Al ons graad 4-7 leerders het deelgeneem aan die Living Math Olimpiade. Die Olimpiade bestaan uit 25 vrae. Twintig vrae is hoër orde vrae en daar is vyf vrae wat uiters uitdagend is. Die vraestel tel uit 20 wat beteken leerders kan meer as 100% vir die Olimpiade kry. Hierdie Olimpiade word elke jaar geskryf en ons leerders het uitstekend gedoen.

Daar was 120 leerders wat ‘n brons serifikaat verower het, 40 – 59%.
Daar was 51 leerders wat ‘n silwer sertifikaat verower het, 60-79%.
Baie geluk aan die volgende leerders wat ‘n goue sertifikaat, 80%-100%, vir die olimpiade behaal het:
Sebastian Maree, 80% Danny Newton, 90% Johann Loubser, 95%
Alexander Benecke, 80% Katrien Stimie, 90% Carla Snijders, 95%
Mari Swanepoel, 80% Jana Brink, 90% Stella Malan, 95%
Owen van der Linde, 80% Ethan Brits, 90% Peet Karsten, 95%
Fredrich Erasmus, 85% Nicholas de Jongh, 95%
Lumarie Fourie, 85% Gerard Snijders, 100%
Mieke Hertzog, 85% Benjamin Pienaar, 100%
Leila Lonte, 85%
Thornley Webber, 85%
Stef Mostert, 85%

Die volgende leerders het meer as ‘n 100% gekry en verower ‘n platinum sertifikaat.
Dawid Adler, 105%
Johann Jordaan, 105%
Jan Karsten, 115%

Baie geluk aan al ons leerders wat so mooi presteer het. Dit was die laaste wiskunde olimpiade vir die jaar. As ons terug kyk was dit ‘n uiters suksesvolle jaar vir wiskunde in Laerskool Jan van Riebeeck, ons leerders het uitstekend presteer!!