Laerskool Jan van Riebeeck Nuus

Liewe Ouers,

Datums

Dinsdag, 11 Desember 2018 Gr.7 – Afskeid

Woensdag, 12 Desember 2018 Skole sluit vir leerders

Vrydag, 14 Desember 2018 Skool sluit vir onderwysers

Dinsdag, 18 Desember 2018 Wanda van Zyl (Juffrou) verjaar

Vrydag, 14 Desember 2018 Mnr. Steyn (Busbestuurder) verjaar

Donderdag, 20 Desember 2018 Rentia van der Merwe (Juffrou) verjaar

Donderdag, 20 Desember 2018 Louise van Dyk (Juffrou) verjaar

Vrydag, 21 Desember 2018 Marianne van der Westhuizen (Juffrou) verjaar

Maandag, 31 Desember, 2018 Mnr. Oosthuizen (Skoolhoof) verjaar

Maandag, 7 Januarie 2019 SKOLE HEROPEN VIR ONDERWYSERS

Woensdag, 9 Januarie 2018 SKOLE HEROPEN VIR LEERDERS

SIEN DIE VOLLEDIGE DAGBOEK

UIT DIE HOOF SE KANTOOR

Baie dankie aan alle ouers se bydraes oor die afgelope jaar! Soos wat ek tydens die prysuitdelings gesê het, ‘n skool kan nie in vandag se tye effektief funksioneer sonder die hulp en bystand van ouers nie. Ons hoop almal het ‘n wonderlike vakansie en feesseisoen en ons sien uit na ‘n baie voorspoedige en suksesvolle 2019!

ALGEMEEN

Suidooster Uitgawe 4

Gaan lees gerus die 4de uitgawe van Die Suidooster vir die kwartaal.

UITGAWE 4

Baie geluk aan Tyla du Preez wat Jannie van verlede week was. Dankie dat jy so gereeld herwin – hou so aan. Geniet die R100 Col’Cacchios geskenkbewys.Baie dankie aan al die JvR gesinne wat so getrou deur die jaar herwin! Kom ons moedig vriende en familie aan om dieselfde te doen. Die depot sluit Woensdag saam met die skool. Glas kan by die Labia teater herwin word. Plastiek, papier en karton kan julle ophoop tot volgende jaar. Alternatiewelik, kontak vir Recycle1st https://www.recycle1st.co.za/ om herwinbare items by julle huis op te laai. Alles van die beste tot 2019.

---

KULTUUR

Die Stad Kaapstad het onlangs ‘n kunskompetisie geloods om saam te val met die feesvieringe rondom die aanskakeling van die Kersliggies. ‘n Paar van ons leerders het deelgeneem en vier van hulle se werk is gekies as deel van die top 12.

Die leerders is Adriaan Wessels, Lara Basson, Lia Luna Li Lätti en Simon van Dyk. Ons is baie trots op hulle aangesien daar meer as 500 werke onvang is van skole soos Rondebosch Prep, Rustenburg Primary en St. Cyprians.

Die werk word uitgestal in die Burgersentrum tot 11 Januarie 2018. Daar is ook nog ‘n paar van ons leerders se werke te sien by die uitstalling.

Onder is ‘n foto van die leerders saam met J.P. Smith wat die opening van die uitstalling behartig het.

Baie geluk aan Kaylin Grobler wat 89% ontvang het vir haar Moderne Dans finale eksamen!

Kom kuier saam op 13 Februarie 2019 vir ‘n aand saam met Stef Bos. Die unieke, geliefde en energieke sanger tree op by Laerskool Jan van Riebeeck in Kaapstad. Die konsert is ten bate van beurse vir diversiteitsontwikkeling by dié skool.

Dié Hollander wat ook sy hart vir Kaapstad gegee het, is bekend vir sy sang-vertolking, maar ook vir sy betekenisvolle lirieke. Sy konserte is gewoonlik ‘n versameling lekker en roerende liedjies in Afrikaans en Hollands – met ‘n storie op die regte tyd. Die konsert begin om 19:00. Besprekings kan gemaak word op Quicket.

SPORT

Kliek hier vir: SOMERSPORTPROGRAM 2019

Baie dankie vir almal se geduld en ondersteuning in ‘n week waar baie dinge gebeur het in die Jannies se lewens. Ons het sommer reën in Desember ook gehad. Ons deel graag met julle die finale uitslae van die atletiekbyeenkoms.

Junior Victor Ludorum: Danny Newton

Junior Victrix Ludorum: Sophia Liebenberg

Senior Victor Ludorum: Alexander Newton

Senior Victrix Ludorum: Jacomien van der Westhuizen

Sang / Geesbeker: Oranjespan

Wenspan: Blouspan, 1935 punte (Oranje het 1752 punte)

Baie geluk aan almal. Ons sal later die span vir Interskole op 26 Januraie 2019 by Groenpunt Atletiekstadion, bekend maak.

FINALE UITSLAE

‘n Baie groot dankie aan al die ouers en helpers wat gesorg het dat die verkope tydens die atletiek verlede week so ‘n sukses was. Ons het meer as R20 000 wins gemaak! Teken solank 23 Januarie in julle dagboeke aan vir ‘n sosiale funksie vir ouers na die Bekendstellingsvergadering. Daar gaan ‘n “food truck” met heerlike dinge om aan te smul,wees en ons sien uit om heerlik saam te kuier.

Baie geluk aan die volgende agt leerders wat almal deel is van die WP skaakspan wat gedurende die vakansie van 15 – 24 Desember in Boksburg aan die Suid-Afrikaanse Junior skaak kampioenskappe gaan deelneem. Ons wens hulle alles van die beste toe:

*Emma Snijders (gr 1) speel vir die O/8 span

*Louis Willem Bosman (gr 1) speel vir die O/10 B-span

*Pertrus Bosman (gr 3) speel vir die O/10 A-span

*Jan Karsten (gr 4) speel vir die O/12 span

*Carla Snijders (gr 4) speel vir die O/12 span

*Peet Karsten (gr 6) speel vir die O/14 span

*Liezel Snijders (gr 6) speel vir die O/14 span

*Gerard Snijders (gr 7) speel vir die O/14 span

Definitief die eerste keer in die skool se geskiedenis dat 4 kinders van dieselfde gesin WP kleure in dieselfde sportsoort gekry het !!!…Baie trots op julle !!…..8 leerders uit slegs 3 gesinne !!

Baie geluk aan Paul-Philip Grobler, hy ontvang ‘n sertifikaat vir uitnemendheid asook ‘n medalje vir beste prestasie in “Mens Artistic Gymnastics Level 4” by sy gimnastiekklub. Hy word ook gekies om die Wes-Kaap te gaan verteenwoordig by die Gym Games en ontvang sy Wes-Kaap erekleure. Baie geluk Bencke,ons is sommer baie trots op jou !

Die meeste van die tennisouers sou teen hierdie tyd al gehoor of gesien het dat ons ‘n nuwe tennisafrigter aangestel het vir 2019. Ons wil vir Matchpoint Tennis baie dankie sê vir hul diens en afrigting oor die laaste paar jare. Ons is bewus daarvan dat baie van ons leerders by hulle privaatafrigting ontvang. Ons het ‘n ooreenkoms met Matchpoint Tennis aangegaan om 2 van ons bane gedurende sekere tye aan hulle te verhuur vir privaatafrigting.

Ons verwelkom met baie opwinding vir Yurich Daniels en sy maatskappy Daniels Tennis Academy vanaf 2019 by ons. Van ons ouers wat in die Melkbos omgewing woon, mag hom dalk op die bane van Laerskool Van Riebeeckstrand gesien het waar hy vir 8 jaar afgerig het. Hulle gaan al ons skooltennis afrigting doen en is ook beskikbaar vir privaatlesse. Leerders sal ‘n pamflet met meer inligting oor hul privaatlesse in hul rapport kry. Ouers sal ook sien dat ons die tennisoefeninge vir 2019 bietjie verander het .Al ons spanspelers gaan nou in die oggende oefen om te verseker dat hulle almal kan saam oefen.

Volg ook die skakel om meer oor Yurich Daniels te lees.

Baie geluk aan Benke Grobler wat die afgelope naweek aan die WP Champs in Stellenbosch deelgeneem het. Hy het verskeie medaljes gewen.

50m Borsslag – Brons

200m Borsslag – Silwer

100m Borsslag – Goud

800m Vryslag – Goud

1500m Vryslag – Goud

Goud vir al drie – Goud

---

Kliek HIER vir advertensies van die week

---

Vriendelike groete

J.H. Oosthuizen

SKOOLHOOF

Laerskool Jan van Riebeeck
Kloofstraat 52, Tuine, Kaapstad, 8001
021 423 4209