Baie geluk aan Sophia Derksen wat laas week Jannie van die week was en ook aan Ewan en Ruald Naude wat die week is. Dankie dat julle so gereeld herwin – hou so aan! Geniet die R100 Col’Cacchios geskenkbewys.
Ons benodig nog leë 2L melkbottels asb.! Die kunsprojek vorder goed, maar die tyd raak al minder – bring asb julle leë 2L melkbottels na Matthews by die inry-hek.
Die geld wat ons Liewe Aarde depot maak uit al julle ‘rommel’ gaan vir struike betaal wat ons tydens Boomplantweek in die potte op die vierkant gaan plant.
Baie dankie aan elkeen wat by die skool herwin om sodoende ook ‘n bietjie ekstra geld vir die skool te maak!
Hou die Nuusbrief dop vir meer inligting oor Lente-struikplant-dag!