SAMF-Wiskundekompetisie
Baie geluk aan die volgende leerders wat almal na die tweede rondte van die SAMF-Wiskundekompetisie deur is. Die volgende rondte vind op 1 Augustus plaas. Meer inligting sal volg.
Onthou: Oupa&Ouma-dag op 7 September
Nooi solank vir Oupa en Ouma na hierdie spesiale dag. Die besonderhede volg later.
Liewe Aarde Nuus van 1 Junie
Baie geluk aan Isabella Pretorius in Gr 4 wat Jannie van die Week is. Dankie dat jy so gereeld herwin – hou so aan. Geniet die R100 Col’Cacchios geskenkbewys. Het julle geweet dat die skool betaal word vir ons herwinde papier. Dit is nou wel nie duisende rande nie, maar dra tog by tot die instandhouding van die depot. Ons word meer betaal vir wit papier - maak dus seker dat julle alle wit papier in die gemerkte wit wieldromme gooi. Om dieselfde rede moet alle gladde karton asb in heldergroen papier igloes gegooi word (platgetrap) en nie by die riffelkarton nie.Baie dankie vir almal se samewerking...
Netbal- en rugbyoefeninge eindig, landloop en skaak gaan voort
Die eksamen is om die draai vir alle Gr.4 - 7 leerders. Alle rugby- en netbalwedstryde is klaar vir die kwartaal. Daar sal vanaf volgende week geen oefeninge meer wees nie. Rugby- en netbaloefeninge sal Maandag 23 Julie, weer begin. Daar sal nog elke Maandag en Woensdag landloopoefening wees vir almal wat wil kom oefen. Die tye van die oefening is vervroeg tydens die eksamen en sal om 13:15 - 14:10 plaasvind. Die oefeninge gaan voort weens die feit dat daar nog wedlope op 1, 8 en 15 Junie is. Skaakoefeninge is ook vervroeg vir die volgende twee weke. Oefening sal nog 7 en 14 Junie plaasvind. Die Gr.1-3's oefen vanaf 13:00 - 13:30 en die Gr.4-7's oefen vanaf 13:30 - 14:30. Alle sport vir die kwartaal maak 15 Junie...
Rugby teen Sunningdale
Ons klein manne, 0/7 en 0/8, het die kwartaal op 'n hoogtepunt klaargemaak deur beide hulle wedstryde te wen. Ons 0/7's was vasgevang in 'n titaniese stryd en beide spanne het baie mooi rugby gespeel. Die wil was net sterker en hulle het die wedstryd gewen met twee drieë teenoor nul. Die 0/8's het keer op keer gewys hulle is 'n span wat nie maklik terugstaan vir enige span nie en het die wedstryd gemaklik gewen. Die volgende wedstryde is vroeg in die derde kwartaal. Vir die wedstrydbepalings, gaan kyk op ons webtuiste vir die volledige uiteensetting van alle...
Woord van die week nr.69
potsierlik Wenners: Katja de Villiers (Gr. 4 vdV) Definisie: lagwekkend of komieklik Sin: Die seuntjie lyk potsierlik in sy sussie se klere.
Uitslag: ATKV-Redenaarskompetisie semi-finaal
Francois Joubert (gr. 3) is 8ste in die Wes-Kaap nadat hy Vrydag, 25 Mei 2018, aan die ATKV-redenaarskompetisie se semi-finale ronde deelgeneem het. Slegs die top 3 van elke provinsie sal aan die finale ronde deelneem. Ons is baie trots op jou, Francois!
Vakansiesorg Junie 2018
Vakansiesorg is beskikbaar vanaf 25 Junie tot 13 Julie. Vul asb. die vorm in as julle hierdie vakansie van vakansiesorg gebruik gaan maak. Aansoeke sluit 15 Junie. E-pos die aansoek en vrywaring aan Lorraine ( lorrvanvuuren@gmail.com ) of bring die hardekopie Nasorg toe. Daar sal ook hardekopieë by Nasorg beskikbaar wees. Aansoek en vrywaringsvorm: [pdf-embedder url="https://laerskooljanvanriebeeck.co.za/wp-content/uploads/2018/05/Vakansiesorg-Junie-2018.pdf" title="Vakansiesorg Junie...
OOV-Funksie: Quiz aand
Eisteddfod – Sangmedaljes
Baie geluk aan die volgende vier leerders wat medaljes vir Sang by die Kaapse Afrikaanse Eisteddfod in hulle ouderdomsgroepe gewen het. Ons is baie trots op julle! Kerala Alewell Gr. 2 Alexander Uhlig Gr. 3 Mia Symington Gr. 4 Sebastian Boshoff Gr....
Landloop: Vrydag, 1 Junie
[pdf-embedder url="https://laerskooljanvanriebeeck.co.za/wp-content/uploads/2018/05/Route-Map-1-5-1-June-2018.pdf" title="Route Map (1-5) 1 June...
Mathlete van die week
Die top 3 presteerders van verlede week is: 3. Henry Joubert 3182 punte 2. Mia Boshoff 4286 punte 1. Cara Swanepoel 7387 punte Baie geluk Cara!!
Kommunikasie: Whatsapp vervang SMS
Ons is in die proses om SMS'e met Whatsapp te vervang. Sodoende spaar ons 'n hele paar rand en kan ons meer gereeld dringende boodskappe aan ouers kommunikeer. Stoor asb. die skool se selfoonnommer in jou selfoon as "LJvR Whatsapp" sodat jy Broadcast boodskappe sal kan ontvang. Indien die nommer nie in jou selfoon gestoor is nie, sal jy nie die boodskappe ontvang nie. Die nommer is: 066 143 4003 Ouers wat nie Whatsapp het nie, sal steeds SMS'e ontvang. Ons huidige SMS stelsel sal ook as rugsteun gebruik word tot einde van die jaar. Daar sal geen groepe in Whatsapp gestig word nie. Ouers se inligting bly vertroulik en niemand gaan mekaar se boodskappe kan sien nie. Die Whatsappnommer is slegs vir eenrigtingkommunikasie van die skool na ouers. Moet asb. nie op boodskappe reageer nie. Whatsapp sal nie nuusbriefinligting, inligting op die webtuiste of datums in die Google kalender en die webtuiste se dagboek vervang nie, maar eerder die SMS'e wat gewoonlik uitgestuur is om dringende boodskappe oor te...
Sportdag te Goudini: Rugbyuitslae
Die jaarlikse driehoekigebyeenkoms tussen ons, Goudini en FD Conradie het Saterdag 26 Mei, te Goudini plaasgevind. Dit was 'n koue oggend en die mis het dig op die velde gelê. Ten spyte daarvan het dit nie ons spanne se moed gedemp nie en het hulle uitstekend presteer. Dit was lekker om ouers, spelers en onderwysers in goeie gees langs die sportvelde te sien. Die rugbyuitslae was as volg: 0/7's verloor teen Goudini en wen teen FD Conradie 0/8's wen teen Goudini en FD Conradie 0/9's wen teen Goudini en FD Conradie 0/11's wen teen Goudini en FD Conradie 0/13's verloor teen Goudini en FD Conradie (net-net teen albei spanne! ) Dit was 'n baie suksesvolle sportdag. Dankie aan elke afrigter en ouer wat die dag moontlik gemaak het vir elke speler. Hulle het dit baie geniet. Die volgende wedstryde vind in die derde kwartaal...
Jannies presteer by Engelse Wiskundekompetisie
Ons is baie trots om te kan sê ons het 8 leerders wat in die top 200 leerders van die Horizon Math Kompetisie geeïndig het. Dit is 'n ongelooflike prestasie aangesien die kompetisie net in Engels geskryf word. Van al die skole wat vir die kompetisie ingeskryf het, het Jan van Riebeeck die 5de meeste kinders wat in die top 200 is en boonop was ons die enigste slegs-Afrikaanse skool wat deelgeneem het. Ons lê bo skole soos Elkanah House, Herzlia, Golden Grove, Llandudno, Oakhurst, Panorama en Greenfields. Baie geluk aan die volgende leerders wat so mooi presteer het: Graad 6: Dawid Adler en Peet Karsten Graad 7: Stef Mostert Henri Malan Benjamin Pienaar Chris Scott Gerard Snijders Christiaan Stimie Die prysuitdeling is Saterdag 9 Junie, by Star College. Wel gedaan, julle hou ons naam...
Belangrike Datums
augustus 2026
september 2026