Biblioteek
Geen biblioteekboeke sal van volgende Maandag af uitgeneem kan word nie. Leerders sal steeds biblioteekboeke in die biblioteek kan lees & ook hul eie leesboek saambring vir leestyd. Ons sukkel geweldig om uitstaande boeke terug te kry.ALLE boeke terug in die biblioteek teen 22...
Liewe Aarde nuus van 14 Nov.
Baie geluk aan Leah Opperman in Gr 1 wat Jannie van die week is. Dankie dat jy so getrou herwin. Geniet die Col'Cacchios geskenkbewys. Het julle geweet dat daar klein hoeveelhede medikasie in ons kraanwater kan wees? Watersuiweringsprosesse haal nie alle chemikalieë uit die water nie. Raak dus ontslae van ongebruikte medikasie op 'n verantwoordelike wyse deur dat na jou naaste Clicks apteek of Dischem apteek te neem (en nie by die drein af te gooi...
Kerssangdiens
Ons twee kore vorm eerskomende Sondagaand 18 November 'n lekker groot massakoor by Tamboerskloof N G Kerk se Kerssangdiens. Ons nooi graag almal uit om dit by te woon. Koorlede moet om 18:45 by die kerk wees. Die diens begin om 19:00 en duur slegs 'n uur. Koorlede sit by hulle ouers. Koordrag is WIT. Seuns kan 'n denim en 'n wit hemp aantrek. Dogters enigiets WIT ... met 'n bietjie Kersfees "bling". Daarmee sluit ons dan die jaar se kooraktiwiteite af. Dankie aan al die ouers vir julle...
Moderne dans: Kunstekaap-optrede
Ons is so gelukkig dat daar van ons leerlinge deelneem by Kunstekaap (Artscape), volgende Vryday 16 Nov 2018 tydens die Performance Awards Amerikaanse Ballet New York. Ons beoordelaar is Simon Kaplan, welbekende danskenner, woonagtig in New York en Direkteur van American Academy of Ballet New York. Almal is opgewonde en trots dat ons dansskool deelneem. Ons dansskool bied 4 dans genres aan: Moderne dans, Kontemporêr, Hip Hop en American Ballet Program. Dansers is goed toegerus en slaag uitsonderlik goed met die Ballet uitvoerings; veral met hul persoonlikheid en energie. Ons jonger dansers het reeds in September hul slag getoon en baie goed gevaar. Kaartjie vir Artscape: R60 Vowassenes en R40 kinders. Dit is baie bekostigbaar! Kom ondersteun hulle asseblief. Die funksie begin om 13:00 op VRYDAG 16 NOV en ons danskool tree op teen 15:45 tot 16.45 . Daarna volg 'n kort medalje-uitdeling. Die volgende 14 dansers tree op: LARA BASSON JANA BRINK JULIETTE VISSER JEANETTE GROENEWALD AMELIE VISSER ELZE V ZYL EMMA LIEBENBERG MARIANNE NEL LUMARIE FOURIE JENNA SCOTT ONELA ROXO BETSY WILKE SCARLETT V D MERWE MIA VISSER AAB bied ook 'n NEW YORK STARS produksie aan vanaf 15 - 18 November by Artscape. Internasionale dansers uit New York en Parys tree op saam met plaaslike Johannesburg Ballet , om 'n wonderlike danservaring te bied. Ek stuur meer inligting aan JvR. As u van dans hou, moenie wegbly nie !Op die advertensie-afdeling, https://laerskooljanvanriebeeck.co.za/advertensies/, van ons skool se webtuiste, is daar 'n kleurvolle advertensie van hierdie geleentheid en onder die Moderne dans-afdeling is twee videos wat u gerus na kan kyk: https://laerskooljanvanriebeeck.co.za/kuns-kultuur/moderne-dans/ Groete...
Swemgala Gr.4-7 Uitslae 2018
Nuusbrief van 9 November 2018
Laerskool Jan van Riebeeck Nuus Liewe Ouers, Datums Vrydag, 9 November 2018 Huppelland Gr.R-konsert Vrydag, 9 November 2018 Gr.4-7:Swemgala Dinsdag, 13 November 2018 Gr.4 2019 Ouervergadering Dinsdag, 13 November 2018 Krieket: 0/9 teen Weizmann WEG Woensdag, 14 November 2018 Krieketwedstryd: 0/11 GEKANSELLEER Woensdag, 14 November 2018 SOMER-Buitemuurse oefening eindig Donderdag, 15 November 2018 Gr.7 2019 Ouervergadering Donderdag, 15 November 2018 0/10 Vriendskaplike tenniswedstryd TUIS Vrydag, 16 November 2018 Gr. 7: Eksamen begin Vrydag, 16 November 2018 Gr.1-3: Swemgala Vrydag, 16 November 2018 Krieket: 0/13 Day/Night wedstryd WEG Saterdag, 17 November 2018 Dapper Stappers CHAPMAN’S PEAK Sondag, 18 November 2018 Tamboerskloof Kerssangdiens Maandag. 19 November 2018 Spesiale saalbyeenkoms Dinsdag, 20 November 2018 Geen saal Dinsdag, 20 November 2018 Gr 4 - 6: Begin met eksamen Dinsdag, 20 November 2018 Raché de Goede (Juffrou) verjaar Woensdag, 21 November 2018 Liewe Aarde sivvies Woensdag, 28 November 2018 Gr.1-3 Prysuitdeling OGGEND IN SKOOLSAAL Donderdag, 29 November 2018 EKSAMEN EINDIG Vrydag, 30 November 2018 Sivvies Vrydag, 30 November 2018 Huppellandbraai Vrydag, 30 November 2018 Nadia Stahmer (Juffrou) verjaar >> SIEN DIE VOLLEDIGE DAGBOEK << UIT DIE HOOF SE KANTOOR Begroting Die Laerskool se 2019-begroting is Woensdagaand goedgekeur en ons sê dankie vir die ouers wat die aanbieding bygewoon, oorweeg en goedgekeur het. Ons 2019-begroting word gedryf deur die volgende kernaspekte: 1. ‘n Begrote toename in leerdergetalle na 458; 2. Skoolfonds word verhoog met 11%; 3. Die salarisrekening verhoog met 16%; en 4. Streng kostebeheer oor ander uitgawes wat of net met inflasie of minder as inflasie verhoog. Ons implimenteer ‘n aanpassing in die salarisskaal van ons onderwysers wat in beheerliggaamposte is om hulle...
Biblioteekboeke
Geen biblioteekboeke sal van volgende Maandag af uitgeneem kan word nie. Leerders sal steeds biblioteekboeke in die biblioteek kan lees & ook hul eie leesboek saambring vir leestyd. Ons sukkel geweldig om uitstaande boeke terug te kry. ALLE boeke terug in die biblioteek teen 22...
Trotse Jannie van die week
Naam en van: Elrico Japhta Graad: 5vdB Waar bly jy?: Delft Gunsteling vak: Ek hou van Geskiedenis, veral die Egiptiese geskiedenis waarvan ons nou leer. Ek is ‘n trotse Jannie, want my juffrouens en menere komplimenteer my gereeld vir my selfdissipline en hoe mooi ek luister in die...
Vakansiesorg Desember 2018
Indien jy belangstel om tydens die Desembervakansie gebruik te maak van vakansiesorg, vul asb. hierdie vorm in en stuur dit aan lorrvanvuuren@gmail.com voor of op 7 Desember 2018. Vakansiesorg is beskikbaar van 13 tot 21 Desember. [pdf-embedder url="https://laerskooljanvanriebeeck.co.za/wp-content/uploads/2018/11/Vakansiesorg-Desember-2018.pdf" title="Vakansiesorg Desember...
Liewe Aarde
Baie geluk aan Thornley en Taniel Webber wat Jannies van die week is. Dankie dat julle so getrou herwin. Geniet die Col’Cacchios geskenkbewys! WATER-UITKYK NA DIE REëNSEISOEN: Die hidrologiese jaar eindig jaarliks op 31 Oktober. Tans is ons % watervoorraad vir al die damme gekombineer 75%. Alhoewel die Weerdiens bevestig ons reënval vir 2018 was bo die gemiddeld van die afgelope drie jaar, is ons nie uit die rooi nie. Waterbeperkings, volgens die Nasionale Departement van Water en Sanitasie, sal slegs gewysig word wanneer die gesamentlike % watervoorraad die 85 merk bereik. Intussen het die Stad Kaapstad vlak 6B beperkings vervang met vlak 5, met ’n 70 liter toelaag per persoon per dag. Dit beteken ons aanvraag het gestyg, en tariewe het verlaag. Vir die presiese riglyne vir Vlak 5 beperkings, kliek hier: RIGLYNE Die Stad het ook ’n gewysigde wateruitkyk gepubliseer. Sien hier. GEWYSIGDE...
Vioollesse
Ons is bly om te kan sê dat ons van volgende jaar af vioollesse aanbied. Hannelize Gravell, wat eers by die Hoërskool was, werk nou op 'n vryskutbasis en sal op 'n Maandag by ons wees vir vioollesse. Ouers kan haar direk kontak by 0734275767 of e-pos by...
Living Maths Olimpiade
Al ons graad 4-7 leerders het deelgeneem aan die Living Math Olimpiade. Die Olimpiade bestaan uit 25 vrae. Twintig vrae is hoër orde vrae en daar is vyf vrae wat uiters uitdagend is. Die vraestel tel uit 20 wat beteken leerders kan meer as 100% vir die Olimpiade kry. Hierdie Olimpiade word elke jaar geskryf en ons leerders het uitstekend gedoen. Daar was 120 leerders wat 'n brons serifikaat verower het, 40 - 59%. Daar was 51 leerders wat 'n silwer sertifikaat verower het, 60-79%. Baie geluk aan die volgende leerders wat 'n goue sertifikaat, 80%-100%, vir die olimpiade behaal het: Sebastian Maree, 80% Danny Newton, 90% Johann Loubser, 95% Alexander Benecke, 80% Katrien Stimie, 90% Carla Snijders, 95% Mari Swanepoel, 80% Jana Brink, 90% Stella Malan, 95% Owen van der Linde, 80% Ethan Brits, 90% Peet Karsten, 95% Fredrich Erasmus, 85% Nicholas de Jongh, 95% Lumarie Fourie, 85% Gerard Snijders, 100% Mieke Hertzog, 85% Benjamin Pienaar, 100% Leila Lonte, 85% Thornley Webber, 85% Stef Mostert, 85% Die volgende leerders het meer as 'n 100% gekry en verower 'n platinum sertifikaat. Dawid Adler, 105% Johann Jordaan, 105% Jan Karsten, 115% Baie geluk aan al ons leerders wat so mooi presteer het. Dit was die laaste wiskunde olimpiade vir die jaar. As ons terug kyk was dit 'n uiters suksesvolle jaar vir wiskunde in Laerskool Jan van Riebeeck, ons leerders het uitstekend...
Kerssangdiens
Albei kore tree op Sondagaand 18 November om 19:00 vir oulaas hierdie jaar by Tamboerskloof N G Kerk op. Alle koorlede dra WIT klere en sit by hulle ouers. Wees asb teen 18:45 daar.
Tweekamp uitslae
Saterdag was die 3de ligabyeenkoms van die jaar te Stellenbosch. Tweekamp is 'n sport wat die laaste twee jaar baie gegroei het en ons het 22 atlete wat deelgeneem het. In die laaste maand en 'n half het baie van ons atlete se tye pragtig verbeter. Adrian Huysamen se hardloop tyd het met 15 sekondes verbeter. Stephan Griesel het met 13 sekondes verbeter. Christiaan Viljoen het met 10 sekondes verbeter en 3 sekondes met die swem. Isabella van der Walt het met 3 sekondes verbeter en 7 sekondes met die swem. Stephan le Roux se swemtyd het met 5 sekondes verbeter. Mari Swanepoel se hardloop het met 10 sekondes en swem met 6 sekondes verbeter. Ruald Naudé se hardloop het met 10 sekondes verbeter en sy swem met 11 sekondes. Isabella Marais se hardloop tyd het met 11 sekondes en swem met 6 sekondes verbeter. Ané Swanepoel se hardloop het met 8 sekondes en swem met 1 sekonde verbeter. Willem Vorster het sy hardloop tyd met 10 sekondes verbeter. Mieke Huysamen het haar hardloop tyd met 3 skeondes en swem met 19 sekondes verbeter. Sophia Liebenberg se swemtyd het met 3 sekondes verbeter. Die atlete vaar baie goed en ons kan nie wag om te sien hoe hulle deur die seisoen gaan verbeter nie. Die volgende byeenkoms is Saterdag 1 Desember. Ons sal die atlete mooi...
Tennis: 0/10 WP Tennis Interdistrik Toernooi
Fredrich Erasmus het die naweek van 27 en 28 Oktober aan die 0/10 WP Interdistriktoernooi deelgeneem waar die top spelers van elke distrik teen mekaar as ‘n span gespeel het. Elke speler het 6 enkel en 3 dubbelswedstryde gespeel. Fredrich het al sy wedstryde gewen en was deel van die Suid-distrikspan wat die dag oortuigend gewen het. Baie geluk,ons is sommer baie trots op...
Belangrike Datums
augustus 2026