Baie geluk aan Tyla du Preez wat Jannie van verlede week was. Dankie dat jy so gereeld herwin – hou so aan. Geniet die R100 Col’Cacchios geskenkbewys.
Baie dankie aan al die JvR gesinne wat so getrou deur die jaar herwin! Kom ons moedig vriende en familie aan om dieselfde te doen. Die depot sluit Woensdag saam met die skool. Glas kan by die Labia teater herwin word. Plastiek, papier en karton kan julle ophoop tot volgende jaar. Alternatiewelik, kontak vir Recycle1st https://www.recycle1st.co.za/ om herwinbare items by julle huis op te laai. Alles van die beste tot 2019.