Omdat daar nie saal was tydens die eksamen nie, het ons sommer 3 Jannies die week.
Hulle is Frank van der Walt in Gr 1, Lara Basson in Gr 3 en Adriaan Wessels in Gr 1. Baie geluk julle – dankie dat julle so gereeld herwin – hou asb aan! Geniet die R100 Col’Cacchios geskenkbewys.
Onthou dat die depot Vrydag saam met die skool sluit. Maak gebruik van Recycle 1st se dienste tydens die vakansie of stapel op totdat die skole weer heropen.
Plastiek wat slegs een maal gebruik word, is in die kollig. Hierdie items beland dikwels in die natuur, veral in die oseane. Dit word deur visse geëet en eindig op in ons borde! Kom ons onderneem om altyd ‘n lap inkopiesak byderhand te hê en nooit plastieksakkies by die supermark te koop nie. Kom ons probeer ook om ‘nee’ te sê vir strooitjies. Kyk mooi na ons Liewe Aarde waar julle ook al met vakansie gaan.