Ons is so gelukkig dat daar van ons leerlinge deelneem by Kunstekaap (Artscape), volgende Vryday 16 Nov 2018 tydens die Performance Awards Amerikaanse Ballet New York.
Ons beoordelaar is Simon Kaplan, welbekende danskenner, woonagtig in New York en Direkteur van American Academy of Ballet New York. Almal is opgewonde en trots dat ons dansskool deelneem. Ons dansskool bied 4 dans genres aan: Moderne dans, Kontemporêr, Hip Hop en American Ballet Program.
Dansers is goed toegerus en slaag uitsonderlik goed met die Ballet uitvoerings; veral met hul persoonlikheid en energie. Ons jonger dansers het reeds in September hul slag getoon en baie goed gevaar.
Kaartjie vir Artscape: R60 Vowassenes en R40 kinders. Dit is baie bekostigbaar! Kom ondersteun hulle asseblief. Die funksie begin om 13:00 op VRYDAG 16 NOV en ons danskool tree op teen 15:45 tot 16.45 . Daarna volg ‘n kort medalje-uitdeling. Die volgende 14 dansers tree op:

LARA BASSON JANA BRINK
JULIETTE VISSER JEANETTE GROENEWALD
AMELIE VISSER ELZE V ZYL
EMMA LIEBENBERG MARIANNE NEL
LUMARIE FOURIE JENNA SCOTT
ONELA ROXO BETSY WILKE
SCARLETT V D MERWE MIA VISSER

AAB bied ook ‘n NEW YORK STARS produksie aan vanaf 15 – 18 November by Artscape. Internasionale dansers uit New York en Parys tree op saam met plaaslike Johannesburg Ballet , om ‘n wonderlike danservaring te bied.
Ek stuur meer inligting aan JvR. As u van dans hou, moenie wegbly nie !Op die advertensie-afdeling, https://laerskooljanvanriebeeck.co.za/advertensies/, van ons skool se webtuiste, is daar ‘n kleurvolle advertensie van hierdie geleentheid en onder die Moderne dans-afdeling is twee videos wat u gerus na kan kyk: https://laerskooljanvanriebeeck.co.za/kuns-kultuur/moderne-dans/
Groete Barbie