Bekendstellingsvergadering: Sosiale kuier vir ouers op 23 Januarie
Vanjaar beplan ons iets lekker vir die ouers na die Bekendstellingsvergadering op 23 Januarie 2019. Soos in die verlede, ontmoet ouers die onderwysers in die klasse om 18:00 waarna ouers na die saal beweeg vir die Bekendstelling van verskeie onderwysers en ouers in bestuursposisies. Na afloop van die vergadering kan ouers heerlik saam kuier met iets te ete en te drinke aan die Kloofstraat gedeelte van die terrein. Boulevard 82 gaan sorg vir heerlike kosse – ‘n paar lusmakers is hier aangeheg. Hou asb. julle e-posse dop vir meer inligting. Vir die kleiner kinders sal dit in hulle huiswerkboeke geplak word. Bestellings moet afgehandel wees teen 21 Januarie, so julle sal gou moet spring om nie hierdie heerlike aand mis te loop nie. Daar sal ook nagereg, koffie en iets sterker te drinke wees om op die aand te koop. Vir enige verdere inligting ,kontak asb. vir Ria Hertzog (oov@jvrprim.co.za of 082 320...
Belangrike administratiewe inligting 2019
Die eerste nuusbrief van die jaar word altyd as 'n hardekopie aan alle ouers uitgedeel. Daarna kry slegs ouers wat nie internettoegang het nie 'n hardekopie. Die nuusbrief word elke Vrydag aan ouers ge-e-pos, mits jy op jou profiel op die skool se webtuiste aangedui het jy wil die nuusbrief ontvang. Indien jy nie kan aanteken op die webtuiste om te kies om die nuusbrief te ontvang nie, stuur asb. 'n e-pos aan Suzaan Burger (suzaan@jvrprim.co.za). Die skool gebruik Whatsapp om dringende kommunikasie aan ouers deur te gee. Indien jy nie die Whatsapps ontvang nie, maar graag wil, maak seker jou kommunikasie voorkeure en selfoonnommer op jou profiel op die skool se webtuiste is korrek en maak ook seker dat jy die skool se selfoonnommer in jou selfoon gestoor het: 0661434003. Dit word slegs vir eenrigtingkommunikasie gebruik. Moet asb. nie boodskappe aan hierdie nommer stuur nie....
Stef Bos konsert
Kom kuier saam op 13 Februarie 2019 vir ‘n aand saam met Stef Bos. Die unieke, geliefde en energieke sanger tree op by Laerskool Jan van Riebeeck in Kaapstad. Die konsert is ten bate van beurse vir diversiteitsontwikkeling by dié skool. Dié Hollander wat ook sy hart vir Kaapstad gegee het, is bekend vir sy sang-vertolking, maar ook vir sy betekenisvolle lirieke. Sy konserte is gewoonlik ‘n versameling lekker en roerende liedjies in Afrikaans en Hollands – met ‘n storie op die regte tyd. Die konsert begin om 19:00. Besprekings kan gemaak word op...
Swemoefening
Ons het in 2018 die meeste van ons leerders in groepe verdeel om die groepe so klein as moontlik te hou vir swemoefeninge. Ons gaan steeds voort met hierdie groepe. Die lys met GROEPE is op die swemblad van die webtuiste beskikbaar en 'n kopie daarvan is in die klasse opgesit sodat leerders kan sien waar hul naam verskyn. Indien hul naam nie op die lys is nie, kan hulle met juffrou Hanekom gesels of hul ouers kan 'n e-pos aan sport@jvrprim.co.za stuur sodat ons hulle dan in 'n groep kan plaas. Gr.1 swemoefening gaan nie van 14-18 Januarie plaasvind nie. Leerders gaan 'n brief ontvang wat ouers asb. moet voltooi. Daarop moet julle aandui watter dag jou kind die oefening sal kan bywoon. Ons moedig leerders aan om aan ander sportsoorte ook deel te...
Tennisranglys en oefening
Tennisoefening vir 2019 gaan effens anders werk as vorige jare. Ons gaan soggens met ons spanspelers oefen en in die middae met spelers wat nie op die ranglys verskyn nie. Indien die afrigters dan voel dat daar 'n speler/s is wat iemand op die ranglys kan daag, sal ons 'n daagwedstryd reël. Die oefeninge vir Gr. 1 -3 leerders is oop vir almal. Spelers kan oefeninge op albei dae bywoon of net een dag indien hulle aan ander sport deelneem. Seuns ranglys: 1. Peet Karsten 2. Alexander Newton 3. Jan Karsten 4. Fredrich Erasmus 5. Marcel Eygenberger 6. Daniel van Reenen 7. Jacques Loubser 8. Sebastian Maree 9. Sebastian Boshoff 10. Lukas Wasserman Dogters ranglys: 1. Leila Lonte 2. Mia Symington 3. Jacomien van der Westhuizen 4. Heloise Strauss 5. Katrien Stimie 6. Chiara Roodt 7. Nina...
Snoepie 2019
Ons skool beskik oor ‘n moderne snoepie wat gesonde eetgoed verkoop. Die snoepie is elke dag van die week oop gedurende eerste en tweede pouse. Om Graad 1 leerders kans te gee om eers aan hul nuwe omgewing gewoond te raak, kry hulle Vrydae gedurende eerste pouse ‘n afsonderlike geleentheid om eetgoed by die snoepie te koop. OM ‘N BESTELLING AANLYN TE DOEN: 1. Kliek op die SKAKEL om ‘n Google vorm in te vul om u bestelling te plaas. 2. Die vorm moet vir elke leerder apart ingevul word. 3. Vul elke week ‘n vorm in voor of op Vrydag, 09:00 vir die volgende week se bestelling. 4. Kontant kan in ‘n duidelik gemerkte koevert op Maandae by die registeronderwyser ingehandig word. Kontant kan ook direk by die snoepie inbetaal...
Klerebanktye
Snapscan/kontant Maandae: 7:20-8:00. Dinsdae: 13:30 – 14:30. Woensdae: 7:20-8:00. Donderdae: 13:30 – 14:30. Addisioneel oop: 11/01 Vrydag 7:20-8:00 Aanlynaankope: https://www.treadleclothing.co.za/shop/
Busvervoer
Daar is 'n nuwe busvervoer-koordineerder vir 2019 aangewys. Volg hierdie SKAKEL vir enige inligting rakende busvervoer.
Interskolespan vir 26 Januarie
Ons het aan alle leerders wat vir die voorlopige Interskole atletiekspan kwalifiseer, 'n brief met meer inligting oorhandig. Hulle moet asb. alle oefenige vir die volgende 2 weke voor die byeenkoms bywoon. Indien daar enige nuwe of ander leerders is wat nie die Kleursportdag kon bywoon nie, maar wat graag aan die Interskole wil deelneem, moet hulle voor 16 Janaurie met Juffrou Hanekom gesels of 'n e-pos aan die sportkantoor stuur. Ons kan dan reël dat hy/sy teen die atleet deelneem wat vir die items gekwalifiseer het om te sien of hy/sy...
Musieklesse
Klavier & blokfluitIndien iemand belangstel in klavier- of blokfluitlesse, kan hulle 'n e-pos aan juffrou Groenewald rig by helecia@jvrprim.co.za.VioolJuffrou Hannelize Gravel sal op 'n Maandag beskikbaar wees vir vioollesse by die skool. Kontak haar gerus self by...
Nuusbrief van 12 Desember 2018
Laerskool Jan van Riebeeck Nuus Liewe Ouers, Datums Dinsdag, 11 Desember 2018 Gr.7 - Afskeid Woensdag, 12 Desember 2018 Skole sluit vir leerders Vrydag, 14 Desember 2018 Skool sluit vir onderwysers Dinsdag, 18 Desember 2018 Wanda van Zyl (Juffrou) verjaar Vrydag, 14 Desember 2018 Mnr. Steyn (Busbestuurder) verjaar Donderdag, 20 Desember 2018 Rentia van der Merwe (Juffrou) verjaar Donderdag, 20 Desember 2018 Louise van Dyk (Juffrou) verjaar Vrydag, 21 Desember 2018 Marianne van der Westhuizen (Juffrou) verjaar Maandag, 31 Desember, 2018 Mnr. Oosthuizen (Skoolhoof) verjaar Maandag, 7 Januarie 2019 SKOLE HEROPEN VIR ONDERWYSERS Woensdag, 9 Januarie 2018 SKOLE HEROPEN VIR LEERDERS SIEN DIE VOLLEDIGE DAGBOEK UIT DIE HOOF SE KANTOOR Baie dankie aan alle ouers se bydraes oor die afgelope jaar! Soos wat ek tydens die prysuitdelings gesê het, 'n skool kan nie in vandag se tye effektief funksioneer sonder die hulp en bystand van ouers nie. Ons hoop almal het 'n wonderlike vakansie en feesseisoen en ons sien uit na 'n baie voorspoedige en suksesvolle 2019! ALGEMEEN Suidooster Uitgawe 4 Gaan lees gerus die 4de uitgawe van Die Suidooster vir die kwartaal. UITGAWE 4 Liewe Aarde Nuus van die week Baie geluk aan Tyla du Preez wat Jannie van verlede week was. Dankie dat jy so gereeld herwin – hou so aan. Geniet die R100 Col’Cacchios geskenkbewys.Baie dankie aan al die JvR gesinne wat so getrou deur die jaar herwin! Kom ons moedig vriende en familie aan om dieselfde te doen. Die depot sluit Woensdag saam met die skool. Glas kan by die Labia teater herwin word. Plastiek, papier en karton kan julle ophoop tot volgende jaar....
Stef Bos konsert
Kom kuier saam op 13 Februarie 2019 vir ‘n aand saam met Stef Bos. Die unieke, geliefde en energieke sanger tree op by Laerskool Jan van Riebeeck in Kaapstad. Die konsert is ten bate van beurse vir diversiteitsontwikkeling by dié skool. Dié Hollander wat ook sy hart vir Kaapstad gegee het, is bekend vir sy sang-vertolking, maar ook vir sy betekenisvolle lirieke. Sy konserte is gewoonlik ‘n versameling lekker en roerende liedjies in Afrikaans en Hollands – met ‘n storie op die regte tyd. Die konsert begin om 19:00. Besprekings kan gemaak word op...
Liewe Aarde Nuus van die week
Baie geluk aan Tyla du Preez wat Jannie van verlede week was. Dankie dat jy so gereeld herwin – hou so aan. Geniet die R100 Col’Cacchios geskenkbewys. Baie dankie aan al die JvR gesinne wat so getrou deur die jaar herwin! Kom ons moedig vriende en familie aan om dieselfde te doen. Die depot sluit Woensdag saam met die skool. Glas kan by die Labia teater herwin word. Plastiek, papier en karton kan julle ophoop tot volgende jaar. Alternatiewelik, kontak vir Recycle1st https://www.recycle1st.co.za/ om herwinbare items by julle huis op te laai. Alles van die beste tot...
WP Swemkampioenskappe
Baie geluk aan Benke Grobler wat die afgelope naweek aan die WP Champs in Stellenbosch deelgeneem het. Hy het verskeie medaljes gewen. 50m Borsslag - Brons 200m Borsslag - Silwer 100m Borsslag - Goud 800m Vryslag - Goud 1500m Vryslag - Goud Goud vir al drie -...
Somersportprogram 2019
Belangrike Datums
augustus 2026