Baie geluk aan Isabella Pretorius in Gr 4 wat Jannie van die Week is. Dankie dat jy so gereeld herwin – hou so aan. Geniet die R100 Col’Cacchios geskenkbewys.
Het julle geweet dat die skool betaal word vir ons herwinde papier. Dit is nou wel nie duisende rande nie, maar dra tog by tot die instandhouding van die depot. Ons word meer betaal vir wit papier – maak dus seker dat julle alle wit papier in die gemerkte wit wieldromme gooi. Om dieselfde rede moet alle gladde karton asb in heldergroen papier igloes gegooi word (platgetrap) en nie by die riffelkarton nie.Baie dankie vir almal se samewerking !