As gevolg van die koue- en natweerstoestande het ons besluit om ‘n reënbaadjie as deel van ons skooldrag te ondersoek. Ons sal laat weet sodra ons gereed is om hierdie baadjie in Jan Kas te verkoop. Die skool se wapen sal hierop aangebring word om eenvormigheid in ons skooldrag te verseker. Die soft shell-baadjie sal steeds deel van die skooldrag vorm.
In die interimperiode mag leerders donkerblou reënbaadjies dra om hulle droog en warm te hou. Moet asseblief nie nou onnodig ‘n baadjie gaan koop nie. Ons sal binnekort kennis gee van die verwikkeling.
Ons tree vanaf hierdie kwartaal streng op om ons kleredragbeleid te eerbiedig. Hierdeur verseker ons eenvormigheid en gesonde dissipline. Ons besef dit sal ‘n tydperk neem om netjies en korrek aan te trek daarom gesels die personeel weekliks met die leerders tydens saalbyeenkomste.
Ons waardeer die samewerking om te sorg dat ons mooi skooldrag met trots gedra word.
Sien die kleredragbeleid by die skakel hier onder:
Kleredragbeleid