Saterdag, 9 Junie, is agt van ons leerders genooi na die Horizon Math Competition se prysuitdeling. Dit was die eerste keer dat ons leerders deelgeneem het aan die kompetisie en hulle het uitstekend gevaar. Hulle het ook gewys dat Engels hulle nie belemmer om te presteer nie.
Daar is altesaam 6954 leerders wat aan die kompetisie deelgeneem het. Daar het 758 leerders gekwalifiseer vir die tweede rondte. Na die rondte was die top 200 leerders genooi om die prysuitdeling by te woon. Die prysuitdeling was gehou in die Baxter. Dit was ‘n goed georganiseerde prysuitdeling.
Die name van al die wenners is vanaf 200 – 1 gelees en die spanning het hoog geloop aangesien niemand geweet het waar hulle geeïndig het nie. Die finale uitslae was:
109de Peet Karsten
104de Chris Scott
86ste Christiaan Stimie
79ste Henri Malan
43ste Dawid Adler
33ste Gerard Snijders
31ste Stef Mostert
11de Benjamin Pienaar

Ons leerders het weereens gewys ons kan teen enige skool kompeteer en ons staan vir niemand terug nie. Baie dankie aan mnr. Hanekom en elke ouer wat die leerders vergesel het.