Ons het ‘n tydelike reëling as gevolg van die waterbeperkings wat steeds van krag is, naamlik dat leerders met hul LO-klere skool toe kom op die dag waarop hulle LO en/of aan ‘n skoolsport direk na skool deelneem. Korrekte sportdrag moet gedra word, anders sal hierdie voorreg ontneem word. Geen ander oefenhemde sal toegelaat word nie. Vir meer besonderhede van die korrekte sport/LO-drag, sien bladsy 42 van die handleiding wat leerders aan die begin van die jaar ontvang het.