WOW-Spelkompetisie

Veertig van ons leerders het Saterdag aan die provinsiale ronde van die WOW-spelkompetisie deelgeneem. Ons leerders het hulle goed van hul taak gekwyt en baie goed gevaar. Mieke Hertzog (Gr.4) het 'n goue medalje verower en is dus die beste Gr.4-speller in die Wes-Kaap! Sy neem op 20 Oktober aan die nasionale kompetisie deel. Baie geluk,...

Liewe Aarde Nuus

Jannies van die week is Angelique en Monique Fourie – baie geluk julle. Hou asb aan om gereeld te herwin. Geniet die Col’Cacchios geskenkbewys. Baie dankie aan almal wat gehelp het om +/-9000 2L melkbottels en 1500 5L waterbottels te versamel oor die laaste 6 weke. Ons het ons teiken bereik met julle hulp! Ons sien uit om die finale kunsproduk vir julle te wys in November. Vrydag 14 September is die laaste dag om nog ecobricks by die skool af te laai – gooi hulle in die geel wieldrom by Nuwe Kerk straat se...

Akkedissiefees – 2018

Die Toneelgroep vertrek more na Villiersdorp om aan die Akkedissiefees deel te neem. Die afgelope kwartaal het hulle na-ure saam met Jana Nel (Drama-onderwyseres) ure se oefening ingesit. Dit was vir almal 'n verrykende ervaring en ons glo hulle sal die optrede moreaand ten volle geniet! Ons wens vir hulle net die beste toe! 'Break a leg'! Van al die Jan van...

Trotse Jannie

Naam en van: Shaun Gutu Graad: 1dJ Waar bly jy?: Brooklyn Gunsteling vak: Ek hou baie van Alfablocks wat ons leer om Engelse woorde te lees. Ek is ‘n trotse Jannie, want ek luister mooi na my juffrou.

Finale rooster van Akademiese Spele week: 17 – 21 September 2018

Die Akademiese Spele wat eerskomende Maandag (17 - 21 September 2018) afskop, beloof om heelwat verryking, integrasie en pret rondom die tema Sportwetenskappe vir leerders, onderwysers en ouers in te hou. 'n Google Form is gestuur om die alternatiewe buitemuurse program vir die week uiteen te sit. Die laaste dag om hierop te reageer is Donderdag, 13 September 2018, om 19:00. Let asseblief daarop dat ons 'n spesiale oueraand (Woensdag, 19 September 2018, om 19:00 in die skoolsaal) aanbied waartydens Heleen Meyer (voedselkonsultant) oor gesonde kos en eetgewoontes sal gesels en daarna sal Rob Buck (fisioterapeut en sportdirekteur van Pinehurst) ons toespreek- Maak jy 'n kind of sportheld groot: Die verhouding tussen ouer, kind en sport? Die week sluit af met 'n kaskarresies wat baie pret inhou. Elke graad trek volgens 'n bepaalde tema aan: Graad 1 - skaatsplankryers Graad 2 - verkeersligte Graad 3 - sportsoorte Graad 4 - 80's baanatlete Graad 5 - 80's aerobics Graad 6 - rugbylande Graad 7 - formule 1-renjaers Onthou om R50 per leerder deur middel van Karri / kontant / EFT te betaal. Sien FINALE rooster. U betrokkenheid en ondersteuning word opreg...

Inskrywings vir die Distrik-swemproewe vir skole

Op Saterdag, 13 Oktober, vind die Distrik swemproewe se rondte by Laerskool Table View plaas. Indien u kind nie aan 'n klub behoort nie en graag wil deelneem, kyk asb. deeglik na die onderstaande vereistes en voltooi dan die vorm deur die skakel te volg. VORM Doel van die Proewe: Hierdie rondte is geskep om vir almal, selfs skoolswemmers wat nie aan 'n klub behoort nie, die geleentheid te gee om aan die Wes-Kaap proewe deel te neem. Geselekteerde deelnemers sal dan in aanmerking kom om aan 'n maksimum van 4 items deel te neem by die WK proewe wat vir 21 Oktober beplan word. Reëls en inligting vir Pre-Proewe: *Inskrywings sluit, 24 September om 16:00. *Alle swemmers wat nie aan 'n klub behoort nie, moet deur die skool ingeskryf word. *Klubswemmers moet registreer en bevestig in watter skool hulle is. * Klubswemmers moet deur hul klub inskryf, via TM Zip file. *Item kategorieë is as volg: Seuns en dogters Ouderdomme:11; 12; 13; 14; 15; 16 en 17. *Slae is 100 Vryslag (Free), 100 Borsslag (Breast), 100 Rugslag (Back) en 100 Vlinderslag (Fly) *Atlete mag vir 'n maksimum van 4 items inskryf. *Slegs atlete wat gebore is vanaf 2001 tot 2007 mag inskryf. *Atlete moet minstens 'n vlak 2 kwalifiserende tyd swem om in ag geneem te word vir die Wes-Kaap proewe. (sien aangehegde dokument vir tye) *Swemmers se ouderdom word bepaal deur die eerste dag waarop die SA Skole Kampioenskappe begin, 9 Desember. Dit beteken dat atlete wat op 9 Desember 10 of 18 is mag NIE deelneem nie. *Die perseel se reëls moet gehoorsaam word. *Atlete word...

Santa Shoebox-projek

Ons jaarlikse Santa Shoebox-projek skop vandag af en ons is BAIE opgewonde om weer 'n verskil in ander se lewens te maak. Ons het met Mandela-dag reeds al die klein goedjies vir ons bokse ingesamel en ons benodig nog net klere en speelgoed. Ons poog om hierdie jaar 110 bokse te skenk en het reeds die leerders se name en ouderdomme ontvang aan wie die bokse gaan. Indien jy iets wil borg, volg asb. die skakel hieronder en kies vir watter geslag en vir watter ouderdom kind jy graag klere of speelgoed sal wil borg. Vul asb. u kind se naam, graad en klas op die lys in. Die nommers op die lys dui aan hoeveel kinders in daardie ouerderdomsgroep die items benodig. Items moet asb. nuut wees en teen 20 September 2018, by die skool wees. Dankie vir almal se samewerking! SANTA SHOEBOX...

Kapperjolle 13 Oktober 2018

Ons skop die laaste kwartaal af met 'n groot kuier, 'n heerlike ete en baie speletjie-pret. Kom kuier saam met ons die 13de Oktober 2018 op die Conradieveld, waar ons weer 'n potjiekoskompetisie gaan hou. Ons beplan om vroeg die oggend te begin en teen middagete die potjies te geniet! Daar sal ook ander verversings en stalletjies beskikbaar wees. Meer inligting oor die inskrywings en die etekaartjies sal binnekort volg. Ons sien uit daarna om saam met ons ouers, onderwysers en kinders te...

Oud-leerder presteer

Oud Laerskool Jan van Riebeecker, Mia Vermaak, is tans in Turkye by die wêreldkongres vir Akarologie om haar meester-navorsing aan te bied wat handel oor die myt-diversiteit in die Wellington en Stellenbosch wynlande.

Hoërskool nuus

Emil van der Walt, 'n oud-leerder van ons skool, het die afgelope maand weer uitstekende Wiskundeprestasies behaal! * Het Cambridge Wiskunde geslaag met A-simbool. * Deel van WP A-span wat die Interprovinsiale Wiskunde Olimpiade gewen het. * Een van 10 goue medaljewenners in die seniorafdeling van die SA Wiskunde Olimpiade. * Een van die Top 5 in Die Burger se Wiskundekompetisie. * Gesamentlik eerste in die Universiteit van Pretoria se Wiskunde...

Nuusbrief van 7 September 2018

  Laerskool Jan van Riebeeck Nuus Liewe Ouers, Datums Vrydag, 7 September 2018 Oupa-en Oumadag Vrydag, 7 September 2018 GEKANSELLEER Skaak @ Weizmann Saterdag, 8 September 2018 WOW Spelfees: Wes-Kaap Saterdag, 8 September 2018 Dolinda Mfulo (Nasorg) verjaar Dinsdag, 11 September 2018 Leerderraad:Saal Woensdag, 12 September 2018 Trix v d Vyver (juffrou) verjaar Donderdag, 12-13 September 2018 Boekverkoping THE BOOK PEOPLE (bib) Donderdag, 13 September 2018 Wiskundekompetisie MELKBOSSTRAND Vrydag, 14 September 2018 Gr.1: Skrywersbesoek INGRID MENNEN (Ink) Vrydag, 14-15 September 2018 Akkedissiefees Saterdag, 14-15 September 2018 0/11 Tennistoernooi Klein Boishaai PAARL Saterdag, 15 September 2018 Tennis:Ouer/Kindtoernooi TUIS Saterdag, 15 September 2018 Tweekamp: Liga 1 Maandag, 17-21 September 2018 Akademiese Spele Maandag, 17 September 2018 BR Vergadering Dinsdag, 18 September 2018 Geen saal Woensdag, 19 September 2018 Marli Klynsmith (Juffrou) verjaar Donderdag, 20 September 2018 Heidre Ehlers (Juffrou) verjaar Vrydag, 21 September 2018 Kaskarkompetisie Saterdag, 22 September 2018 Dapper Stappers KROMRIVIER Maandag, 24 September 2018 Erfenisdag VAKANSIEDAG Dinsdag, 25 September 2018 Geen saal Dinsdag, 25-27 September 2018 Tennisrondomtalie vir ranglys Woensdag, 26 September 2018 Gr.3-7: Skrywersbesoek TROULA GOOSEN Woensdag, 26 September 2018 Liewe Aarde sivvies Donderdag, 27 September 2018 Markdag Skool sluit om13:00 vir gr.1-3 en 13:15 vir gr.4-7 Donderdag, 27 September 2018 Sivvies Donderdag, 27 September 2018 Lucia de Jager (Juffrou) verjaar Vrydag, 28 September 2018 Skole sluit om 10:45 Vrydag, 28 September 2018 Sivvies >> SIEN DIE VOLLEDIGE DAGBOEK << ALGEMEEN Vakansiesorg Oktober 2018 Vakansiesorg is vanaf 1 Oktober tot 5 Oktober beskikbaar. Indien julle hierdie vakansie van vakansiesorg gebruik gaan maak, volg die skakel vir die aansoekvorm. E-pos die aansoek en vrywaring aan Lorraine ( lorrvanvuuren@gmail.com )...

WKOD-Wiskundekompetisie, finaal

Verlede Saterdag het 11 van ons leerders deelgeneem aan die finale rondte van die WKOD-Wiskundekompetisie. Nadat die eerste rondte voltooi is, is 222 leerders uitgenooi van 134 verskillende skole om aan die finale rondte deel te neem. Dit is altyd lekker vir ons om aan die kompetisie deel te neem, want ons neem deel teen skole soos Rondebosch, SACS, Rustenburg Girls en vele meer. Die formaat van die kompetisie word in twee verskillende katogerieë verdeel. Kring en Distrik. Alle leerders skryf op dieselfde tyd en nadat hulle alle vraestelle gemerk het, kondig hulle die wenners aan van elke kring, vanaf graad 4-7. Daar is 8 kringe in ons distrik. Ons val in kring 7 en daar is 20 skole in ons kring. Die kringwenners was: Graad 4 Jan Karsten 2de Sebastiaan Maree 3de Graad 6 Peet Karsten 1ste Dawid Adler 3de Graad 7 Johann Jordaan 1ste Gerard Snijders 2de Benjamin Pienaar 3de Nadat alle kringwenners aangekondig is, was dit tyd om te kyk wie die algehele wenners per graad was: Peet Karsten 3de graad 6 Gerard Snijders 2de graad 7 Johann Jordaan 1ste graad 7. Dit is 'n ongelooflike prestasie. Hierdie drie seuns kan baie trots voel op die pragtige uitslae. In die top 3 in ons hele distrik. Baie geluk aan elke leerder wat deelgeneem het. Om net uitgenooi te word na die finale rondte, is reeds 'n baie goeie prestasie en baie geluk aan elke bekerwenner. Harde werk word altyd beloon. Ons almal by Jan van Riebeeck is uiters trots op...

Ouer-en kindtoernooi

JvR en Matchpoint Tennis bied Saterdag 15 September 'n Ouer en kind Dubbelstoernooi aan vir enige leerders en ouers wat belangstel. Dis baie informeel en al het jy jare laas gespeel, verwelkom ons dit! Ons sal die pare in groepe verdeel volgens standaard en sodoende 'n rondomtalie basis volg. Dis groot pret en 'n baie lekker aktiwiteit om saam met die kinders te doen. Plek: Laerskool Jan van Riebeeck tennisbane Tyd: 9:00 tot 12:00 Sluitingsdatum vir inskrywings: 12 September Inskrywings word gedoen deur die Google vorm te voltooi: https://goo.gl/forms/72PgApgObk0Nsqbg1 Indien daar ouers is wat 'n paar opknap lesse wil neem, kan hulle vir Matchpoint Tennis...

‘n Positiewe ware verhaal

Te midde van ontstellende nuus wat ons elke dag in koerante, oor die radio of op die T.V. hoor en sien, kom hierdie mooi storie van hoop: CHPA-nuus

Belangrike Datums

augustus 2026

03aug(aug 3)00:0008(aug 8)23:59Hs JvR JanArte Kunstefees

04aug00:0023:59Rugby: o.9 & o.13 Bishops (WEG)

04aug00:0023:59EXCO-Strat

05aug00:0023:59Rugby: o.11 Bishops (WEG)

07aug00:0023:59TOETS: Wiskunde Gr.4 ,6 & 7

07aug00:0023:59World Robot Olympiad Kompetisie (Kodering en Robotika)

07aug08:0008:30TOETS: NWT Gr.5

09aug00:0023:59Nasionale Vrouedag

10aug00:0023:59Vakansiedag

11aug08:0008:30Koffie-en-Beskuit Konsert

14aug00:0023:59Skool verdaag vroeër

14aug00:0023:59Hokkie: Dirkie Uys (TUIS) - Almal

14aug00:0023:59TOETS: Wiskunde Gr.5

14aug08:0008:30TOETS: NWT Gr.4, 6 & 7

15aug00:0023:59Netbal: Dirkie Uys (TUIS) - Almal

15aug00:0023:59Rugby: Dirkie Uys (TUIS) - Almal

16aug15:0015:00Senior Kooroptrede: Tygerberg Children's Choir: In Harmony

18aug00:0023:59Hokkie: Durbanvilletoernooi (o.9 Seuns & Dogters)

19aug00:0023:59Rugby: De Tyger

19aug00:0023:59Netbal: Van Riebeeckstrand (TUIS) - Almal

19aug(aug 19)00:0020(aug 20)23:59Boekverkope: Exclusive Books

21aug00:0023:59Netbaltoernooi (o.7-o.9): Tableview

21aug00:0023:59Assessering: SW

22aug00:0023:59Rugby (o.11): Brackenfell

22aug00:0023:59Wiskundekamp (Gr.6&7)

22aug00:0023:59Netbal (o.10 & o.11): Brackenfell

24aug00:0023:59Beheerraad-vergadering

25aug08:0008:30Koffie-en-Beskuit Konsert

27aug00:0023:59Wintersport Eindig

27aug00:0023:59Trinity Musiekeksamens by Beau Soleil Musieksenstrum (Kenilworth)

28aug00:0023:59Finkom Vergadering

28aug00:0023:59Sivvies

28aug00:0023:59Assessering: SW

28aug00:0023:59Hokkie: Interskole vs Welgemoed (TUIS) - Almal

29aug00:0023:59Rugby & Netbal: Welgemoed

29aug00:0023:59Netbal: Interskole vs Welgemoed (TUIS) - Almal

31aug00:0023:59GEEN SPORT

Wys Meer

september 2026

31aug00:0023:59GEEN SPORT

01sep00:0023:59GEEN SPORT

02sep19:0020:00Laerskool JvR Kore en Tjeggiese Kinderkoor (Ls JvR)

03sep00:0023:59Jannies vir Jesus

03sep00:0023:59Wintersporttoer o.13B

04sep00:0023:59TOETS: EBW (Gr.7)

05sep09:0013:00SING. MOVE. PLAY. CONNECT

07sep00:0023:59Somersport Begin

08sep00:0023:59Dolinda (Nasorg) Verjaar

08sep08:0008:00Kaapse Afrikaanse Eisteddfod - Junior Koor