Ons klein manne, 0/7 en 0/8, het die kwartaal op ‘n hoogtepunt klaargemaak deur beide hulle wedstryde te wen. Ons 0/7’s was vasgevang in ‘n titaniese stryd en beide spanne het baie mooi rugby gespeel. Die wil was net sterker en hulle het die wedstryd gewen met twee drieë teenoor nul. Die 0/8’s het keer op keer gewys hulle is ‘n span wat nie maklik terugstaan vir enige span nie en het die wedstryd gemaklik gewen. Die volgende wedstryde is vroeg in die derde kwartaal. Vir die wedstrydbepalings, gaan kyk op ons webtuiste vir die volledige uiteensetting van alle wedstryde.