Op Saterdag, 13 Oktober, vind die Distrik swemproewe se rondte by Laerskool Table View plaas. Indien u kind nie aan ‘n klub behoort nie en graag wil deelneem, kyk asb. deeglik na die onderstaande vereistes en voltooi dan die vorm deur die skakel te volg. VORM
Doel van die Proewe:
Hierdie rondte is geskep om vir almal, selfs skoolswemmers wat nie aan ‘n klub behoort nie, die geleentheid te gee om aan die Wes-Kaap proewe deel te neem. Geselekteerde deelnemers sal dan in aanmerking kom om aan ‘n maksimum van 4 items deel te neem by die WK proewe wat vir 21 Oktober beplan word.
Reëls en inligting vir Pre-Proewe:
*Inskrywings sluit, 24 September om 16:00.
*Alle swemmers wat nie aan ‘n klub behoort nie, moet deur die skool ingeskryf word.
*Klubswemmers moet registreer en bevestig in watter skool hulle is.
* Klubswemmers moet deur hul klub inskryf, via TM Zip file.
*Item kategorieë is as volg: Seuns en dogters Ouderdomme:11; 12; 13; 14; 15; 16 en 17.
*Slae is 100 Vryslag (Free), 100 Borsslag (Breast), 100 Rugslag (Back) en 100 Vlinderslag (Fly)
*Atlete mag vir ‘n maksimum van 4 items inskryf.
*Slegs atlete wat gebore is vanaf 2001 tot 2007 mag inskryf.
*Atlete moet minstens ‘n vlak 2 kwalifiserende tyd swem om in ag geneem te word vir die Wes-Kaap proewe. (sien aangehegde dokument vir tye)
*Swemmers se ouderdom word bepaal deur die eerste dag waarop die SA Skole Kampioenskappe begin, 9 Desember. Dit beteken dat atlete wat op 9 Desember 10 of 18 is mag NIE deelneem nie.
*Die perseel se reëls moet gehoorsaam word.
*Atlete word aangeraai om swempet, 2 handdoeke en verversings saam te bring.
*Alle atlete en beamptes moet 60 minute voordat die byeenkoms begin, by die registrasietafel aanmeld. Enige onttrekkings moet met die spanbestuurder (Juf Andri Baird) gekommunikeer word.
*FINA tegniese reëls word toegepas..
*Die duur van die pre-proewe sal bepaal word deur die aantal inskrywings wat ontvang word.
Kwalifiserende tye