Landloopuitslae van 15 Junie
Die landloop Jannies het weer Vrydag, 15 Junie, aan 'n landloopwedloop te St. Augustine's deelgeneem. Die weer het egter nie saamgespeel nie en die leerders moes in die stormreën deelneem. Dit was egter moeilik om die posisies wat elke leerder behaal het te bepaal, maar ons is steeds besonders trots op elkeen wat die stormweer trotseer het. Welgedaan aan die volgende leerders: Mieke Huysamen, Michel-Georges Delpierre, Lea de Ridder, Markus de Ridder, Scarlett van der Merwe, Eugenie Delpierre, Adrian Huysamen, Enzo Vorster en Nikolaas...
Barbara Schreuder Dansskool Eisteddfoduitslae
Ons dansers het pragtig vertoon en ons baie trots gemaak. Die gradering is soos volg: Pass 50-59% Merit 60-69% Honours 70-84% Diploma 85-100% Baie geluk aan die volgende Solo Kandidate van Laerskool Jan van Riebeeck Welgedaan ons Solo Finaliste! Lara Basson Amelie Visser Jana Brink Arwen Weich...
Mullers oogtoetse graad 1, 3 en 6
'n Groot dankie aan Die Mullers oogkundiges-span onderleiding van Yolandé Scott, wat Maandag en Dinsdag die hele dag spandeer het om leerders in graad 1, 3 en 6 se oë te toets. Indien die oogkundiges agtergekom het dat dit nodig is vir 'n meer volledige oogtoets, sal daar 'n briefie saam met u kind se vorderingsverslag (rapport) huis toe gestuur...
Woord van die week 70
opstopper Wenner 1: Kayla van Heerden (Gr.4vdV) Definisie 1: ‘n hou met die vuis Sin: Die seun se wang is blou nadat ‘n boelie hom pouse ‘n opstopper gegee het. Wenner 2: Alexander de Jong (Gr.5S) Definisie 2: Iemand wat diere opstop, ‘n taksidermis Sin: Ek het gekyk hoe die opstopper ‘n dier...
Strategiese vraelys
Daar is 'n vraelys aan ouers per e-pos uitgestuur. Vul asb. die Google Form voor of op 27 Julie 2018 in. Indien jy nie die e-pos ontvang het nie, kliek hier of stuur 'n e-pos aan strategies@jvrprim.co.za.
Liewe Aarde Nuus van 21 Junie
Omdat daar nie saal was tydens die eksamen nie, het ons sommer 3 Jannies die week. Hulle is Frank van der Walt in Gr 1, Lara Basson in Gr 3 en Adriaan Wessels in Gr 1. Baie geluk julle – dankie dat julle so gereeld herwin – hou asb aan! Geniet die R100 Col’Cacchios geskenkbewys. Onthou dat die depot Vrydag saam met die skool sluit. Maak gebruik van Recycle 1st se dienste tydens die vakansie of stapel op totdat die skole weer heropen. Plastiek wat slegs een maal gebruik word, is in die kollig. Hierdie items beland dikwels in die natuur, veral in die oseane. Dit word deur visse geëet en eindig op in ons borde! Kom ons onderneem om altyd ‘n lap inkopiesak byderhand te hê en nooit plastieksakkies by die supermark te koop nie. Kom ons probeer ook om ‘nee’ te sê vir strooitjies. Kyk mooi na ons Liewe Aarde waar julle ook al met vakansie...
Jannies presteer by Horizon Wiskundekompetisie
Saterdag, 9 Junie, is agt van ons leerders genooi na die Horizon Math Competition se prysuitdeling. Dit was die eerste keer dat ons leerders deelgeneem het aan die kompetisie en hulle het uitstekend gevaar. Hulle het ook gewys dat Engels hulle nie belemmer om te presteer nie. Daar is altesaam 6954 leerders wat aan die kompetisie deelgeneem het. Daar het 758 leerders gekwalifiseer vir die tweede rondte. Na die rondte was die top 200 leerders genooi om die prysuitdeling by te woon. Die prysuitdeling was gehou in die Baxter. Dit was 'n goed georganiseerde prysuitdeling. Die name van al die wenners is vanaf 200 - 1 gelees en die spanning het hoog geloop aangesien niemand geweet het waar hulle geeïndig het nie. Die finale uitslae was: 109de Peet Karsten 104de Chris Scott 86ste Christiaan Stimie 79ste Henri Malan 43ste Dawid Adler 33ste Gerard Snijders 31ste Stef Mostert 11de Benjamin Pienaar Ons leerders het weereens gewys ons kan teen enige skool kompeteer en ons staan vir niemand terug nie. Baie dankie aan mnr. Hanekom en elke ouer wat die leerders vergesel...
Nuusbrief van 15 Junie 2018
Laerskool Jan van Riebeeck Nuus Liewe Ouers, Datums Vrydag, 15 Junie 2018 Landloop: St. Augustines Vrydag, 15 Junie 2018 Eksamen eindig Saterdag, 16 Junie 2018 Jeugdag Maandag, 18 Junie 2018 Gr.6: Lead4Life Maandag, 18 Junie 2018 Gr.4&5: Musiekkonsert Dinsdag, 19 Junie 2018 Gr.6&7: Musiekkonsert (die seniorkoor tree op) Woensdag, 20 Junie 2018 Jannies Talent Woensdag, 20 Junie 2018 Magriet (juffrou) verjaar Donderdag, 21 Junie 2018 Markdag Donderdag, 21 Junie 2018 Sivvies Vrydag, 22 Junie 2018 Skole sluit om 10:30 Sondag, 24 Junie 2018 Salomé (IT) verjaar Sondag, 8 Julie 2018 Leon Hanekom (onderwyser) verjaar Sondag, 8 Julie 2018 Claudia Josephus (Assistent) verjaar Woensdag, 11 Julie 2018 Shannon Smuts (Snoepie) verjaar Dinsdag, 17 Julie 2018 Skole heropen vir derde kwartaal Donderdag, 19 Julie 2018 Ouerafsprake; Portefeuljedag Vrydag, 20 Julie 2018 Gr.5: Lead4Life Vrydag, 20 Julie 2018 Netbalkliniek (0/12 en 0/13) Vrydag, 20 Julie 2018 WOW speltoets >> SIEN DIE VOLLEDIGE DAGBOEK << ALGEMEEN Mense van Kaapstad Ons skool is gelukkig genoeg om in die middel van die mooie Kaapstad te wees. Maar dis nie net Tafelberg, die mooi strande en die interessante geboue om ons wat die stad so spesiaal maak nie. Dis ook haar mense! Daar bly 3,7 miljoen mense in Kaapstad. Met ons nuwe Jannies-projek, wil ons leerders inspireer met die besonderse en uiteenlopende mense wat hier bly. Ons wil hulle ook herinner dat ons ‘n belangrike gemeenskap in die moederstad is. Ons wil gereeld sprekers nooi wat presies dit gaan doen. So kan ons leer en inspireer! Laat weet wie jou inspireer. Wie wil jy graag hê moet met ons kom gesels? Leerders, onderwysers en ouers...
Tennis-rondomtalie
Ons hou op Woensdag, 20 Junie, vir die gr 4-7 leerders 'n oggend waar ons vriendskaplik teen mekaar gaan tennis speel. 'n E-pos is aan die ouers gestuur waar hulle die kinders in 'n google vorm, voor Vrydag 15 Junie, kon inskryf. Ons is oorweldig deur die goeie terugvoer wat ons ontvang het. Dis wonderlik om te sien hoe baie kinders wil deelneem. Ons sal 'n paar ekstra rakette hê vir die kinders. Ouers is welkom om te kom...
Ouerbesoeke, Portefeuljedag
Op Dondermiddag, 19 Julie 2018, vanaf 15:00 - 19:00 sal ouers van graad 4 - 7 die geleentheid kry om onderskeie onderwysers rakende hul kind se vordering te spreek. Maak asb. individuele afsprake by die skoolsekretaresse, Adri Marais. Tydens hierdie 15 minute afspraak kry u die geleentheid om ook na u kind se skoolwerk/vraestelle, ens. te...
Hoërskoolnuus
Twee graad 12-leerders van Hoërskool Jan van Riebeeck, Theodore Pauw en Louise Goethals, het twee posisies in die Top 15 van die De Beers Engels Nasionale Olimpiade losgeslaan. Dit is ‘n uitsonderlike prestasie, synde daar meer as 6400 inskrywings landswyd vir die olimpiade was. Louise en Theodore is genooi na die Grahamstown National Schools Festival in Julie, waar die top posisies op 10 Julie aangekondig sal word. Theodore is een van ons skool se...
Trotse Jannie
Naam en van: Hally Arendse Graad: 4S Waar bly jy?: Elsiesrivier Gunsteling vak: SK (Skeppende Kuns) en LO (Lewensoriëntering) "Ek is ‘n trotse Jannie, want ek is goed in netbal."
Skaakuitslae 8 Junie 2018
Ons skaakspan het laas Vrydag, 8 Junie, teen die Deutsche Schule 5 - 1 gewen. Dit was ons laaste skaakwedstryd vir die kwartaal. Ons skaakspelers was hierdie kwartaal onoorwonne!! Hierdie is regtig 'n wonderlike prestasie!
Jannies Talent – 20 Junie
Almal is welkom by Jannies Talent op Woensdagaand 20 Junie om 18:30. Kaartjies sal by die deur te koop wees : R60 vir volwassenes en R30 vir kinders. Ons hoop so veel as moontlik van ons leerders en ouers kom die aand bywoon. Dis 'n heerlike gesellige aand waar ons leerders se talente ten toongestel word. Daar sal vooraf versnaperinge verkoop word. Sien julle...
Musiekkonserte
Onthou asb van die twee musiekkonserte volgende week: Maandag 8:15 (oggend): Gr 4 en 5 musiekleerders Dinsdag 8:15 ( oggend) : Gr 6 en 7 musiekleerders By albei geleenthede sal die Seniorkoor, sommer aan die begin, optree. Alle ouers en belangstellendes is welkom om die konserte by te...
Belangrike Datums
augustus 2026
september 2026