Mathlete van die week
Die top 3 prestasies is: 3. Kate Mouton 2 240 punte 2. Emily Roff 3 561 punte 1. Jan-Willem Silvis 8210 punte Baie geluk Jan-Willem!
Skaakuitslae, 17 Aug.
Ons agt skaakspelers het behoorlik hulle skuiwe strategies beplan en vir Herzlia Highlands 6-2 geklop. Ons ligawedstryde hierdie jaar is iets om dop te hou, aangesien ons spanlede sover nog nie 'n wedstryd verloor het nie!!
Nuusbrief van 17 Augustus 2018
Laerskool Jan van Riebeeck Nuus Liewe Ouers, Datums Vrydag, 17 Augustus 2018 Skaak @ Highlands WEG Saterdag, 18 Augustus 2018 SPORTDAG: Dirkie Uys TUIS Woensdag, 22 Augustus 2018 Rugby teen Table View WEG Donderdag, 23-26 Augustus 2018 Blanco sportnaweek GEORGE Vrydag, 24 Augustus 2018 WOW Spelkompetisie KOEBERG PRIMêR Vrydag, 24 Augustus 2018 Ben Reynecke (musiek) verjaar Vrydag, 24 Augustus 2018 Skaak teen Phyllis Jowell TUIS Saterdag, 25 Augustus 2018 Dapperstappers, Kromrivier-roete/du Toitskloof Maandag, 27 Augustus 2018 Junior/Seniorkore: Sing by Artscape Teater Maandag, 27 Augustus 2018 GEEN sportaktiwiteite nie Dinsdag, 28 Augustus 2018 Netbal: Vriendskaplik teen Ellerton, 0/12B en 0/13B WEG Woensdag, 29 Augustus 2018 Rugby teen Edgemead WEG Woensdag, 29 Augustus 2018 Liewe Aarde sivvies Vrydag, 31 Augustus 2018 Sivvies Vrydag, 31 Augustus 2018 Skaak teen St Cyprians WEG Vrydag, 31 Augustus 2018 Philip Chimukuyu(heksekuriteit) verjaar Saterdag, 1 September 2018 Rugby 7's Toernooi (Slegs 0/11 - 0/13) Sondag, 2 September 2018 Liezel de Jager (Juffrou) verjaar Maandag, 3 September 2018 Begin met Somersport Maandag, 3 September 2018 Sanna Molepo (terrein) verjaar Dinsdag, 4 September 2018 Gr.7 ATKV Olimpiade SKOOL Dinsdag, 4 September 2018 Patrick Chadzuka (terrein) verjaar Woensdag, 5 September 2018 Fotodag: Winter sportsoorte Donderdag, 6 September 2018 Loslitdag: "Be a everyday superhero" >> SIEN DIE VOLLEDIGE DAGBOEK << UIT DIE HOOF SE KANTOOR Vraelys wat ouers voltooi het Baie dankie aan almal wat die vraelys voltooi het. Ons het 261 voltooide vorms ontvang wat baie goed is! As algemene opsomming kan ons sê dat in die meeste gevalle meer as 80% van ons ouers baie tevrede is, Aspekte waaroor ons baie bly is, is dat 97% van...
Trotse Jannie
Naam en van: Sarah Davids Graad: 5S Waar bly jy?: Pinelands Gunsteling vak: Wiskunde, want mnr. van der Bank is my onderwyser. Ek is ‘n trotse Jannie, want ek het baie vriende en almal het respek vir my. Ek is baie goed in netbal en sokker.
Landloopuitslae vir die WP-byeenkoms, 11 Aug
Ons is baie trots op Scarlett van der Merwe wat op 11 Aug aan die WP-landloopbyeenkoms deelgeneem het. Sy het 17de geëindig. Ongelukkig moes sy onder die top 6 eindig om na die volgende rondte te gaan. Ons is egter steeds baie trots op haar prestasie en al haar harde...
Woord van die week 71
mengelmoes Wenner: Lisa Best (Graad 6dJ) Definisie: 'n Versameling van voorwerpe of stowwe van uiteenlopende aard. Sin: Ek het my nuwe kamer versier met 'n mengelmoes van kleure.
Strategiese vraelys antwoorde
Ons wil graag die antwoorde wat ons ontvang het van die strategiese vraelys met julle deel. Neem kennis dat alle kommentaar uitgelaat is en dat ons slegs die grafieke van die keusevrae publiseer. [pdf-embedder url="https://laerskooljanvanriebeeck.co.za/wp-content/uploads/2018/08/LJvR-Strategiese-vraelys-2018.pdf" title="LJvR Strategiese vraelys...
Hoërskoolnuus
Hoërskool Jan van Riebeeck se interskole is komende Saterdag. Sien wedstrydprogram: Volgende week Woensdag (22 Augustus) is dit tyd vir ons jaarlikse kultuuraand, Stampvol, waar die toneelgroep en verskeie ander leerders met hul talente gaan spog. Die Ondier, deur Phillip Rademeyer, beloof om weer baie goed te vaar by die ATKV-toneelkompetisie en u kan dit op dié aand heel eerste sien! Kaartjies kos R50 vir leerders en R100 vir ouers (die ouers kry ‘n glasie wyn en eetgoed voor die tyd). Die vertoning begin om 19:00. Daar sal wyn te koop aangebied word en die snoepie sal oop wees vir ander eetgoed. U kan kaartjies deur die Karri-toepassing, by Petula by Ontvangs of die aand by die deur koop. Ons wil u egter aanraai om gou te spring, want dit is ‘n baie gewilde aand wat vinnig uitverkoop! ...
Kunsprestasie
Baie geluk aan Simon van Dyk en Markus de Ridder(gr. 3) wat 'n groot prestasie behaal het tydens die onlangse WKOD kunskompetisie. Hulle is twee van slegs sestien finaliste wie se werk gekies is om die Metropool Sentraal distrik te verteenwoordig tydens die Provinsiale kunsuitstalling in September by die P. J. Olivier kunssentrum in Stellenbosch. Al die ander inskrywings uit die Metropool Sentraal was werklik van 'n hoogstaande gehalte en daarom maak dit hierdie twee leerlinge se werk, getiteld " Together we can" werklik merkwaardig. Hier staan Simon en Markus saam met hul kunsjuffrou, juf. Van der Merwe, met hul sertifikate. Ons is baie trots op...
Rugbyuitslae teen Curro Century City, 15 Aug
Ons het 'n baie goeie middag teen Curro Century City gehad. Al ons spanne het hul wedstryde gewen. O/7 wen 7 - 0 O/8 wen 5 - 1 O/9 wen 3 - 2 O/11 wen 24 - 0 O/13 wen 20 - 19
Netbaluitslae teen Parklands, 15 Aug
Al was die verkeer in en uit die stad baie druk het ons baie lekker vriendskaplike wedstryde teen Parklands gespeel. Die uitslae is soos volg: O/9 A 15 - 1 (wen) O/9 B 0 -1 (verloor) teen O/9 O/10 A 9 - 4 (wen) O/10 B 4 - 0 (wen) O/11 A 9 - 6 (wen) O/11 B 4 - 2 (wen)< O/12 A 10 - 8 (wen) O/12 B 3 - 2...
Rugbyuitslae teen Sunningdale,13 Aug.
Ons het op die Hoërskool se Buysveld teen Sunningdale se spanne gespeel. Dit het baie goed gegaan met ons rugbyspanne. Die uitslae vir die dag is: O/ 7 wen 3 - 2 O/8 wen 10 - 0 O/9 verloor 4 - 5 O/11 wen 74 - 5 O/13 wen 31 -12 Vanaf O/7 tot O/9 ... dui ons die aantal drieë...
Oupa-en Oumadag
Kaartjies vir die komende Oupa-en Oumadag verkoop nou baie vinnig uit! Daar is bitter min kaartjies beskikbaar. Kaartjies wat gekoop is, sal eers die laaste week voor die groot dag uitgedeel word om seker te maak die kaartjies gaan nie verlore nie. Toegang is slegs met 'n...
Liewe Aarde Nuus, 17 Aug
Baie geluk aan Sophia Derksen wat laas week Jannie van die week was en ook aan Ewan en Ruald Naude wat die week is. Dankie dat julle so gereeld herwin – hou so aan! Geniet die R100 Col’Cacchios geskenkbewys. Ons benodig nog leë 2L melkbottels asb.! Die kunsprojek vorder goed, maar die tyd raak al minder – bring asb julle leë 2L melkbottels na Matthews by die inry-hek. Die geld wat ons Liewe Aarde depot maak uit al julle ‘rommel’ gaan vir struike betaal wat ons tydens Boomplantweek in die potte op die vierkant gaan plant. Baie dankie aan elkeen wat by die skool herwin om sodoende ook ‘n bietjie ekstra geld vir die skool te maak! Hou die Nuusbrief dop vir meer inligting oor...
Netbaluitslae teen Curro Durbanville, 7 Aug
Die kort week het ons nie gestop nie en as dit nie Maandag gereën het nie sou ons twee wedstryde in die week gespeel het. Ongelukkig het Maandag se wedstryde uitgereën, maar Dinsdag het ons nie vir die paar druppels geskrik nie. Die uitslae is soos volg: O/9 A 15 - 5 (wen) O/9 B 5 - 0 (wen) O/10 A 18 - 3 (wen) O/10 B 5 - 3 (wen) O/11 A 2 - 5 (verloor) O/12 A 10 - 8 (wen) O/12 B 6 - 2...
Belangrike Datums
augustus 2026
september 2026