Laerskool Jan van Riebeeck Nuus

Liewe Ouers,

Datums

Vrydag, 15 Junie 2018 Landloop: St. Augustines

Vrydag, 15 Junie 2018 Eksamen eindig

Saterdag, 16 Junie 2018 Jeugdag

Maandag, 18 Junie 2018 Gr.6: Lead4Life

Maandag, 18 Junie 2018 Gr.4&5: Musiekkonsert

Dinsdag, 19 Junie 2018 Gr.6&7: Musiekkonsert (die seniorkoor tree op)

Woensdag, 20 Junie 2018 Jannies Talent

Woensdag, 20 Junie 2018 Magriet (juffrou) verjaar

Donderdag, 21 Junie 2018 Markdag

Donderdag, 21 Junie 2018 Sivvies

Vrydag, 22 Junie 2018 Skole sluit om 10:30

Sondag, 24 Junie 2018 Salomé (IT) verjaar

Sondag, 8 Julie 2018 Leon Hanekom (onderwyser) verjaar

Sondag, 8 Julie 2018 Claudia Josephus (Assistent) verjaar

Woensdag, 11 Julie 2018 Shannon Smuts (Snoepie) verjaar

Dinsdag, 17 Julie 2018 Skole heropen vir derde kwartaal

Donderdag, 19 Julie 2018 Ouerafsprake; Portefeuljedag

Vrydag, 20 Julie 2018 Gr.5: Lead4Life

Vrydag, 20 Julie 2018 Netbalkliniek (0/12 en 0/13)

Vrydag, 20 Julie 2018 WOW speltoets

>> SIEN DIE VOLLEDIGE DAGBOEK <<

ALGEMEEN

Ons skool is gelukkig genoeg om in die middel van die mooie Kaapstad te wees. Maar dis nie net Tafelberg, die mooi strande en die interessante geboue om ons wat die stad so spesiaal maak nie. Dis ook haar mense! Daar bly 3,7 miljoen mense in Kaapstad. Met ons nuwe Jannies-projek, wil ons leerders inspireer met die besonderse en uiteenlopende mense wat hier bly. Ons wil hulle ook herinner dat ons ‘n belangrike gemeenskap in die moederstad is. Ons wil gereeld sprekers nooi wat presies dit gaan doen. So kan ons leer en inspireer!

Laat weet wie jou inspireer. Wie wil jy graag hê moet met ons kom gesels? Leerders, onderwysers en ouers is almal welkom om voorstelle te stuur na: mensevankaapstad@jvrprim.co.za

Naam en van:

Hally Arendse

Graad: 4S

Waar bly jy?: Elsiesrivier

Gunsteling vak:

SK (Skeppende Kuns) en LO (Lewensoriëntering)

“Ek is ‘n trotse Jannie, want ek is goed in netbal.”

Twee graad 12-leerders van Hoërskool Jan van Riebeeck, Theodore Pauw en Louise Goethals, het twee posisies in die Top 15 van die De Beers Engels Nasionale Olimpiade losgeslaan.

Dit is ‘n uitsonderlike prestasie, synde daar meer as 6400 inskrywings landswyd vir die olimpiade was.

Louise en Theodore is genooi na die Grahamstown National Schools Festival in Julie, waar die top posisies op 10 Julie aangekondig sal word. Theodore is een van ons skool se oud-leerders.

AKADEMIE

Op Dondermiddag, 19 Julie 2018, vanaf 15:00 – 19:00 sal ouers van graad 4 – 7 die geleentheid kry om onderskeie onderwysers rakende hul kind se vordering te spreek.

Maak asb. individuele afsprake by die skoolsekretaresse, Adri Marais.

Tydens hierdie 15 minute afspraak kry u die geleentheid om ook na u kind se skoolwerk/vraestelle, ens. te kyk.

---

KULTUUR

Die Seniorkoor is vreeslik opgewonde oor die pragtige skild wat hulle Saterdag huis toe gebring het. Hulle is as Episode Kampioen aangewys by Sing in Harmonie se koorkompetisie en moet weer in die finale rondte op 6 Desember deelneem. Baie dankie aan al die ouers wat kinders aangery het en die koor kom ondersteun het. Die program word elke Sondagmiddag om 16:00 op Kyknet Nou uitgesaai. Ons sal laat weet as ons skool aan die beurt kom. Welgedaan aan elke koorlid!!

Onthou asb van die twee musiekkonserte volgende week:

Maandag 8:15 (oggend): Gr 4 en 5 musiekleerders

Dinsdag 8:15 ( oggend) : Gr 6 en 7 musiekleerders

Die seniorkoor tree slegs Dinsdagoggend aan die begin van die konsert op, omdat die graad ses-leerders Maandag besig is met ‘n Lead4Life-kursus en daar te min koorlede oorbly om op Maandag te sing.

Alle ouers en belangstellendes is welkom om die konserte by te woon.

Almal is welkom by Jannies Talent op Woensdagaand 20 Junie om 18:30.

Kaartjies sal by die deur te koop wees : R60 vir volwassenes en R30 vir kinders.

Ons hoop so veel as moontlik van ons leerders en ouers kom die aand bywoon. Dis ‘n heerlike gesellige aand waar ons leerders se talente ten toongestel word. Daar sal vooraf versnaperinge verkoop word. Sien julle daar!

SPORT

Ons hou op Woensdag, 20 Junie, vir die gr 4-7 leerders ‘n oggend waar ons vriendskaplik teen mekaar gaan tennis speel. ‘n E-pos is aan die ouers gestuur waar hulle die kinders in ‘n google vorm, voor Vrydag 15 Junie, kon inskryf.

Ons is oorweldig deur die goeie terugvoer wat ons ontvang het. Dis wonderlik om te sien hoe baie kinders wil deelneem. Ons sal ‘n paar ekstra rakette hê vir die kinders. Ouers is welkom om te kom kyk.

​Ons skaakspan het laas Vrydag, 8 Junie, teen die Deutsche Schule 5 – 1 gewen. Dit was ons laaste skaakwedstryd vir die kwartaal. Ons skaakspelers was hierdie kwartaal onoorwonne!! Hierdie is regtig ‘n wonderlike prestasie!

Die landloop is nog volstrek aan die gang en Laerskool Jan van Riebeeck se landlopers het besonder goed in die afgelope twee Vrydae se wedlope gevaar. Ons is baie trots op ons leerders se prestasies, aangesien dit groot byeenkomste met talle deelnemers is. Die prestasies lyk as volg:

---

Kliek HIER vir advertensies van die week

“Supposing a tree fell down, Pooh, when we were underneath it?”

”Supposing it didn’t,” said Pooh. After careful thought Piglet was comforted by this. – A.A. Milne

Vriendelike groete

J.H. Oosthuizen

SKOOLHOOF

Laerskool Jan van Riebeeck
Kloofstraat 52, Tuine, Kaapstad, 8001
021 423 4209