Laerskool Jan van Riebeeck Nuus
|
|
Liewe Ouers,
Datums
Vrydag, 7 September 2018 Oupa-en Oumadag
Vrydag, 7 September 2018 GEKANSELLEER Skaak @ Weizmann
Saterdag, 8 September 2018 WOW Spelfees: Wes-Kaap
Saterdag, 8 September 2018 Dolinda Mfulo (Nasorg) verjaar
Dinsdag, 11 September 2018 Leerderraad:Saal
Woensdag, 12 September 2018 Trix v d Vyver (juffrou) verjaar
Donderdag, 12-13 September 2018 Boekverkoping THE BOOK PEOPLE (bib)
Donderdag, 13 September 2018 Wiskundekompetisie MELKBOSSTRAND
Vrydag, 14 September 2018 Gr.1: Skrywersbesoek INGRID MENNEN (Ink)
Vrydag, 14-15 September 2018 Akkedissiefees
Saterdag, 14-15 September 2018 0/11 Tennistoernooi Klein Boishaai PAARL
Saterdag, 15 September 2018 Tennis:Ouer/Kindtoernooi TUIS
Saterdag, 15 September 2018 Tweekamp: Liga 1
Maandag, 17-21 September 2018 Akademiese Spele
Maandag, 17 September 2018 BR Vergadering
Dinsdag, 18 September 2018 Geen saal
Woensdag, 19 September 2018 Marli Klynsmith (Juffrou) verjaar
Donderdag, 20 September 2018 Heidre Ehlers (Juffrou) verjaar
Vrydag, 21 September 2018 Kaskarkompetisie
Saterdag, 22 September 2018 Dapper Stappers KROMRIVIER
Maandag, 24 September 2018 Erfenisdag VAKANSIEDAG
Dinsdag, 25 September 2018 Geen saal
Dinsdag, 25-27 September 2018 Tennisrondomtalie vir ranglys
Woensdag, 26 September 2018 Gr.3-7: Skrywersbesoek TROULA GOOSEN
Woensdag, 26 September 2018 Liewe Aarde sivvies
Donderdag, 27 September 2018 Markdag Skool sluit om13:00 vir gr.1-3 en 13:15 vir gr.4-7
Donderdag, 27 September 2018 Sivvies
Donderdag, 27 September 2018 Lucia de Jager (Juffrou) verjaar
Vrydag, 28 September 2018 Skole sluit om 10:45
Vrydag, 28 September 2018 Sivvies
|
Vakansiesorg is vanaf 1 Oktober tot 5 Oktober beskikbaar. Indien julle hierdie vakansie van vakansiesorg gebruik gaan maak, volg die skakel vir die aansoekvorm. E-pos die aansoek en vrywaring aan Lorraine ( lorrvanvuuren@gmail.com ) of bring die hardekopie Nasorg toe. Daar sal ook hardekopieë by Nasorg beskikbaar wees. Aansoeke sluit 26 September.
VAKANSIESORG AANSOEKVORM
|
Jannies van die week is Mieke en Adrian Huysamen. Dankie dat julle so gereeld herwin! Geniet die ete by Col’Cacchios.
Daar sal vir die volgende week, twee wieldromme by die depot wees vir ecobricks. Hopelik is daar gesinne wat steeds bou aan ecobricks. Maak hulle die week nog stampvol en bring depot toe. Dan reël ons om einde volgende week (14 September) almal se bricks op een slag na die Woodstock kwekery te neem.
|
Te midde van ontstellende nuus wat ons elke dag in koerante, oor die radio of op die T.V. hoor en sien, kom hierdie mooi storie van hoop:
CHPA-nuus
|
Gerhard Joubert, ‘n graad 11-leerder van Hoërskool Jan van Riebeeck, wen vanjaar se Pieter Kooij Musiekkompetisie! Daar het vanjaar 8 (uit 28) leerders deurgedring tot die finale ronde wat vanjaar op Lentedag gehou is. David Cyster (klarinet) verdien ‘n tweede plek. Prof. Hubert van der Spuy, dr. Benita van Blerk en mev. Anne-Marie Swanepoel was die beoordelaars. Gerhard is die eerste Jan van Riebeecker om dié prestasie te behaal.
Migael Mouton, ‘n graad 11-leerder in Hoërskool Jan van Riebeeck behaal ‘n 2de plek in die SA Society for History Teaching se nasionale aanlynvasvra.
(sien foto’s op ons webtuiste)
VRL: Phillip Herbst, Dirk Maree, Lané Beyer, Jana-Mari Beukes, Leander Viljoen, Louis Jordaan, Dylan Keyser, Betsy Wilke, Emil van der Walt, Lydia-Mari Erasmus, Mila Fourie, Dominique van der Merwe en Cavan McKeon.
Matriekraad: (foto onder) Jenna Scott, Danielle de Vries, Eugene Shitikulu, Revaldo Warnick, Dirk Maree, Lané Beyer, Emil van der Walt, Mika Lonte, Pippa Bester, Larian Volkwyn, Chelsea Smyth, Mila Yssel en Sabah Cabano. Afwesig: Magdaleen Jansen
|
Peet Karsten het die naweek aan die Provinsiale ronde van ‘n Engelse Spelling Bee kompetisie deelgeneem. Ons is die enigste Afrikaanse skool wat deelgeneem het. Peet het ‘n 5de plek behaal. Baie geluk met hierdie puik prestasie!
|
Die top 3 prestasies van die week is:
3. Mia Boshoff 2970 punte
2. Jan-Willem Silvis 3587 punte
1. James Wilkin 6655 punte
Baie geluk James!
|
Die akademiese spele (17 – 21 September 2018) beloof om heelwat verryking, integrasie en pret rondom die tema Sportwetenskappe vir leerders, onderwysers en ouers in te hou.
Sien die PROGRAM van addisionele aktiwiteite wat aangebied sal word. (Program is aangepas sedert die eerste keer op webtuiste geplaas is)
Daar sal binnekort ‘n GOOGLE FORM uitgestuur word waarop ouers moet aandui aan watter aktiwiteite hul kinders in die middae wil deelneem tydens die Akademiese Spele. Dit is gratis en vrywillig. Indien u kind nie aan die aktiwiteite wil deelneem nie, sal daar toesig by die skool wees tot die einde van die skooldag.
Daar sal gedurende die Akademiese Spele geen skool-buitemuurse aktiwiteite plaasvind nie, omdat ons die alternatiewe program volg.
Let asseblief daarop dat ons ‘n spesiale oueraand (Woensdag, 19 September 2018 om 19:00 in die skoolsaal) aanbied, waartydens Heleen Meyer oor gesonde kos en eetgewoontes sal gesels en daarna sal Rob Buck (fisioterapeut en sportdirekteur van Pinehurst) ons toespreek: Maak jy ‘n kind of sportheld groot; Die verhouding tussen ouer, kind en sport?
Onthou om R50 per leerder deur middel van Karri / kontant / EFT te betaal.U betrokkenheid en ondersteuning word opreg waardeer.
|
Verlede Saterdag het 11 van ons leerders deelgeneem aan die finale rondte van die WKOD-Wiskundekompetisie. Nadat die eerste rondte voltooi is, is 222 leerders uitgenooi van 134 verskillende skole om aan die finale rondte deel te neem. Dit is altyd lekker vir ons om aan die kompetisie deel te neem, want ons neem deel teen skole soos Rondebosch, SACS, Rustenburg Girls en vele meer. Die formaat van die kompetisie word in twee verskillende katogerieë verdeel. Kring en Distrik. Alle leerders skryf op dieselfde tyd en nadat hulle alle vraestelle gemerk het, kondig hulle die wenners aan van elke kring, vanaf graad 4-7. Daar is 8 kringe in ons distrik. Ons val in kring 7 en daar is 20 skole in ons kring. Die kringwenners was:
Graad 4
Jan Karsten 2de
Sebastiaan Maree 3de
Graad 6
Peet Karsten 1ste
Dawid Adler 3de
Graad 7
Johann Jordaan 1ste
Gerard Snijders 2de
Benjamin Pienaar 3de
Nadat alle kringwenners aangekondig is, was dit tyd om te kyk wie die algehele wenners per graad was:
Peet Karsten 3de graad 6
Gerard Snijders 2de graad 7
Johann Jordaan 1ste graad 7.
Dit is ‘n ongelooflike prestasie. Hierdie drie seuns kan baie trots voel op die pragtige uitslae. In die top 3 in ons hele distrik.
Baie geluk aan elke leerder wat deelgeneem het. Om net uitgenooi te word na die finale rondte, is reeds ‘n baie goeie prestasie en baie geluk aan elke bekerwenner. Harde werk word altyd beloon.
Ons almal by Jan van Riebeeck is uiters trots op julle!
|
Ons Engelse boekverkoping vir die jaar, is op 12 & 13 September in die biblioteek. Spaar solank julle sente vir hierdie bielie van ‘n boekverkoping met fiksie- en feiteboeke in elke kind se smaak.
|
Ingrid Mennen, skrywer van die boek INK,
besoek die Graad 1’s
op Vrydag, 14 September
in die biblioteek.
|
agterbaks
Definisie: in die geheim of agter iemand se rug
Sin: Die agterbakse kind het ‘n boek uit die biblioteek gevat sonder om dit uit te neem.
Wenner: Marianne Nel, gr. 6dJ
|
Albei ons kore tree op 18 Oktober om 19:00 by Hoërskool Parow saam met Laurika Rauch op.
Kaartjies is by juf Helecia Groenewald te koop: kontant of EFT aan die skool.Die kaartjies kos R120 per persoon.
|
Nog twee uitslae van die pas afgelope Klavier Eisteddfod:
Leila Lonte 89%
Neena Lonte 90%
Baie geluk!
|
Ons het die winterseisoen op Saterdag 1 September op ‘n uitstekende noot afgesluit. Ons O/11 en O/13 rugbyspanne het aan die BSC Sewes-toernooi deelgeneem. Die ses skole wat deelgeneem het, is Kampsbaai, Parklands, Monte Vista, Kronendal, Elkanah House en Jan van Riebeeck. Ons O/11’s het uitstekend gevaar. Hulle het 4 van hulle 5 wedstryde gewen en gelykop teen Kronendal gespeel. Die O/13’s het net so goed gedoen en ook 4 van hulle 5 wedstryde gewen. Hulle het slegs teen Monte Vista verloor. ‘n Spesiale woord van dank aan mnr. en juf. Hanekom wat die dag gereël het. Baie dankie ook aan die mammas wat met die verkope en verversings gehelp het en natuurlik ons getroue manspersoneel vir al hulle hulp! Ons het baie goeie terugvoer van ander skole ontvang. Dankie vir elke ouer wat deur die loop van die seisoen hulle spelers ondersteun het. Tot volgende jaar!
|
Vier van ons skaakspelers het Vrydag, 31 Augustus, aan ‘n skaaktoernooi by Klein Boishaai in die Paarl deelgeneem. Dit was ‘n wonderlike ervaring vir ons spelers en baie lekker om bietjie teen ander skole te kompeteer.
Ons het teen 3 skole gespeel. Ons het het verloor teen Eversdal 4-0; wen vir Bridgehouse 4-0 en verloor teen Klein Boishaai 3-1.
Ons sien uit daarna om in die toekoms weer te gaan.Groot dankie aan Kees Snijders wat hulle vergesel het!
Onder van links na regs: Keegan Schoeman, Bernard Lombaard, Liezel Snijders en Jan Karsten
|
JvR en Matchpoint Tennis bied Saterdag 15 September ‘n Ouer en kind Dubbelstoernooi aan vir enige leerders en ouers wat belangstel.
Dis baie informeel en al het jy jare laas gespeel, verwelkom ons dit! Ons sal die pare in groepe verdeel volgens standaard en sodoende ‘n rondomtalie basis volg. Dis groot pret en ‘n baie lekker aktiwiteit om saam met die kinders te doen.
Plek: Laerskool Jan van Riebeeck tennisbane
Tyd: 9:00 tot 12:00
Sluitingsdatum vir inskrywings: 12 September
Inskrywings word gedoen deur die google vorm te voltooi.
Indien daar ouers is wat ‘n paar opknap lesse wil neem kan hulle vir Matchpoint Tennis kontak.
|
Ons hoop om volgende week met die swemoefening te begin, dit sal egter van die weer afhang. Op hierdie stadium werk ons asof ons voortgaan.
Alle swemmers moet onthou om hul kostuum, swempet, bril en handdoek saam te bring vir die les.
Soos ons in die vorige nuusbrief genoem het, is ons besig om nuwe afrigters te soek. Ons het dit goed gedink om die potensiële afrigters vir praktiese onderhoude te nooi. Dit beteken dat daar by volgende week se lesse verskillende afrigters gaan wees . Hulle bied die lesse vir al die groepe op die dag aan en ons sal daarna besluit wie ons gaan aanstel. Dit is vir ons belangrik dat hulle goed met die kinders kan werk.
Baie dankie aan almal wat reeds aangedui het in watter swemgroep hulle wil wees. Die swemgroepe is agter op die sportprogram (rooibladsy) wat leerders al ‘n tydjie terug ontvang het. Indien iemand nog wil aansluit of van groep wil verander, stuur ‘n e-pos aan sport@jvrprim.co.za
|
Kliek HIER vir advertensies van die week
|
If you don’t have time to do it right, you must have time to do it over.
– Russian proverb
Vriendelike groete
J.H. Oosthuizen
SKOOLHOOF
|
|
|
–
Laerskool Jan van Riebeeck
Kloofstraat 52, Tuine, Kaapstad, 8001
021 423 4209
|
|