Jannies van die week is Angelique en Monique Fourie – baie geluk julle. Hou asb aan om gereeld te herwin. Geniet die Col’Cacchios geskenkbewys.

Baie dankie aan almal wat gehelp het om +/-9000 2L melkbottels en 1500 5L waterbottels te versamel oor die laaste 6 weke. Ons het ons teiken bereik met julle hulp! Ons sien uit om die finale kunsproduk vir julle te wys in November.

Vrydag 14 September is die laaste dag om nog ecobricks by die skool af te laai – gooi hulle in die geel wieldrom by Nuwe Kerk straat se ingang.