Ons het in 2018 die meeste van ons leerders in groepe verdeel om die groepe so klein as moontlik te hou vir swemoefeninge. Ons gaan steeds voort met hierdie groepe. Die lys met GROEPE is op die swemblad van die webtuiste beskikbaar en ‘n kopie daarvan is in die klasse opgesit sodat leerders kan sien waar hul naam verskyn. Indien hul naam nie op die lys is nie, kan hulle met juffrou Hanekom gesels of hul ouers kan ‘n e-pos aan sport@jvrprim.co.za stuur sodat ons hulle dan in ‘n groep kan plaas.

Gr.1 swemoefening gaan nie van 14-18 Januarie plaasvind nie. Leerders gaan ‘n brief ontvang wat ouers asb. moet voltooi. Daarop moet julle aandui watter dag jou kind die oefening sal kan bywoon. Ons moedig leerders aan om aan ander sportsoorte ook deel te neem.