Laerskool Jan van Riebeeck Nuus

Liewe Ouers,

Datums

Vrydag, 9 November 2018 Huppelland Gr.R-konsert

Vrydag, 9 November 2018 Gr.4-7:Swemgala

Dinsdag, 13 November 2018 Gr.4 2019 Ouervergadering

Dinsdag, 13 November 2018 Krieket: 0/9 teen Weizmann WEG

Woensdag, 14 November 2018 Krieketwedstryd: 0/11 GEKANSELLEER

Woensdag, 14 November 2018 SOMER-Buitemuurse oefening eindig

Donderdag, 15 November 2018 Gr.7 2019 Ouervergadering

Donderdag, 15 November 2018 0/10 Vriendskaplike tenniswedstryd TUIS

Vrydag, 16 November 2018 Gr. 7: Eksamen begin

Vrydag, 16 November 2018 Gr.1-3: Swemgala

Vrydag, 16 November 2018 Krieket: 0/13 Day/Night wedstryd WEG

Saterdag, 17 November 2018 Dapper Stappers CHAPMAN’S PEAK

Sondag, 18 November 2018 Tamboerskloof Kerssangdiens

Maandag. 19 November 2018 Spesiale saalbyeenkoms

Dinsdag, 20 November 2018 Geen saal

Dinsdag, 20 November 2018 Gr 4 – 6: Begin met eksamen

Dinsdag, 20 November 2018 Raché de Goede (Juffrou) verjaar

Woensdag, 21 November 2018 Liewe Aarde sivvies

Woensdag, 28 November 2018 Gr.1-3 Prysuitdeling OGGEND IN SKOOLSAAL

Donderdag, 29 November 2018 EKSAMEN EINDIG

Vrydag, 30 November 2018 Sivvies

Vrydag, 30 November 2018 Huppellandbraai

Vrydag, 30 November 2018 Nadia Stahmer (Juffrou) verjaar



>> SIEN DIE VOLLEDIGE DAGBOEK <<

UIT DIE HOOF SE KANTOOR



Begroting

Die Laerskool se 2019-begroting is Woensdagaand goedgekeur en ons sê dankie vir die ouers wat die aanbieding bygewoon, oorweeg en goedgekeur het.

Ons 2019-begroting word gedryf deur die volgende kernaspekte:

1. ‘n Begrote toename in leerdergetalle na 458;

2. Skoolfonds word verhoog met 11%;

3. Die salarisrekening verhoog met 16%; en

4. Streng kostebeheer oor ander uitgawes wat of net met inflasie of minder as inflasie verhoog.

Ons implimenteer ‘n aanpassing in die salarisskaal van ons onderwysers wat in beheerliggaamposte is om hulle vergoeding in lyn te bring met departementele vergoedingskale. In ‘n kompeterende mark is die salarisverhogings verder gemotiveer deur die stygende koste van verblyf in die stad tesame met die stygende reiskoste en -tyd wat ‘n toenemende uitdaging word vir ons personeel. Laerskool Jan van Riebeeck belê op hierdie manier in ons onderrigpersoneel en derhalwe ons skool en ons kinders.

Die skoolfonds vergelyk steeds gunstig met ander skole, veral gesien teen die agtergrond van ons kleiner klasse en die waarde daarvan vir ons kinders. Ons sê ook hiermee dan in besonder dankie vir ons onderwysers dat hulle so toegewyd is tot ons skool en vir hul vaardige onderrig van ons kinders!

ALGEMEEN

Baie geluk aan Thornley en Taniel Webber wat Jannies van die week is. Dankie dat julle so getrou herwin. Geniet die Col’Cacchios geskenkbewys!

WATER-UITKYK NA DIE REëNSEISOEN:

Die hidrologiese jaar eindig jaarliks op 31 Oktober. Tans is ons % watervoorraad vir al die damme gekombineer 75%. Alhoewel die Weerdiens bevestig ons reënval vir 2018 was bo die gemiddeld van die afgelope drie jaar, is ons nie uit die rooi nie. Waterbeperkings, volgens die Nasionale Departement van Water en Sanitasie, sal slegs gewysig word wanneer die gesamentlike % watervoorraad die 85 merk bereik. Intussen het die Stad Kaapstad vlak 6B beperkings vervang met vlak 5, met ’n 70 liter toelaag per persoon per dag. Dit beteken ons aanvraag het gestyg, en tariewe het verlaag.

Vir die presiese riglyne vir Vlak 5 beperkings, kliek hier:

RIGLYNE

Die Stad het ook ’n gewysigde wateruitkyk gepubliseer. Sien hier.

GEWYSIGDE WATERUITKYK

Albei kore tree op Sondagaand 18 November om 19:00 vir oulaas hierdie jaar by Tamboerskloof NG Kerk op.

Alle koorlede dra WIT klere en sit by hulle ouers.

Wees asb teen 18:45 daar.

Naam en van: Elrico Japhta

Graad: 5vdB

Waar bly jy?: Delft

Gunsteling vak: Ek hou van Geskiedenis, veral die Egiptiese geskiedenis waarvan ons nou leer.

Ek is ‘n trotse Jannie, want my juffrouens en menere komplimenteer my gereeld vir my selfdissipline en hoe mooi ek luister in die klas.

AKADEMIE

Al ons graad 4-7 leerders het deelgeneem aan die Living Math Olimpiade. Die Olimpiade bestaan uit 25 vrae. Twintig vrae is hoër orde vrae en daar is vyf vrae wat uiters uitdagend is. Die vraestel tel uit 20 wat beteken leerders kan meer as 100% vir die Olimpiade kry. Hierdie Olimpiade word elke jaar geskryf en ons leerders het uitstekend gedoen.

Daar was 120 leerders wat ‘n brons serifikaat verower het, 40 – 59%. Daar was 51 leerders wat ‘n silwer sertifikaat verower het, 60-79%. Baie geluk aan die volgende leerders wat ‘n goue sertifikaat, 80%-100%, vir die olimpiade behaal het: Sebastian Maree, 80% Danny Newton, 90% Johann Loubser, 95% Alexander Benecke, 80% Katrien Stimie, 90% Carla Snijders, 95% Mari Swanepoel, 80% Jana Brink, 90% Stella Malan, 95% Owen van der Linde, 80% Ethan Brits, 90% Peet Karsten, 95% Fredrich Erasmus, 85% Nicholas de Jongh, 95% Lumarie Fourie, 85% Gerard Snijders, 100% Mieke Hertzog, 85% Benjamin Pienaar, 100% Leila Lonte, 85% Thornley Webber, 85% Stef Mostert, 85% Die volgende leerders het meer as ‘n 100% gekry en verower ‘n platinum sertifikaat. Dawid Adler, 105% Johann Jordaan, 105% Jan Karsten, 115%

Baie geluk aan al ons leerders wat so mooi presteer het. Dit was die laaste wiskunde olimpiade vir die jaar. As ons terug kyk was dit ‘n uiters suksesvolle jaar vir wiskunde in Laerskool Jan van Riebeeck, ons leerders het uitstekend presteer!!

Geen biblioteekboeke sal van volgende Maandag af uitgeneem kan word nie.

Leerders sal steeds biblioteekboeke in die biblioteek kan lees & ook hul eie leesboek saambring vir leestyd.

Ons sukkel geweldig om uitstaande boeke terug te kry.

ALLE boeke terug in die biblioteek teen 22 November.

---

KULTUUR

Ons is bly om te kan sê dat ons van volgende jaar af vioollesse aanbied. Hannelize Gravell, wat eers by die Hoërskool was, werk nou op ‘n vryskutbasis en sal op ‘n Maandag by ons wees vir vioollesse.

Ouers kan haar direk kontak by 0734275767 of e-pos by hannelizegravell@gmail.com

SPORT

Fredrich Erasmus het die naweek van 27 en 28 Oktober aan die 0/10 WP Interdistriktoernooi deelgeneem waar die top spelers van elke distrik teen mekaar as ‘n span gespeel het. Elke speler het 6 enkel en 3 dubbelswedstryde gespeel. Fredrich het al sy wedstryde gewen en was deel van die Suid-distrikspan wat die dag oortuigend gewen het. Baie geluk,ons is sommer baie trots op jou!

Saterdag was die 3de ligabyeenkoms van die jaar te Stellenbosch. Tweekamp is ‘n sport wat die laaste twee jaar baie gegroei het en ons het 22 atlete wat deelgeneem het. In die laaste maand en ‘n half het baie van ons atlete se tye pragtig verbeter.

Adrian Huysamen se hardloop tyd het met 15 sekondes verbeter.

Stephan Griesel het met 13 sekondes verbeter.

Christiaan Viljoen het met 10 sekondes verbeter en 3 sekondes met die swem.

Isabella van der Walt het met 3 sekondes verbeter en 7 sekondes met die swem.

Stephan le Roux se swemtyd het met 5 sekondes verbeter.

Mari Swanepoel se hardloop het met 10 sekondes en swem met 6 sekondes verbeter.

Ruald Naudé se hardloop het met 10 sekondes verbeter en sy swem met 11 sekondes.

Isabella Marais se hardloop tyd het met 11 sekondes en swem met 6 sekondes verbeter.

Ané Swanepoel se hardloop het met 8 sekondes en swem met 1 sekonde verbeter.

Willem Vorster het sy hardloop tyd met 10 sekondes verbeter.

Mieke Huysamen het haar hardloop tyd met 3 skeondes en swem met 19 sekondes verbeter.

Sophia Liebenberg se swemtyd het met 3 sekondes verbeter.

Die atlete vaar baie goed en ons kan nie wag om te sien hoe hulle deur die seisoen gaan verbeter nie. Die volgende byeenkoms is Saterdag 1 Desember. Ons sal die atlete mooi dophou.

---

Kliek HIER vir advertensies van die week

Doen dinge reg – dan is jy knap. Doen die regte dinge – dan is jy bydertyds. Doen die regte dinge reg – eers dan is jy doeltreffend.

-Anoniem

Vriendelike groete

J.H. Oosthuizen

SKOOLHOOF

Laerskool Jan van Riebeeck
Kloofstraat 52, Tuine, Kaapstad, 8001
021 423 4209