Trotse Jannie
Naam en van: Ludwig Smit Graad: 4F Waar bly jy?: Mowbray Gunsteling vak(ke): Wiskunde, Aardrykskunde en Geskiedenis Ek is ‘n trotse Jannie, want ek hou van skool en fietsry en ek speel graag met my antieke elektriese modeltreine.
Vakansiesorg Maart 2019
Ons hou in Maart weer vakansie. Vir ouers wat belang sou stel in vakansiesorg, vul asb. die vorm en vrywaring in en bring dit terug Nasorg toe. Sien die brief vir meer inligting: [pdf-embedder url="https://laerskooljanvanriebeeck.co.za/wp-content/uploads/2019/02/Vakansiesorg-Maart-2019-1.pdf" title="Vakansiesorg Maart...
Woord van die week nr. 76
Woord van die week nr.76: versot Definisie: om baie van iets te hou Sin: My broer is ‘n regte boekwurm. Hy is versot op lees. Wenner: Elle Nortje (Gr.5S)
Liewe Aarde
Baie geluk aan Elisabet Gr.1 en Isabella Marais Gr.2 wat Jannies van die week is. Dankie dat julle so gereeld herwin by ons depot. Geniet julle R100 geskenkbewys by Col’Cacchios! Onthou - almal wat by ons skool herwin kan op die laaste Woensdag van elke maand verniet sivvies dra – die eerste Herwinnings sivvies van vanjaar is op 30...
Nuusbrief van 25 Januarie 2019
Laerskool Jan van Riebeeck Nuus Liewe Ouers, Datums Vrydag, 25 Januarie 2019 Toets: Gr.4 & 6 Afrikaans Saterdag, 26 Januarie 2019 Susan Oelofse (Nasorg) verjaar Saterdag, 26 Januarie 2019 Registrasie vir 2019 verkiesing Saterdag, 26 Januarie 2019 Atletiek Interskole Maandag, 28 Januarie 2019 Beheerraadsvergadering Woensdag, 30 Januarie 2019 Krieketwedstryde: O/11 vs Kronendal, TUIS (Jan van Riebeeck Sportveld, 0A Quarry Hill Rd, Tamboerskloof) Donderdag, 31 Januarie 2019 Krieketwedstryde: O/13 vs. Kronendal, TUIS (Jan van Riebeeck Sportveld, 0A Quarry Hill Rd, Tamboerskloof) Donderdag, 31 Januarie 2019 Toets: Gr.6 Wiskunde Donderdag, 31 Januarie 2019 Inskrywings WOW-redenaars Gr.6 & 7 sluit Vrydag, 1 Februarie 2019 Toets: Gr.4 - 7 Wiskunde Vrydag, 1 Februarie 2019 Skaak:Distrik Sentraal proewe (Surrey Primary School, 21 Pluto Rd, Surrey Estate) Saterdag, 2 Februarie 2019 Skaak:Distrik Sentraal proewe (Surrey Primary School, 21 Pluto Rd, Surrey Estate) Saterdag, 2 Februarie 2019 Tweekamp: Interprovinsiaal (Oudtshoorn, South Africa) Saterdag, 2 Februarie 2019 Seniorkooroefening 09:00 - 13:00 Sondag, 3 Februarie 2019 Marili Thompson (Finansies) verjaar Woensdag, 6 Februarie 2019 Krieketwedstryde: O/11 vs. Sea Point, TUIS (Jan van Riebeeck Sportveld, 0A Quarry Hill Rd, Tamboerskloof) Donderdag, 7 Februarie 2019 Krieketwedstryde: O/13 vs. Sea Point, TUIS (Jan van Riebeeck Sportveld, 0A Quarry Hill Rd, Tamboerskloof) Donderdag, 7 Februarie 2019 Toets: Gr.5 NWT Vrydag, 8 Februarie 2019 Klasbraai >> SIEN DIE VOLLEDIGE DAGBOEK << UIT DIE HOOF SE KANTOOR Kaalvoet eerste en laaste kwartaal Ons herinner alle ouers (en leerders!) dat ons skool se beleid gedurende die eerste en laaste kwartaal is dat leerders op warm dae toegelaat word om hulle kouse en skoene in die klas uit te trek en net voordat hulle in...
Mathletics
My kind sukkel met Wiskunde! Help my! Ek haat Wiskunde! My kind het ‘n passie vir Wiskunde en ek voel hy/sy moet gestimuleer word! Hierdie is maar ‘n paar opmerkings wat ek al gehoor het. Nou hoe nou? Gelukkig het elke probleem ‘n oplossing, anders was dit mos nie 'n probleem nie? Daar is 'n aanlyn program wat Wiskunde vir leerders lekker maak, waar basiese hoofreken op 'n baie kreatiewe manier gedoen word. Die program het ontstaan in Australië, maar is nou aangepas vir die Suid-Afrikaanse kurrikulum vanaf Gr. R tot Gr. 12. Die leerders doen dit by die huis of hulle kan dit in die middae by ons rekenaarlokaal doen. Die rekenaarlokaal is oop elke middag tot 15:00, behalwe op 'n Donderdag (Robotics word dan daar aangebied) en 'n Vrydag. Daar is heelwat bekende skole wat reeds van hierdie program gebruik maak as deel van hulle program om hulle wiskunde uitslae te verbeter. Gaan kyk op die webtuiste. Die volgende vraag sal wees, hoeveel kos dit? Mathletics raak goedkoper as daar meer leerders registreer. Die normale tarief is R695 per jaar. Hier is die afslagpryse afhangende hoeveel leerders belangstel: 11-39 leerders: R375 40-79 leerders: R300 80-199 leerders: R250 200-599 leerders: R200 Indien jy sou belangstel om die jaar deel te wees van die Mathletics-program, stuur 'n e-pos aan leon@jvrprim.co.za. Sodra ons die getalle het, kan ek aandui hoeveel dit per leerder gaan kos. Wiskunde groete, Mnr....
60 Atlete verteenwoordig Saterdag vir JvR by die Atletiekinterskole
Op Saterdag, 26 Januarie, sal 60 van ons atlete vir Laerskool Jan van Riebeeck by die jaarlikse Interskole Atletiekbyeenkoms verteenwoordig. Agt verskillende skole (Reddam House ASB, Kronendal, Kampsbaai, Tamboerskloof, St Cyprian's, Deutsche Schule,Seepunt en JvR) neem aan hierdie byeenkoms deel en Jan van Riebeeck kan met trots sê dat ons ten minste 1 atleet by elke item het wat deelneem. Dit getuig van die wonderlike atletiekafrigters wat ons by die skool het. Baie dankie aan elkeen! Almal is welkom om die dag te kom bywoon. Dit sal by Groenpunt Atletiekstadion plaasvind en begin om 8:30. Ingang vir toeskouers is...
Tweekamp atlete maak ons trots!
Na baie oefening en byeenkomste het ons atlete Saterdag, 19 Januarie, aan die 6de ligabyeekoms van die seisoen deelgeneem. Dit was die laaste byeenkoms waar atlete kon kwalifiseer om gekies te word vir die Interprovinsiale byeenkoms te Oudtshoorn. So ook in die skolekompetisie. Die top 3 skole in die WP kwalifiseer ook om in Oudtshoorn deel te neem. Dit was 'n goeie dag vir Jan van Riebeeck. Ons het 18 atlete wat gekwalifiseer het om WP te verteenwoordig. Laerskool Jan van Riebeeck saam met Laerskool Kenridge en Laerskool Durbanville het gekwalifiseer as die top 3 skole. Die Interprovinsiale byeenkoms vind Saterdag 1 Februarie plaas. Baie geluk aan die volgende atlete wat ons gaan verteenwoordig: Ané Swanepoel, Isabella Marais, Delmar Benecke, Adriaan Wessels, Ruald Naudé, Sophia Liebenberg, Cara Swanepoel, Alexander Benecke, Albert Griesel, Lourens van der Walt, Mia Nortjé, Isabella van der Walt, Kian Eksteen, Christiaan Viljoen, Mari Swanepoel, Stephan Griesel, John Willcox en Stef Mostert. Ons gaan 'n mooi oog oor die atlete hou en weet verseker hulle sal almal net hul bes gee. 'n Spesiale woord van dank aan mnr. Hanekom wat die leerders na elke byeenkoms vergesel en...
Liewe Aarde
Baie geluk aan Zuletha Ferreira in Graad 3, wat Jannie van die week is. Baie dankie dat julle so getrou herwin. Geniet die R100 Col’Cacchios geskenkbewys! Ons hoop party van julle is steeds besig om ecobricks te maak? Prop alle onherwinbare plastiek in ‘n leë 2 liter koeldrankbottel totdat die bottel stampvol is. Neem jou vol gepropte bottel na die area voor die Waterfront se PnP waar die ecobricks gepak staan. So verhoed ons dat plastiek in die natuur (veral die oseane) beland. Vir meer inligting: YUPPIECHEF ECOBRICKS TWO OCEANS AQUARIUM...
OOV lede 2019
Gaan kyk gerus op ons webtuiste wie die OOV lede vir 2019 is. Hulle e-posadresse is ook daarop beskikbaar.
Sport / LO-drag gedurende skoolure
Ons het 'n tydelike reëling as gevolg van die waterbeperkings wat steeds van krag is, naamlik dat leerders met hul LO-klere skool toe kom op die dag waarop hulle LO en/of aan 'n skoolsport direk na skool deelneem. Korrekte sportdrag moet gedra word, anders sal hierdie voorreg ontneem word. Geen ander oefenhemde sal toegelaat word nie. Vir meer besonderhede van die korrekte sport/LO-drag, sien bladsy 42 van die handleiding wat leerders aan die begin van die jaar ontvang...
Seniorkoor
Net 'n herinnering dat die Seniorkoor op Saterdag, 2 Februarie, 'n kooroefening van 9:00 - 12:30 het. Bring jul eie kospakkies en drinkgoed saam vir die oggend. Niemand mag die skoolgronde verlaat om iets te gaan koop nie.
Wuppertal in sak en as!
Dit het onder ons aandag gekom dat ‘n aaklige ramp vir Wuppertal getref het. Ongeveer 53 huise, die gemeenskapsaal, skoolkoshuis en alles daarin is in Desember 2018 deur ‘n verwoestende brand vernietig. Jannies - Kom ons help! Die Rupert-familie het onderneem om Wuppertal weer op te bou. Die Jannie-familie, in samewerking met die oud-Jan van Riebeeck leerders, wil seker maak dat elke huis voldoen aan elke familie se basiese behoeftes. Januarie is die perfekte maand om jou kaste uit te sorteer. Gooi die klere, beddegoed en eetgerei wat jy maande laas gebruik het uit en skenk dit vir ‘n baie goeie doel! Enige van die onderstaande items is welkom: - Toiletware - Nie-bederfbare produkte - Skoonmaakmiddels - Kombuisware - Linne/Komberse/Gordyne - Klere (mans, dames, dogters, seuns en selfs babaklere) Plaas asseblief elke groepie items in ‘n duidelik gemerkte sak. Bring dit asseblief na Laerskool Jan van Riebeeck, juf. Schultz se klas, voor of op 1 Februarie 2019. Ons wil graag vragmotors vol goedere en liefde na Wuppertal...
Privaat tennislesse gedurende L.O. periodes
Ons gaan hierdie jaar verskeie nuwe dinge aanpak. Een van hierdie dinge is om leerders tydens L.O. periodes toe te laat om privaat tennislesse te neem. Ons het 'n ooreenkoms met Yurich (Daniels tennis academy) om gedurende L.O. periodes vir leerders privaatlesse aan te bied. Yurich het 'n afskrif van die skool / mnr. Pieterse se L.O. periodes vir die week en pas dan leerders volgens hul klas in vir hierdie lesse. Leerders word steeds een keer 'n kwartaal deur mnr. Pieterse geassesseer en vir daardie les mag hulle dan nie tennisafrigting ontvang nie. Leerders het verlede week, 14 - 18 Januarie, hul assessering vir kwartaal 1...
Skaakproewe rondte1 vir WP, 1 & 2 Februarie
Die eerste rondte (Distrikproewe) vind op 1 & 2 Februarie by Laerskool Surrey, Athlone, plaas. Indien spelers vir die provinsiale en moontlik Nasionale span gekies wil word, moet hulle aan hierdie rondte deelneem. Alle leerders wat belangstel om aan die eerste rondte van die skaakproewe deel te neem, moet asb. die vorm voltooi. Indien u kind wil deelneem, moet hulle aan die volgende vereistes voldoen soos deur WP-skaak aan ons gestuur: Players must be able to play a full chess game, must have mastered: - movements and capturing rules of all pieces - special rules: check, checkmate, stalemate, promotion, castling, touch-is-a-move, illegal moves - must use a clock if the opponent has one/placed by an official [Notation is not compulsory at District, but is compulsory at all the next closed Trials] Die ouderdomsgroepe is soos volg: 2012+ = O/7 (O/7 speel saam met O/9); 2011/2010 = O/9; 2009/2008 = O/11; 2006/2007 = O/13; 2005/2004 = O/15. Elke skool mag 'n maksimum van 25 spelers inskryf. Inskrywings deur die skool sluit 28 Januarie om 23:00. Geen inskrywings sal daarna aanvaar word...
Belangrike Datums
augustus 2026