Laerskool Jan van Riebeeck Nuus

Liewe Ouers,

Datums

Vrydag, 17 Augustus 2018 Skaak @ Highlands WEG

Saterdag, 18 Augustus 2018 SPORTDAG: Dirkie Uys TUIS

Woensdag, 22 Augustus 2018 Rugby teen Table View WEG

Donderdag, 23-26 Augustus 2018 Blanco sportnaweek GEORGE

Vrydag, 24 Augustus 2018 WOW Spelkompetisie KOEBERG PRIMêR

Vrydag, 24 Augustus 2018 Ben Reynecke (musiek) verjaar

Vrydag, 24 Augustus 2018 Skaak teen Phyllis Jowell TUIS

Saterdag, 25 Augustus 2018 Dapperstappers, Kromrivier-roete/du Toitskloof

Maandag, 27 Augustus 2018 Junior/Seniorkore: Sing by Artscape Teater

Maandag, 27 Augustus 2018 GEEN sportaktiwiteite nie

Dinsdag, 28 Augustus 2018 Netbal: Vriendskaplik teen Ellerton, 0/12B en 0/13B WEG

Woensdag, 29 Augustus 2018 Rugby teen Edgemead WEG

Woensdag, 29 Augustus 2018 Liewe Aarde sivvies

Vrydag, 31 Augustus 2018 Sivvies

Vrydag, 31 Augustus 2018 Skaak teen St Cyprians WEG

Vrydag, 31 Augustus 2018 Philip Chimukuyu(heksekuriteit) verjaar

Saterdag, 1 September 2018 Rugby 7’s Toernooi (Slegs 0/11 – 0/13)

Sondag, 2 September 2018 Liezel de Jager (Juffrou) verjaar

Maandag, 3 September 2018 Begin met Somersport

Maandag, 3 September 2018 Sanna Molepo (terrein) verjaar

Dinsdag, 4 September 2018 Gr.7 ATKV Olimpiade SKOOL

Dinsdag, 4 September 2018 Patrick Chadzuka (terrein) verjaar

Woensdag, 5 September 2018 Fotodag: Winter sportsoorte

Donderdag, 6 September 2018 Loslitdag: “Be a everyday superhero”

>> SIEN DIE VOLLEDIGE DAGBOEK <<

UIT DIE HOOF SE KANTOOR

Vraelys wat ouers voltooi het

Baie dankie aan almal wat die vraelys voltooi het. Ons het 261 voltooide vorms ontvang wat baie goed is!

As algemene opsomming kan ons sê dat in die meeste gevalle meer as 80% van ons ouers baie tevrede is, Aspekte waaroor ons baie bly is, is dat 97% van ons ouers aangedui het dat hul kind(ers) gelukkig is in die skool, 98% het aangedui dat u kind se onderwyser(s) toegewyd is aan hulle taak en 95% het aangedui dat hulle welkom voel by die skool.

Daar is egter drie aspekte waaraan ons meer aandag sal moet gee, naamlik diversiteit, godsdiens en sport. Die beheerliggaam is reeds besig om aan hierdie aspekte te werk en sal voor die einde van hierdie kwartaal aan u terugvoering gee wat ons beoog om te doen en te verander. Om seker te maak dat almal van u dit lees, sal ons dit op die laaste dag saam met u kind se rapport huis toe stuur.

Ons wil graag die antwoorde wat ons ontvang het van die strategiese vraelys met julle deel. Neem kennis dat alle kommentaar uitgelaat is en dat ons slegs die grafieke van die keusevrae publiseer.

GRAFIEKE

ALGEMEEN

Kaartjies vir dié geleentheid, verkoop baie vinnig uit!

Kaartjies wat NIE op die Karri-app gekoop word nie, kan direk by mev. Marlene Jooste gekoop word by die skool, maar moenie wag nie anders word jy dalk teleurgestel. Toegang slegs per kaartjie.

Koste beloop R100 pp of R140 as daar ‘n bossie blomme bygekoop word.

Baie geluk aan Sophia Derksen wat laas week Jannie van die week was en ook aan Ewan en Ruald Naude wat die week is. Dankie dat julle so gereeld herwin – hou so aan! Geniet die R100 Col’Cacchios geskenkbewys.

Ons benodig nog leë 2L melkbottels asb! Die kunsprojek vorder goed, maar die tyd raak al minder – bring asb julle leë 2L melkbottels na Matthews by die inry-hek.

Die geld wat ons Liewe Aarde depot maak uit al julle ‘rommel’ gaan vir struike betaal wat ons tydens Boomplantweek in die potte op die vierkant gaan plant.

Baie dankie aan elkeen wat by die skool herwin om sodoende ook ‘n bietjie ekstra geld vir die skool te maak!

Hou die Nuusbrief dop vir meer inligting oor Lente-struikplant-dag!

Naam en van: Sarah Davids

Graad: 5S

Waar bly jy?: Pinelands

Gunsteling vak: Wiskunde, want mnr. van der Bank is my onderwyser.

Ek is ‘n trotse Jannie, want ek het baie vriende en almal het respek vir my. Ek is baie goed in netbal en sokker.

Een van die dogters in die projek het onlangs ‘n traumatiese voorval oorleef.

Die maatskaplike werker wat ons bystaan met die projek, is bekommerd oor haar en ons reël tans vir haar berading.

Ons wil vir haar ‘n versorgingspakkie stuur – enige skenkings van boeke, tienerklere of persoonlike items sal hoog op prys gestel word.

Stuur asb saam skool toe na Adri by ONTVANGS.

Vrydagaand se Bring & Raai quiz aand was ’n reuse sukses.

Baie dankie aan elke ouer en onderwyser wat die aand bygewoon het en so ‘n bydrae vir die Speelgrond-fonds gemaak het.

Ons het R16 500 wins gemaak en dit sal aangewend word vir die speelterrein.

Dankie ook aan PKF ouditeure wat op die aand vir ons die punte telling hanteer het. Mano Caldis het as quiz meester opgetree en het die mense behoorlik op hulle tone gehad.

Die uitslae was as volg:

Rondte 01 wenner: E=MC Hammer (spanleier Christelle Pansegrouw)

Rondte 02 wenner: Flink Drinkers (spanleier Sunelle Fouche)

Rondte 03 wenner: BrilJantjies (spanleier Maresna Van Schoor)



Die algehele wenners volgens die puntetelling vir al 3 rondtes tesame:

1ste plek: E=MC Hammer (spanleier Christelle Pansegrouw)

2de plek: Watsenaam (spanleier Mari Stimie)

3de plek: BrilJantjies (spanleier Maresna Van Schoor)

Baie geluk aan al hierdie spanne!



Daar het ‘n paar serpe en sakke agter gebly. Kontak asseblief vir Karien Zulch by 083 445 0980 vir verlore goedere.

Ons hoop om julle volgende jaar weer by hierdie lekker funksie te sien.

Hoërskool Jan van Riebeeck se interskole is komende Saterdag. Sien WEDSTRYDPROGRAM



Volgende week Woensdag (22 Augustus) is dit tyd vir ons jaarlikse kultuuraand, Stampvol, waar die toneelgroep en verskeie ander leerders met hul talente gaan spog. Die Ondier, deur Phillip Rademeyer, beloof om weer baie goed te vaar by die ATKV-toneelkompetisie en u kan dit op dié aand heel eerste sien! Kaartjies kos R50 vir leerders en R100 vir ouers (die ouers kry ‘n glasie wyn en eetgoed voor die tyd). Die vertoning begin om 19:00. Daar sal wyn te koop aangebied word en die snoepie sal oop wees vir ander eetgoed. U kan kaartjies deur die Karri-toepassing, by Petula by Ontvangs of die aand by die deur koop. Ons wil u egter aanraai om gou te spring, want dit is ‘n baie gewilde aand wat vinnig uitverkoop!

PROGRAM

AKADEMIE

Let asseblief op die datums vir kultuur, sport en akademie soos op die kalender aangedui. Belangrike inligting word voorsien vir die laaste drie weke van die kwartaal – onder andere die gr. 4 – 7 prysuitdelingsgeleenthede wat hierdie jaar op een dag aangebied word.

Baie geluk aan Anna van Biljon en Peet Karsten wat verlede naweek aan die Spelling Bee kompetisie deelgeneem het. Laerskool Jan van Riebeeck was die enigste Afrikaanse skool wat deelgeneem het. Die kompetisie is die ekwivalent van die Afrikaanse WOW-spelkompetisie.

Anna het deurgedring tot die 3de rondte en Peet is onder die top 3 en dring dus na Provinsiale vlak deur. Baie geluk julle en sterkte Peet met die voorbereiding vir die volgende rondte!

Kontak vir Marinda Brink (marinda@jvrprim.co.za) indien u (ouer/grootouer/student) graag as ‘n vrywilliger betrokke wil raak om gratis huiswerkklasse aan leerders (op individuele basis) te bied wat ekstra ondersteuning benodig.

Die top 3 leerders van die week was:

3. Lea de Ridder: 3160 punte

2. Pieter Luttig 3961 punte

1. Henry Joubert 6092 punte

Baie geluk Henry!

Die top 3 leerders van verlede week was:

3. Helene Greef: 1927 punte

2. Henry Joubert: 5109 punte

1. Jana Maree: 6355 punte

Baie geluk Jana!

Die skool het verlede jaar ‘n paar leerders ingeskryf vir die Metropool-Sentraal Afrikan Skryfkompetisie. Die uitslae het ons uiteindelik bereik! Ons is trots op ons Jannies wat so kreatief kan skryf. Baie geluk aan die volgende wenners:

Gr.4 (huidige Gr.5’s)

Eerste plek – Kiaan Eksteen

Tweede plek – Stella Malan

Derde plek – Ben Terblanche

Gr.5 (huidige Gr.6’e)

Eerste plek – Alet Hitge

Tweede plek – Bernard Lombaard

Gr.6 (huidge Gr.7’s)

Eerste plek – Stef Mostert

Tweede plek – Anna Kannemeyer

Derde plek – Lili Louw

Tydens die langnaweek het ‘n groep graad ses- en sewe-leerders ‘n Wiskundekamp by die skool bygewoon wat die Donderdag begin het. Daar is spoedtoetse, probleemsomme en spanwerk gedoen en tussenin is daar ook pretaktiwiteite aangebied.

Mnr. Wayne Smit het ‘n aktiwiteit kom aanbied en die leerders het dit baie geniet. Dankie aan die meneer en juffrou Hanekom en meneer Smit vir die reëlings en aanbieding.

mengelmoes

Wenner: Lisa Best (Graad 6dJ)

Definisie: ‘n Versameling van voorwerpe of stowwe van uiteenlopende aard.

Sin: Ek het my nuwe kamer versier met ‘n mengelmoes van kleure.

---

KULTUUR

Alle koorouers neem asb kennis van die volgende reëlings:

Op 27 Augustus , wanneer albei ons kore die aand aan die Skole Musiekfees deelneem, sal alle koorlede om 13:00 per bus na die Kunstekaap vervoer word. Ons oefentyd daar sal teen 15:00 klaar wees. Alle leerders sal dan weer terug skool toe geneem word. Indien ouers hulle by die Kunstekaap wil kom haal, sal hulle net op die presensielys moet afteken.

Alle koorlede moet klaar eet voor hulle die aand daar aankom. Bring slegs ‘n boek om te lees terwyl ons wag, geen speletjies of waardevolle artikels nie.

Alle koorlede moet om 18:00 terug by die Kunstekaapteater wees, geklee in netjiese winterskooldrag:

Seuns: Lang grys broek, grys sokkies, swart skoene, wit langmouhemp en skooldas.

Dogters: Donkerblou skoolromp, wit langmouhemp, skooldas, dik swart lang kouse, swart skoene , hare in 2 bokstertjies langs die gesig met oranje en blou gestreepte lint ( by juf Groenewald te kry of by die klerebank).

Die verrigtinge begin om 19:00 en sal teen ongeveer 21:30 klaar wees. Alle koorlede wat na afloop van hulle optrede afgehaal word, MOET eers by juf Groenewald of mnr Ben uitteken.

Enige ouers wat bereid is om met toesig te help, kontak asb vir juffrou Groenewald. Dit sal baie waardeer word aangesien dit ‘n groep van 150 leerders is. Kaartjies is by Computicket te koop onder Skole Musiekfees.

Enige verdere vrae, kontak Helecia by 083 725 4966

Onthou asb die ekstra kooroefening vir die Seniorkoor op Saterdagoggend 8 September van 9:30 – 12:30.

Almal moet daar wees.

Baie geluk aan Simon van Dyk en Markus de Ridder(gr. 3) wat ‘n groot prestasie behaal het tydens die onlangse WKOD kunskompetisie.

Hulle is twee van slegs sestien finaliste wie se werk gekies is om die Metropool Sentraal distrik te verteenwoordig tydens die Provinsiale kunsuitstalling in September by die P. J. Olivier kunssentrum in Stellenbosch.

Al die ander inskrywings uit die Metropool Sentraal was werklik van ‘n hoogstaande gehalte en daarom maak dit hierdie twee leerlinge se werk, getiteld ” Together we can” werklik merkwaardig.

Hier staan Simon en Markus saam met hul kunsjuffrou, juf. Van der Merwe, met hul sertifikate.

Ons is baie trots op julle!

SPORT

Op 27 Julie het die onderstaande leerders aan die Distrikkampioenskappe vir Ritmiese Gimnastiek deelgeneem en almal hul distrikkleure verwerf.

Mia Voster – Vlak 5

Anna Joubert- Vlak 6

Maria Joubert- Vlak 6

Layla Erasmus – Vlak 6

Hulle neem op 1 September aan die WP Kampioenskappe in Wynberg deel.

Baie sterkte, ons hou styf duimvas!

Ons skaak-, O/13 rugby- en netbalspanne het vir die eerste keer aan hierdie naweektoernooi deelgeneem.

Die rugby het sterk kompetisie gehad en ongelukkig beide hul wedstryde verloor, maar pragtige rugby gespeel! Al het van die ouens in Gansbaai se rugbyspan soos Hoërskoolkinders gelyk, het ons manne glad nie vir hulle teruggestaan nie.

Ons netbalspan het 3 wedstryde gehad en al 3 baie oortuigend gewen.

Die lede van die skaakspan het elk 6 wedstryde gespeel en ons skool het 2de geeïndig vir die dag.

Dit was ‘n heerlike naweek en ons is baie trots op almal. Ons hoop om volgende jaar weer aan hierdie toernooi deel te neem en sommer meer spanne saam te neem.

Hierdie is altyd ‘n baie lekker toernooi waar ons sommer baie wedstryde speel. Party kinders het 6 wedstryde gespeel omdat hul spanmaats nie opgedaag het nie.

Die O/10 B span speel 3 wedstryde waarvan hul 1 wen, die O/10 C span speel 3 wedstryde waarvan hulle 2 wen.

Die O/11 B span speel 3 wedstryde, wen 2 en die O/11 C span speel ook 3 wedstryde, wen 2.

Goeie werk dogters en afrigters. Hou so aan!

Ons het ‘n baie goeie middag teen Curro Century City gehad. Al ons spanne het hul wedstryde gewen.

O/7 wen 7 – 0

O/8 wen 5 – 1

O/9 wen 3 – 2

O/11 wen 24 – 0

O/13 wen 20 – 19

Ons het op die Hoërskool se Buysveld teen Sunningdale se spanne gespeel. Dit het baie goed gegaan met ons rugbyspanne. Die uitslae vir die dag is:

O/ 7 wen 3 – 2

O/8 wen 10 – 0

O/9 verloor 4 – 5

O/11 wen 74 – 5

O/13 wen 31 -12

Vanaf O/7 tot O/9 ….dui ons die aantal drieë aan.

Ons is baie trots op Scarlett van der Merwe wat op 11 Aug aan die WP-landloopbyeenkoms deelgeneem het.

Sy het 17de geëindig. Ongelukkig moes sy onder die top 6 eindig om na die volgende rondte te gaan.

Ons is egter steeds baie trots op haar prestasie en al haar harde werk.

Al was die verkeer in en uit die stad baie druk het ons baie lekker vriendskaplike wedstryde teen Parklands gespeel. Die uitslae is soos volg:

O/9 A 15 – 1 (wen)

O/9 B 0 -1 (verloor) teen O/9

O/10 A 9 – 4 (wen)

O/10 B 4 – 0 (wen)

O/11 A 9 – 6 (wen)

O/11 B 4 – 2 (wen)<

O/12 A 10 – 8 (wen)

O/12 B 3 – 2 (wen)

Die begin van die TWEEKAMPSEISOEN is om die draai en ek nooi enige leerder uit wat graag sal wil deelneem. Laerskool Jan van Riebeeck het verlede jaar 3de geeïndig by die Interprovinsiale Tweekampbyeenkoms en ons sal graag hierdie seisoen ons prestasie wil verbeter.

Dit is vir alle ouderdomme vanaf gr.1-7.

Die eerste oefeninge begin Maandag 3 September.

Indien jy enige verdere inligting verlang kan jy my kontak by leon@jvrprim.co.za

---

Kliek HIER vir advertensies van die week

Leaders inspire accountability through their ability to accept responsibility before they place blame.

– Michael Josephson

Vriendelike groete

J.H. Oosthuizen

SKOOLHOOF

Laerskool Jan van Riebeeck
Kloofstraat 52, Tuine, Kaapstad, 8001
021 423 4209