Ons is in die proses om SMS’e met Whatsapp te vervang. Sodoende spaar ons ‘n hele paar rand en kan ons meer gereeld dringende boodskappe aan ouers kommunikeer. Stoor asb. die skool se selfoonnommer in jou selfoon as “LJvR Whatsapp” sodat jy Broadcast boodskappe sal kan ontvang. Indien die nommer nie in jou selfoon gestoor is nie, sal jy nie die boodskappe ontvang nie. Die nommer is: 066 143 4003

Ouers wat nie Whatsapp het nie, sal steeds SMS’e ontvang. Ons huidige SMS stelsel sal ook as rugsteun gebruik word tot einde van die jaar. Daar sal geen groepe in Whatsapp gestig word nie. Ouers se inligting bly vertroulik en niemand gaan mekaar se boodskappe kan sien nie. Die Whatsappnommer is slegs vir eenrigtingkommunikasie van die skool na ouers. Moet asb. nie op boodskappe reageer nie.

Whatsapp sal nie nuusbriefinligting, inligting op die webtuiste of datums in die Google kalender en die webtuiste se dagboek vervang nie, maar eerder die SMS’e wat gewoonlik uitgestuur is om dringende boodskappe oor te dra.