Die eksamen is om die draai vir alle Gr.4 – 7 leerders. Alle rugby- en netbalwedstryde is klaar vir die kwartaal. Daar sal vanaf volgende week geen oefeninge meer wees nie. Rugby- en netbaloefeninge sal Maandag 23 Julie, weer begin.

Daar sal nog elke Maandag en Woensdag landloopoefening wees vir almal wat wil kom oefen. Die tye van die oefening is vervroeg tydens die eksamen en sal om 13:15 – 14:10 plaasvind. Die oefeninge gaan voort weens die feit dat daar nog wedlope op 1, 8 en 15 Junie is. Skaakoefeninge is ook vervroeg vir die volgende twee weke. Oefening sal nog 7 en 14 Junie plaasvind. Die Gr.1-3’s oefen vanaf 13:00 – 13:30 en die Gr.4-7’s oefen vanaf 13:30 – 14:30. Alle sport vir die kwartaal maak 15 Junie klaar.