Verlede Saterdag het 11 van ons leerders deelgeneem aan die finale rondte van die WKOD-Wiskundekompetisie. Nadat die eerste rondte voltooi is, is 222 leerders uitgenooi van 134 verskillende skole om aan die finale rondte deel te neem. Dit is altyd lekker vir ons om aan die kompetisie deel te neem, want ons neem deel teen skole soos Rondebosch, SACS, Rustenburg Girls en vele meer. Die formaat van die kompetisie word in twee verskillende katogerieë verdeel. Kring en Distrik. Alle leerders skryf op dieselfde tyd en nadat hulle alle vraestelle gemerk het, kondig hulle die wenners aan van elke kring, vanaf graad 4-7. Daar is 8 kringe in ons distrik. Ons val in kring 7 en daar is 20 skole in ons kring. Die kringwenners was:
Graad 4
Jan Karsten 2de
Sebastiaan Maree 3de
Graad 6
Peet Karsten 1ste
Dawid Adler 3de
Graad 7
Johann Jordaan 1ste
Gerard Snijders 2de
Benjamin Pienaar 3de

Nadat alle kringwenners aangekondig is, was dit tyd om te kyk wie die algehele wenners per graad was:

Peet Karsten 3de graad 6
Gerard Snijders 2de graad 7
Johann Jordaan 1ste graad 7.
Dit is ‘n ongelooflike prestasie. Hierdie drie seuns kan baie trots voel op die pragtige uitslae. In die top 3 in ons hele distrik.
Baie geluk aan elke leerder wat deelgeneem het. Om net uitgenooi te word na die finale rondte, is reeds ‘n baie goeie prestasie en baie geluk aan elke bekerwenner. Harde werk word altyd beloon.
Ons almal by Jan van Riebeeck is uiters trots op julle!