Ons jaarlikse Santa Shoebox-projek skop vandag af en ons is BAIE opgewonde om weer ‘n verskil in ander se lewens te maak.
Ons het met Mandela-dag reeds al die klein goedjies vir ons bokse ingesamel en ons benodig nog net klere en speelgoed. Ons poog om hierdie jaar 110 bokse te skenk en het reeds die leerders se name en ouderdomme ontvang aan wie die bokse gaan.
Indien jy iets wil borg, volg asb. die skakel hieronder en kies vir watter geslag en vir watter ouderdom kind jy graag klere of speelgoed sal wil borg. Vul asb. u kind se naam, graad en klas op die lys in. Die nommers op die lys dui aan hoeveel kinders in daardie ouerderdomsgroep die items benodig. Items moet asb. nuut wees en teen 20 September 2018, by die skool wees. Dankie vir almal se samewerking!
SANTA SHOEBOX BORGVORM