Laerskool Jan van Riebeeck Nuus

Liewe Ouers,

Datums

Vrydag, 25 Januarie 2019 Toets: Gr.4 & 6 Afrikaans

Saterdag, 26 Januarie 2019 Susan Oelofse (Nasorg) verjaar

Saterdag, 26 Januarie 2019 Registrasie vir 2019 verkiesing

Saterdag, 26 Januarie 2019 Atletiek Interskole

Maandag, 28 Januarie 2019 Beheerraadsvergadering

Woensdag, 30 Januarie 2019 Krieketwedstryde: O/11 vs Kronendal, TUIS (Jan van Riebeeck Sportveld, 0A Quarry Hill Rd, Tamboerskloof)

Donderdag, 31 Januarie 2019 Krieketwedstryde: O/13 vs. Kronendal, TUIS (Jan van Riebeeck Sportveld, 0A Quarry Hill Rd, Tamboerskloof)

Donderdag, 31 Januarie 2019 Toets: Gr.6 Wiskunde

Donderdag, 31 Januarie 2019 Inskrywings WOW-redenaars Gr.6 & 7 sluit

Vrydag, 1 Februarie 2019 Toets: Gr.4 – 7 Wiskunde

Vrydag, 1 Februarie 2019 Skaak:Distrik Sentraal proewe (Surrey Primary School, 21 Pluto Rd, Surrey Estate)

Saterdag, 2 Februarie 2019 Skaak:Distrik Sentraal proewe (Surrey Primary School, 21 Pluto Rd, Surrey Estate)

Saterdag, 2 Februarie 2019 Tweekamp: Interprovinsiaal (Oudtshoorn, South Africa)

Saterdag, 2 Februarie 2019 Seniorkooroefening 09:00 – 13:00

Sondag, 3 Februarie 2019 Marili Thompson (Finansies) verjaar

Woensdag, 6 Februarie 2019 Krieketwedstryde: O/11 vs. Sea Point, TUIS (Jan van Riebeeck Sportveld, 0A Quarry Hill Rd, Tamboerskloof)

Donderdag, 7 Februarie 2019 Krieketwedstryde: O/13 vs. Sea Point, TUIS (Jan van Riebeeck Sportveld, 0A Quarry Hill Rd, Tamboerskloof)

Donderdag, 7 Februarie 2019 Toets: Gr.5 NWT

Vrydag, 8 Februarie 2019 Klasbraai

>> SIEN DIE VOLLEDIGE DAGBOEK <<

UIT DIE HOOF SE KANTOOR



Kaalvoet eerste en laaste kwartaal

Ons herinner alle ouers (en leerders!) dat ons skool se beleid gedurende die eerste en laaste kwartaal is dat leerders op warm dae toegelaat word om hulle kouse en skoene in die klas uit te trek en net voordat hulle in die middag huis toe gaan, weer aantrek. Dit beteken dus dat alle leerders met die korrekte skoolkouse en skoolskoene skool toe kom en weer daarmee huis toe gaan.

Bekendstellingsaand

Baie dankie aan almal wat Woensdagaand se bekendstellingsfunksie bygewoon het. Dit was beslis ‘n reuse sukses en die opkoms was uitstekend! Dit was definitief ‘n wenresep waarvan ons beslis nie gou sal afwyk nie. ‘n Baie groot dankie aan ALMAL wat ‘n aandeel aan die organisering, hulp, skenkings, vooraf regkry van alles, sowel as met die verkope en opruiming gehelp het. Julle is voorwaar ‘n formidabele groep!! Kyk gerus na hierdie komiese VIDEO oor verskillende tipes ouers by inligtingsaande!!

OOV skoolverpligtinge vorm

Ouers het tydens die bekendstellingsaand ‘n skoolverpligtinge vorm gekry om in te vul, waarop almal kon aandui waar hulle bereid sal wees om betrokke te raak. Indien u nie so ‘n vorm gekry het nie of dit nog nie ingevul het nie, kliek HIER om dit aanlyn in te vul.

Ons het ‘n tydelike reëling as gevolg van die waterbeperkings wat steeds van krag is, dat leerders met hul LO-klere skool toe kom op die dag waarop hulle LO en /of skoolsport direk na skool het. Korrekte sportdrag moet gedra word anders sal hierdie voorreg ontneem word. Geen ander oefenhemde sal toegelaat word nie. Sien bladsy 42 van die handleiding, wat leerders aan die begin van die jaar ontvang het, vir meer besonderhede omtrent die korrekte Sport / LO-drag.

---

NUUTSTE INLIGTING

My kind sukkel met Wiskunde! Help my! Ek haat Wiskunde! My kind het ‘n passie vir Wiskunde en ek voel hy/sy moet gestimuleer word! Hierdie is maar ‘n paar opmerkings wat ek al gehoor het. Nou hoe nou?

Gelukkig het elke probleem ‘n oplossing, anders was dit mos nie ‘n probleem nie? Daar is ‘n aanlyn program wat Wiskunde vir leerders lekker maak, waar basiese hoofreken op ‘n baie kreatiewe manier gedoen word. Die program het ontstaan in Australië, maar is nou aangepas vir die Suid-Afrikaanse kurrikulum vanaf Gr. R tot Gr. 12. Die leerders doen dit by die huis of hulle kan dit in die middae by ons rekenaarlokaal doen. Die rekenaarlokaal is oop elke middag tot 15:00, behalwe op ‘n Donderdag (Robotics word dan daar aangebied) en ‘n Vrydag.

Daar is heelwat bekende skole wat reeds van hierdie program gebruik maak as deel van hulle program om hulle wiskunde uitslae te verbeter. Gaan kyk op die webtuiste.

Die volgende vraag sal wees, hoeveel kos dit?

Mathletics raak goedkoper as daar meer leerders registreer. Die normale tarief is R695 per jaar. Hier is die afslagpryse afhangende hoeveel leerders belangstel:

11-39 leerders: R375

40-79 leerders: R300

80-199 leerders: R250

200-599 leerders: R200

Indien jy sou belangstel om die jaar deel te wees van die Mathletics-program, stuur ‘n e-pos aan leon@jvrprim.co.za. Sodra ons die getalle het, kan ek aandui hoeveel dit per leerder gaan kos.

Wiskunde groete,

Mnr. Hanekom

Die eerste rondte (Distrikproewe) vind op 1 & 2 Februarie by Laerskool Surrey, Athlone, plaas. Indien spelers vir die provinsiale en moontlik Nasionale span gekies wil word, moet hulle aan hierdie rondte deelneem. Alle leerders wat belangstel om aan die eerste rondte van die skaakproewe deel te neem, moet asb. die vorm voltooi. Indien u kind wil deelneem, moet hulle aan die volgende vereistes voldoen soos deur WP-skaak aan ons gestuur:

Players must be able to play a full chess game, must have mastered:

– movements and capturing rules of all pieces

– special rules: check, checkmate, stalemate, promotion, castling, touch-is-a-move, illegal moves

– must use a clock if the opponent has one/placed by an official

Die ouderdomsgroepe is soos volg: 2012+ = O/7 (O/7 speel saam met O/9); 2011/2010 = O/9; 2009/2008 = O/11; 2006/2007 = O/13; 2005/2004 = O/15. Elke skool mag ‘n maksimum van 25 spelers inskryf. Inskrywings deur die skool sluit 28 Januarie om 23:00. Geen inskrywings sal daarna aanvaar word nie.

Ons gaan hierdie jaar verskeie nuwe dinge aanpak. Een van hierdie dinge is om leerders tydens L.O. periodes toe te laat om privaat tennislesse te neem. Ons het ‘n ooreenkoms met Yurich (Daniels tennis academy) om gedurende L.O. periodes vir leerders privaatlesse aan te bied. Yurich het ‘n afskrif van die skool / mnr. Pieterse se L.O. periodes vir die week en pas dan leerders volgens hul klas in vir hierdie lesse. Leerders word steeds een keer ‘n kwartaal deur mnr. Pieterse geassesseer en vir daardie les mag hulle dan nie tennisafrigting ontvang nie. Leerders het verlede week, 14 – 18 Januarie, hul assessering vir kwartaal 1 afgehandel.

Op Saterdag, 26 Januarie, sal 60 van ons atlete vir Laerskool Jan van Riebeeck by die jaarlikse Interskole Atletiekbyeenkoms verteenwoordig. Agt verskillende skole (Reddam House ASB, Kronendal, Kampsbaai, Tamboerskloof, St Cyprian’s, Deutsche Schule,Seepunt en JvR) neem aan hierdie byeenkoms deel en Jan van Riebeeck kan met trots sê dat ons ten minste 1 atleet by elke item het wat deelneem. Dit getuig van die wonderlike atletiekafrigters wat ons by die skool het. Baie dankie aan elkeen! Almal is welkom om die dag te kom bywoon. Dit sal by Groenpunt Atletiekstadion plaasvind en begin om 8:30. Ingang vir toeskouers is R10.

Dit het onder ons aandag gekom dat ‘n aaklige ramp vir Wuppertal getref het. Ongeveer 53 huise, die gemeenskapsaal, skoolkoshuis en alles daarin is in Desember 2018 deur ‘n verwoestende brand vernietig. Jannies – Kom ons help!

Die Rupert-familie het onderneem om Wuppertal weer op te bou. Die Jannie-familie, in samewerking met die oud-Jan van Riebeeck leerders, wil seker maak dat elke huis voldoen aan elke familie se basiese behoeftes.

Januarie is die perfekte maand om jou kaste uit te sorteer. Gooi die klere, beddegoed en eetgerei wat jy maande laas gebruik het uit en skenk dit vir ‘n baie goeie doel!

Enige van die onderstaande items is welkom:

– Toiletware

– Nie-bederfbare produkte

– Skoonmaakmiddels

– Kombuisware

– Linne/Komberse/Gordyne

– Klere (mans, dames, dogters, seuns en selfs babaklere)

Plaas asseblief elke groepie items in ‘n duidelik gemerkte sak. Bring dit asseblief na Laerskool Jan van Riebeeck, juf. Schultz se klas, voor of op 1 Februarie 2019. Ons wil graag vragmotors vol goedere en liefde na Wuppertal stuur.

Net ‘n herinnering dat die Seniorkoor op Saterdag, 2 Februarie, ‘n kooroefening van 9:00 – 12:30 het. Bring jul eie kospakkies en drinkgoed saam vir die oggend. Niemand mag die skoolgronde verlaat om iets te gaan koop nie.

Gaan kyk gerus op ons webtuiste wie die OOV lede vir 2019 is. Hulle e-posadresse is ook daarop beskikbaar.

ALGEMEEN

Baie geluk aan Zuletha Ferreira in Graad 3, wat Jannie van die week is. Baie dankie dat julle so getrou herwin. Geniet die R100 Col’Cacchios geskenkbewys!

Ons hoop party van julle is steeds besig om ecobricks te maak? Prop alle onherwinbare plastiek in ‘n leë 2 liter koeldrankbottel totdat die bottel stampvol is. Neem jou vol gepropte bottel na die area voor die Waterfront se PnP waar die ecobricks gepak staan. So verhoed ons dat plastiek in die natuur (veral die oseane) beland.

Vir meer inligting:

YUPPIECHEF ECOBRICKS

TWO OCEANS AQUARIUM ECOBRICKS

Ons skool beskik oor ‘n moderne snoepie wat gesonde eetgoed verkoop.

Die snoepie is elke dag van die week oop gedurende eerste en tweede pouse.

Om Graad 1 leerders kans te gee om eers aan hul nuwe omgewing gewoond te raak, kry hulle Vrydae gedurende eerste pouse ‘n afsonderlike geleentheid om eetgoed by die snoepie te koop.

OM ‘N BESTELLING AANLYN TE DOEN:

1. Kliek op die SKAKEL om ‘n Google vorm in te vul om u bestelling te plaas.

2. Die vorm moet vir elke leerder apart ingevul word.

3. Vul elke week ‘n vorm in voor of op Vrydag, 09:00 vir die volgende week se bestelling.

4. Kontant kan in ‘n duidelik gemerkte koevert op Maandae by die registeronderwyser ingehandig word. Kontant kan ook direk by die snoepie inbetaal word.

---

KULTUUR

Kom kuier saam op 13 Februarie 2019 vir ‘n aand saam met Stef Bos. Die unieke, geliefde en energieke sanger tree op by Laerskool Jan van Riebeeck in Kaapstad. Die konsert is ten bate van beurse vir diversiteitsontwikkeling by dié skool.

Dié Hollander wat ook sy hart vir Kaapstad gegee het, is bekend vir sy sang-vertolking, maar ook vir sy betekenisvolle lirieke. Sy konserte is gewoonlik ‘n versameling lekker en roerende liedjies in Afrikaans en Hollands – met ‘n storie op die regte tyd. Die konsert begin om 19:00. Besprekings kan gemaak word op Quicket.

SPORT

Na baie oefening en byeenkomste het ons atlete Saterdag, 19 Januarie, aan die 6de ligabyeekoms van die seisoen deelgeneem. Dit was die laaste byeenkoms waar atlete kon kwalifiseer om gekies te word vir die Interprovinsiale byeenkoms te Oudtshoorn. So ook in die skolekompetisie. Die top 3 skole in die WP kwalifiseer ook om in Oudtshoorn deel te neem. Dit was ‘n goeie dag vir Jan van Riebeeck. Ons het 18 atlete wat gekwalifiseer het om WP te verteenwoordig. Laerskool Jan van Riebeeck saam met Laerskool Kenridge en Laerskool Durbanville het gekwalifiseer as die top 3 skole. Die Interprovinsiale byeenkoms vind Saterdag 1 Februarie plaas.

Baie geluk aan die volgende atlete wat ons gaan verteenwoordig:

Ané Swanepoel, Isabella Marais, Delmar Benecke, Adriaan Wessels, Ruald Naudé, Sophia Liebenberg, Cara Swanepoel, Alexander Benecke, Albert Griesel, Lourens van der Walt, Mia Nortjé, Isabella van der Walt, Kian Eksteen, Christiaan Viljoen, Mari Swanepoel, Stephan Griesel, John Willcox en Stef Mostert.

Ons gaan ‘n mooi oog oor die atlete hou en weet verseker hulle sal almal net hul bes gee. ‘n Spesiale woord van dank aan mnr. Hanekom wat die leerders na elke byeenkoms vergesel en afrig.

---

Kliek HIER vir advertensies van die week

“Never get so busy making a living that you forget to make a life.”

-(Anoniem)

Vriendelike groete

J.H. Oosthuizen

SKOOLHOOF

Laerskool Jan van Riebeeck
Kloofstraat 52, Tuine, Kaapstad, 8001
021 423 4209