JvR en Matchpoint Tennis bied Saterdag 15 September ‘n Ouer en kind Dubbelstoernooi aan vir enige leerders en ouers wat belangstel.
Dis baie informeel en al het jy jare laas gespeel, verwelkom ons dit! Ons sal die pare in groepe verdeel volgens standaard en sodoende ‘n rondomtalie basis volg. Dis groot pret en ‘n baie lekker aktiwiteit om saam met die kinders te doen.
Plek: Laerskool Jan van Riebeeck tennisbane
Tyd: 9:00 tot 12:00
Sluitingsdatum vir inskrywings: 12 September
Inskrywings word gedoen deur die Google vorm te voltooi: https://goo.gl/forms/72PgApgObk0Nsqbg1
Indien daar ouers is wat ‘n paar opknap lesse wil neem, kan hulle vir Matchpoint Tennis kontak.