en ons wil hulle nie steur nie.
Tyd: 08h00 – 08h30
Plek: Nasorg